• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Bemiddelde leerervaring as 'n noodsaaklike komponent van die opleiding van primêre skool onderwysers in Suid-Afrika

Fortuin, Averal John January 1993 (has links)
Magister Educationis - MEd / In Suid-Afrikaanse skole word op 'n gereelde grondslag gevind dat nie alle leerlinge baat vind by gewone groeponderrig soos dit in die gewone klaskamer vergestalting vind nie. Enersyds is daar die groep wat op Buitengewone Onderwys aangewese is, en andersyds is daar die groep wat nie vir buitengewone onderwys kwalifiseer nie, maar nog steeds nie die mas in die gewone klas kan opkom nie. Laasgenoemde maak dikwels deel uit van 'n sosio-ekonomies of polities benadeelde groep en die grootste persentasie druipelinge en vroeë skoolverlaters, in vergelyking met die res van die skoolbevolking , kom uit die groep. Die swak akademiese prestasies van hierdie leerlinge word in die meeste literatuur gekoppel aan kognitiewe benadeeldheid. Opvoedkundige Sielkunde. Kognitiewe benadeeldheid word vir die doel van hierdie mini-tesis gelykgestel aan kulturele benadeeldheid, maar dit word gekoppel aan die definisie van Feuerstein wat dit beskou as 'n gebrek aan bemiddelde leerervaring (BLE). Te midde van 'n strewe na sosio-ekonomiese, politieke en opvoedkundige rekonstruksie in Suid-Afrika, is dit belangrik dat probleme met skolastiese prestasie op die intermediêre vlak aangespreek word. Alhoewel skole weinig kan doen om 'n radikale verandering in die omgewingstoestande van leerlinge teweeg te bring, kan dit egter 'n groot bydrae lewer in die ontwikkeling van die kognitiewe vermoëns van kinders. Om hierdie belangrike funksie te vervul, is ditnoodsaaklik dat onderwysers in hul voorbereiding vir hul taak deeglik toegerus moet word met gepaste teoretiese begronding, asook daaruitvloeiende maatreëls om kognitiewe benadeeldheid by hul leerlinge effektief te verklaar en te bekamp. Die fokus in hierdie mini-tesis is op die benadering ten opsigte van kognitiewe benadeeldheid by primêre skool leerlinge in die opleidingsprogramme - spesifiek die Opvoedkundesillabusse - van onderwyskolleges van die Departement van Onderwys en Kultuur, Raad van Verteenwoordigers (DOK:RV); en die Departement van Onderwys en Opleiding (DOO), asook ontwikkelinge op die gebied van kognitiewe onderwys in Suid-Afrika. Op grond van die leemtes in die betrokke opleidingsprogramme is die doel van hierdie mini-tesis om BLE as noodsaaklike komponent in die opleidingsprogram van primêre skoolonderwysers in Suid- Afrika aan te beveel.

Page generated in 0.1076 seconds