Spelling suggestions: "subject:"exygen therapy -- equipment anda supplied"" "subject:"exygen therapy -- equipment ando supplied""
1 |
Central oxygen pipeline failureMostert, Lelane 04 1900 (has links)
Thesis (MMed)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Case Report - A case is described of central oxygen pipeline failure that occurred at a large academic
hospital and its subsequent implications for managing the situation. Literature review - The literature review undertaken focused on the current state of affairs with regards to
anaesthetic staff's knowledge of and preparedness for the management implications of
central oxygen pipeline failure. The events I describe below demonstrate a significant
deficiency in the staff’s understanding of and training for the crisis, which should be
remedied to improve patient safety. Specific measures are suggested in the literature to
prevent such incidents and guidelines are available to manage central oxygen pipeline
failure. These are reviewed in this study. Recommendations -
This study attempts to bring together the most critical aspects that need to be addressed to
safely manage similar future incidents. Prevention should include measures to implement
clearly stated disaster management plans and increased awareness with regards to the
medical gas pipeline system (MGPS), simulation training, efficient alarm systems, personally
conducted routine evaluations of equipment and emergency backup systems by
anaesthesiologists and effective communication between hospital staff. Careful planning and successful coordination during maintenance and modification of the
medical gas pipeline system, using piston-type or air-driven, rather than oxygen-driven,
ventilators and optimal design of the hospital bulk oxygen system can contribute to reduce
risks. In the event of central oxygen pipeline failure a specific sequence of actions should be taken
by the anaesthesiologist and a clear institutional operational policy is described. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Gevalsbeskrywing - 'n Geval van sentrale suurstoftoevoerversaking, wat plaasgevind het by 'n groot
opleidingshospitaal, word bespreek. Daar word ook gekyk na die praktiese gevolge met
betrekking tot die hantering van die situasie.
Literatuurstudie -
'n Literatuurstudie is aangepak met die doel om te fokus op die huidige toedrag van sake
betreffende narkosepersoneel se kennis en paraatheid in die hantering van sentrale
suurstoftoevoerversaking. 'n Wesenlike gebrek aan begrip en opleiding aangaande hierdie
onderwerp is geïdentifiseer – areas wat, met die nodige aandag, verbeter kan word ten
einde die welstand van pasiënte te verseker. Spesifieke voorkomende maatreëls en
hanteringsriglyne word voorgestel deur die literatuur en word gevolglik hersien in hierdie
studie. Aanbevelings -
Hierdie studie poog om kernaspekte aan te raak ten einde soortgelyke toekomstige
voorvalle veilig en optimaal te kan hanteer. Voorkomende maatreëls behels onder meer die
daarstelling van duidelik verstaanbare noodplanne, verbeterde bewustheid aangaande die
mediese gaspypsisteem, simulasie-opleiding, doeltreffende alarmstelsels, effektiewe
kommunikasie tussen hospitaalpersoneel, sowel as narkotiseurs wat self roetine-evaluasies
van hul narkosetoebehore en -noodtoerusting uitvoer.
Noukeurige beplanning en neweskikking tydens herstelwerk of werk aan die mediese
gaspypsisteem, die gebruik van suierventilators (of dan lugaangedrewe in plaas van
suurstofaangedrewe ventilators) en die optimale uitleg van 'n hospitaal se suurstoftoevoer,
kan bydra om die risiko's te beperk. In die geval van sentrale suurstoftoevoerversaking behoort die narkotiseur stapsgewyse aksie te neem. 'n Duidelike institusionele noodbeleid
word ook omskryf.
|
Page generated in 0.122 seconds