• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Kamee - Die Vergestalting van skuld en vergifnis in 30 nagte in Amsterdam (Etienne Van Heerden)

Hattingh, Roela January 2013 (has links)
Skuld en vergifnis is komplekse konstrukte wat deur die eeue in verskillende religieuse, sosiologiese, psigologiese, wetlike en private sfere ontwikkel het en steeds ontwikkel. Hierdie konstrukte word gesien as deel van die menslike kondisie. Hierdie mini-verhandeling lewer ’n ondersoekende literêre oorsig na die ontwikkeling van die konstrukte skuld en vergifnis, met spesifieke verwysing na: • bestaande perspektiewe en post-strukturele teorieë aangaande skuld en vergifnis; • aspekte van skuld en vergifnis wat neerslag vind in die politieke, sielkundige, sosiale, filosofiese en religieuse domeine; • die metodiek en ritueel rondom die gee en ontvang van vergifnis. Die navorsing stel voor dat skuld en vergifnis as ideologiese raamwerke kan dien om die wêreld, samelewing en letterkunde te analiseer. In die ontleding van die roman 30 nagte in Amsterdam, deur Etienne van Heerden (2008), word aangetoon hoe aspekte van skuld en vergifnis verbeeld word deur die gebruik van die volgende narratiewe struktuurelemente: karakters en karakterisering, plot of intrige, verteller en perspektief, tyd en ruimte. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Afrikaans / unrestricted

Page generated in 0.0946 seconds