• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die toepassing van bemarkingsbestuurbeginsels deur rugbyunies in Suid-Afrika

Van Staden, Denniss 13 August 2012 (has links)
M.Comm. / Suid-Afrika was vir baie jare geisoleer van internasionale sportdeelname. Gevolglik het sport en sportorganisasies in Suid-Afrika agter geraak vergeleke met die res van die sportwereld. Hierdie tendens is egter nie uniek betreffende deelname op die veld nie, maar ook van die veld of by die bestuur van sport. Stephen Aris skryf dat sport in die laaste dekade 'n hoogs kommersiele besigheid geword het (1990. p.ix). Sport het ook deel geword van die massavermaaklikheidsbedryf. Die fokus van sportorganisasies ten opsigte van hul produkkonsep het begin verander sedert die besef dat hulle in die vermaaklikheidsbedryf is (Ebissch, 1984. p.32). Ook Sleight (1989. p.14) bevestig dat sport in 'n groot kommersiele bedryf ontwikkel het. Naas Botha (Rapport, 1995. p.25), oudrugbyspeler en gewese bemarkingsbestuurder van die eertydse Noord-Transvaalse Rugby Unie se ook: "Rugby is nie meer 'n spel nie, dis 'n besigheid". Rugby is nou 'n professionele sport en meer druk word op rugbyunies geplaas om hul eie fondse to genereer. "In die verlede is rugby as 'n amateurspel deur amateurs bestuur. Nou is dit 'n beroepspel en dit moet deur professionele bestuurders bestuur word" (Botha, 1996. p.27). Soos reeds genoem, word sport toenemend 'n besigheid en word die persepsie dat dit net 'n rekreasieaktiwiteit is, al meer op die agtergrond geplaas. In die VSA het sport as 'n besigheid so geweldig toegeneem dat dit 'n omset van 63,1 biljoen dollar in 1990 gehad het. Dit het tot gevolg dat dit toe reeds een van die vyf en twintig grootste industries in die VSA was (Comte & Stogel in Parkhouse, 1991. p.3 - 4).

Page generated in 0.0983 seconds