• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

‘n Doelwitbestuursmodel vir werkverrigtingbevordering op plaaslike owerheidsvlak

Hohls, Orlando Eibert January 2000 (has links)
Masters in Public Administration - MPA / Plaaslike owerheidsaangeleenthede in Suid-Afrika het in die algemeen deurlopend heelwat aandag vanaf owerheidsweë geniet (cf. die talle verslae en bevindings van komitees van ondersoek na aangeleenthede rakende plaaslike bestuur sedert Uniewording in 1910). Hierdie proses is sedertdien voortgesit, maar vanaf 1994 het dit verdere momentum verkry met die nuwe grondwetlike bedeling wat tot stand gebring is. 'n Verskeidenheid van wetgewing het gevolg wat spesifiek op plaaslike owerhede van toepassing is. Die belangrikste hiervan is die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993; Oorgangswet op Plaaslike Regering Tweede Wysigingswet, 1996; Wet op Ontwikkelingsfinansiering, 1995; Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998; Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000; asook' die belangrike Witskrif op Plaaslike Regering van 1998. Hierdie verwikkelinge vestiq weer eens die aandag op die belangrikheid van instellings op die derde owerheidsvlak. Soos aanvanklik die geval was, is die oogmerk tans ook om onder andere werkverrigting en dienslewering te bevorder en effektiewe en doeltreffende aanwending van skaars hulpbronne te verseker. Hierdie aangeleentheid het veral momentum verkry met die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP), wat in 'n groot mate op plaaslike oweheidsvlak afgestem is. Met die nuwe beleid van die sentrale regering om die huidige aantal plaaslike owerhede deur samesmelting ingrypend te verminder, maar hulle terselfdertyd te verplig om steeds voort te gaan met bestaande basiese dienslewering en om bykomend ook infrastruktuur vir voorheen benadeelde gemeenskappe te skep en in stand te hou sonder noemenswaardige verhoogde finansiële bystand vanaf sentrale owerheidsvlak, is plaaslike owerhede al hoe meer aangewese op eie hulpbronne. Plaaslike owerhede .gaan reeds gebuk onder ingrypende finansiële en personeeltekorte wat op sigself meebring dat diens van hoë gehalte nie te alle tye gelewer kan word nie (verwys in dié geval. na Sake Rapport, 16 Junie 2002: 18). Gepaard hiermee word plaaslike owerhede onder druk geplaas om aan die verwagtinge, behoeftes en aspirasies van die plaaslike samelewing te voldoen. Dit bring volgens Fourie (1998: 221) mee dat "ten einde 'n diens van uitnemendheid te lewer, is dit van belang dat die publiek se behoeftes begryp word, nastrewenswaardige doelwitte gestel word en dat die doelwitte aan die publiek gekommunikeer word". Daar is egter terselfdertyd ook 'n 2 verpligting op plaaslike owerhede om onrealistiese verwagtinge van die publiek te temper in die lig van wat werklik bekostigbaar is. Gevolglik word plaaslike owerhede verplig om weer eens hulomstandighede in oenskou te neem ten einde daadwerklik effektiewe en doeltreffende aanwending van skaars hulpbronne te verseker.' Resultate salook op 'n gereelde grondslag gemoniteer moet word ten einde vas te stelof doelwitte bereik is al dan nie (Fourie, 1998: 221). Hiervoor sal kundigheid op plaaslike owerheidsvlak ontwikkel moet word ten einde die bevordering van die algemene welsyn van plaaslike gemeenskappe te verseker. Persone met die nodige kwalifikasies en vaardighede sal dus in sleutelposte aangestel moet word.
2

Compliance with the constitutional norms and principles for democratic public administration at rural secondary schools in the Chris Hani West District, Eastern Cape Province

Ralane, Maureen Khanyiswa 02 September 2020 (has links)
Abstract is in English, Xhosa and Afrikaans / By means of a qualitative multiple case study, I investigated the compliance of the administrations of three rural secondary schools in the Chris Hani West District, Eastern Cape Province with the constitutional democratic principles of cooperation, accountability and transparency. I consulted legal sources to identify provisions dealing with the implementation of these principles and to create a framework for data analysis and interpretation. Fieldwork commenced with a document analysis of relevant school documents, followed by focus groups with members of representative councils of learners, school management teams and school governing bodies. I concluded with semi-structured interviews with principals. I discovered a general lack of compliance with the identified principles, possibly attributable to the exclusion of learners from decision-making processes, unhealthy relationships among educators, autocratic leadership style, lack of communication, and lack of knowledge of the legal prescripts on the part of learners and the parent component of the school governing body. / Ngokwenza uphando olusebenzisa imizekelo yeemeko ezininzi, ndiphande indlela eziyithobela ngayo imigaqo yolawulo izikolo ezithathu kwisithili sakuKomani eMpuma Koloni ngokumalunga neenqobo zedemokhrasi zentsebenziswano, ukwamkela uxanduva nokusebenza ngokungafihlisiyo. Ndithethe namaziko omthetho ngenjongo yokuchonga izibonelelo eziphathelene nokusetyenziswa kwezi nqobo, ndifuna nokuqulunqa uphahla lokwakha isakhelo sokuhlalutya nokutolika iinkcukacha zolwazi eziqokelelweyo. Umsebenzi wasentsimini (ukutyelela amaziko achaphazelekayo) uqale ngokuphengulula imibhalo yesikolo ebalulekileyo, kwalandela amaqela angundoqo namalungu eekomiti ezimele abafundi, abalawuli besikolo nabameli babazali abakwiikomiti ezilawula isikolo. Kugqityelwe ngodliwano ndlebe oluphantse lwaqingqwa neenqununu zezo zikolo. Ndifumanise ukungathotyelwa jikelele kweenqobo ezichongiweyo, mhlawumbi ngenxa yokungabandakanywa kwabafundi kwiinkqubo zokuthatha izigqibo, ukungavisisani kwabafundisi ntsapho, ukuphatha ngegqudu, ukungabonisani, nokungabi nalwazi lomthetho kwabafundi nabazali abangabameli bekomiti elawula isikolo. / Die navorser het ’n kwalitatiewe veelvoudige gevallestudie gebruik om die administrasies van drie landelike sekondêre skole in die Chris Hani West-distrik, Oos-Kaap, se nakoming van die grondwetlik demokratiese beginsels van samewerking, aanspreeklikheid en deursigtigheid te ondersoek. Die navorser het regsbronne geraadpleeg om bepalings rakende die implementering van hierdie beginsels te identifiseer en ’n raamwerk vir die ontleding en vertolking van data tot stand te bring. Die veldwerk het met ’n analise van tersaaklike skooldokumente begin, wat deur fokusgroepsessies met lede van verteenwoordigende leerlingrade, skoolbestuurspanne en skoolbeheerliggame opgevolg is. Die veldwerk is met semigestruktureerde onderhoude met skoolhoofde afgesluit. Die navorser het ’n algemene gebrek aan nakoming van die geïdentifiseerde beginsels gevind, wat moontlik aan die uitsluiting van leerders van besluitnemingsprosesse, ongesonde verhoudings onder opvoeders, ’n outokratiese leierskapstyl, ’n gebrek aan kommunikasie en ’n gebrek aan kennis van die tersaaklike regsvoorskrifte onder leerders en die ouerkomponent van die skoolbeheerliggame toegeskryf kan word. / Educational Management and Leadership / M. Ed. (Education Management)

Page generated in 0.0673 seconds