• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Swart feminisme in Afrikaanse en Nederlandse poësie met betrekking tot die werke van Ronelda Kamfer en Simone Atangana Bekono: ’n Vergelykende studie

Kidelo, Tenita Zinsi January 2021 (has links)
Magister Artium - MA / Volgens die Suid-Afrikaanse grondwet het vroueregte na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 deel ontstaan. Dié vryhede wat die vrou ontvang het, was egter nie onproblematies nie – Suid-Afrikaanse vroue word steeds uitgelewer aan ’n patriargale samelewing. Die posisie van die swart vrou is veral problematies – swart vroue word nie net gemarginaliseer gebaseer op geslag nie, maar ook steeds as gevolg van ras. Die posisie van swart vroueskrywers in die Afrikaanse letterkunde asook die Nederlandse letterkunde is dan ook ’n aspek wat nog nie genoegsaam ondersoek word nie. Vir die doeleindes van hierdie studie word die werk van twee swart digters, een van Suid- Afrikaanse herkoms (Ronelda S. Kamfer) en een van Nederland (Simone Atangana Bekono), ondersoek. In 2008 word Ronelda S. Kamfer een van die eerste swart vroueskrywers wat ’n volledige Afrikaanse digbundel by ’n hoofstroomuitgewery publiseer. Ten spyte van breë mediadekking van haar werk – wat met verskeie literêre pryse bekroon is – is daar nog betreklik min akademiese studies oor Kamfer gedoen. Simone Atangana Bekono is redelik nuut in die poësiewêreld en geen akademiese studies is nog oor haar werk onderneem nie. Dié studie is dus daarop gemik om die akademiese gapinge te vul deur ’n komparatiewe studie te doen met die aandag gefokus op die digters Ronelda Kamfer en Simone Atangana Bekono. Die swart feminisme word vernaamlik as teoretiese invalshoek gebruik gegewe die twee digters se agtergronde asook die tematiek van hul werk. Kamfer se oeuvre (Noudat slapende honde, grond/Santekraam, Hammie en Chinatown) en Bekono se debuutbundel, Hoe de eerste vonken zichtbaar waren, sal as hoofbronne in hierdie tesis dien. Tesame met die voorafgenoemde sal daar ook verskeie sekondêre bronne en artikels wat swart feminisme, postkolonialisme, die stem van die gemarginaliseerde en ook komparatisme in die letterkunde ondersoek, gebruik word. / South Africa

Page generated in 0.0472 seconds