• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

’n Bedryfsmaatskaplikewerk-ondersoek na die aard en benutting van ondersteuningsdienste soos gelewer deur personeelondersteuning- en loopbaansentrum aan Akademiese Inligtingsdiens van die Universiteit van Pretoria (Afrikaans)

Buys, Rina 28 July 2009 (has links)
AFRIKAANS : Die navorsing is uitgevoer ten einde die aard en benutting van Personeelondersteuning- en Loopbaansentrum (POLS) se dienste aan die AID-personeel van die hoofkampus van UP, te verken en waar primêr gebruik gemaak was van ‘n kwantitatiewe navorsingsbenadering. Met die aanvang van die navorsingsprosedure was ‘n uitgebreide literatuurstudie oor verwante konsepte van WHPs en die universiteit as werkplek onderneem, gevolg deur empiriese navorsing deur die benutting van twee self-geadministreerde posvraelyste. Die eerste vraelys was aan geselekteerde AID-toesighouers en die tweede vraelys aan AID-werknemers ook geselekteer volgens die proporsioneel-gestratifiseerde steekproeftrekking, versprei. Daar was derhalwe deur middel van evaluerende navorsing ondersoek ingestel na werknemers en toesighouers se behoeftes en verwagtinge van die bestaande dienste, die mate van tevredenheid wat ervaar was en of hul deur die huidige dienste bereik word. Die behoefte aan ‘n volwaardige en gestruktureerde WHP vir UP was ook bepaal. Die studie het ‘n uitgebreide teoretiese deurskouing van die literatuur oor WHPs in die algemeen voorsien en aspekte soos die universiteit as werkplek, met spesifieke klem op die AID as werkplek, ondersoek en beskryf. Indien die literatuurstudie oor WHP in ag geneem word, blyk dit duidelik dat die dienste soos deur POLS gelewer, nie aan die standaarde en riglyne soos deur EAPA-SA gestel, voldoen nie. POLS voldoen op hierdie stadium ook nie aan ‘n tipiese WHP of Bedryfsmaatskaplike werk program nie, vanweë die lewering van beperkte dienste. Die literatuur het ook lig gewerp op die feit dat die WHP ten doel het om die organisasie se visie en missie te ondersteun. Die werksopset, organisasie dinamika en personeel diversiteit binne die Universiteit van Pretoria het dan ook aangedui dat die universiteit ‘n unieke werkgewer is en ook gebonde is tot die onderskrywing van verskeie wetgewing soos van toepassing op alle ander werkgewers. Die AID se missie, organisasiestruktuur, strategiese bestuur, fasiliteite en menslike hulpbronne dui daarop dat die AID nie van enige ander organisasie met betrekking tot werknemer en werkgewer verwagtinge verskil nie. Die literatuurstudie het aangedui dat die kern van WHPs gesetel is in ‘n doelgerigte en gestruktureerde program met die uitsluitlike doel om die werknemer se algehele maatskaplike funksionering te bevorder. Die empiriese navorsing het getoon dat POLS, as die Universiteit van Pretoria se hulpverleningsdiens, nie ten volle in die doel kon slaag nie. Die situasie kan grootliks toegeskryf word aan onkunde met betrekking tot POLS en gepaardgaande dienslewering asook die leemte aan doeltreffende bemarking deur POLS. Daar word derhalwe aanbeveel dat die Universiteit van Pretoria sterk oorweging skenk aan die ontwikkeling en implementering van ‘n volwaardige gestruktureerde werknemerhulpprogram, geskoei op die voorskrifte en beleid van EAPA-SA. ENGLISH : The research was performed to explore the nature and utilization of the Employee Assistance- and Career Centre's (EACC) services to the Academic Information Service (AIS) personnel on the main Campus of the University of Pretoria, and where a quantitative research approach was primarily used. With the commencement of the research procedure an extensive literature study about related concepts of EAP's and the University as a work place was undertaken, followed by empirical research through the usage of two self administered post questionnaires. The first questionnaire was sent to selected AIS-supervisors and the second questionnaire to the AIS-employees, also selected according to proportional stratified sampling procedure. An investigation was therefore done, through research evaluation, whether the employees and supervisors' needs and expectations of existing services, the extent of satisfaction experienced have been met and whether they are reached by the present services. The need for a full-fledged and structured EAP for UP was also determined. The study provided an extensive theoretical study of the literature on EAPs in general and surveyed and described aspects such as the university as work place, with specific emphasis on AIS as work place. Should the literature study on EAP be taken into account, it is evident that services provided by EACC, do not comply with standards and guidelines set by EAPA-SA. The EACC does not comply, at this stage, to a typical EAP or Occupational Social Work programme, because of the delivery of limited services. The literature also revealed the fact that EAPs purpose is to support the vision and mission of the organization. The work set-up, organization dynamics and personnel diversity with-in the University of Pretoria also indicated that the University is a unique employer who is also tied to the underwriting of several legislation applicable to all employers. The AIS's mission, organizational structure, strategical management, facilities and human resources, indicated that AIS do not differ from any other organization with regards to employee and employer expectations. The literature study indicated that the core of EAPs is settled in a purposeful and structured programme with the exclusive purpose to promote the employee's entire social well-being. The empirical study showed that the EACC, as employee assistance service of the University of Pretoria, could not reach the expected goals. This can be assigned to the lack of knowledge regarding EACC and their services, as well as the inefficient marketing by EACC. It is therefore recommended that the University of Pretoria should strongly consider a full-fledged Employee Assistance Programme based on the prescription and policies upheld by EAPA-SA. / Dissertation (MSD)--University of Pretoria, 2009. / Social Work and Criminology / unrestricted

Page generated in 0.0406 seconds