Spelling suggestions: "subject:"scrub typhus inn humans"" "subject:"scrub typhus iin humans""
1 |
Rattini (Rodentia, Murinae) species relationships and involvement as reservoirs for Scrub Typhus : a comparative molecular cytogenetic gene expression approachBadenhorst, Daleen 12 1900 (has links)
Thesis (PhD (Botany and Zoology))--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The Rattus sensu lato complex, which harbours the important biomedical model species
Rattus norvegicus, represents a group of rodents that are of clinical, agricultural and
epidemiological importance. This study presents a comprehensive comparative molecular
cytogenetic investigation of this complex. Karyotypes of 11 Rattus s. l. species and
Hapalomys delacouri were analysed using conventional cytogenetic techniques. These data
suggest that, contrary to previous claims, the usefulness of karyotypes for identifying these
Asian murid species is limited, as few species-specific chromosomal characters could be
identified. In order to understand the events that shaped the morphology and composition of
the extant karyotypes, nine out of the 11 Rattus s. l. species were analysed by chromosome
painting. This allowed the detection of a rare convergent sex-autosome translocation present
in H. delacouri and B. savilei, whose establishment is hypothesised to have been favoured by
the presence of interstitial heterochromatic blocks (IHBs) at the boundaries of the
translocated segments. These results indicate that Rattus s. l. is characterised by slow to
moderate rates of chromosome evolution in contrast to the extensive chromosome
restructuring identified in most other murid rodents. Based on these data the first
comprehensive putative Rattini ancestral karyotype was constructed. Their integration with
published comparative maps enabled a revision of the previously postulated ancestral murid
karyotype. BAC-mapping unequivocally demonstrated that the widely reported
polymorphisms affecting chromosome pairs 1, 12 and 13 in the Rattus karyotypes are due to
pericentric inversions. The analysis of genomic features, such as telomeres, Ag-NORs and
satellite DNA suggest a constrained pattern of chromosome evolution. The investigated rat
satellite I DNA family appears to be taxon (Rattus) specific, and of recent origin (consistent
with a feedback model of satellite evolution).
The comparative nature of the study led to the further analysis of the species within Rattus s.
l. complex and their possible involvement as reservoirs of scrub typhus using a qPCR gene
expression approach based on real-time PCR. The structure and transcription of syndecan-4,
which had previously been linked to Orientia tsutsugamushi (causative agent of scrub typhus)
infection, was compared among Rattini (typhus-positive) and Murini (typhus-negative)
rodents. Although, it was not possible to conclusively link the structural variation observed
between Rattini and Murini with carrier status, a link was identified between underexpression
of syndecan-4 in Murini and seropositive Rattini rodents, compared to those that were
seronegative. This suggests that the reduced levels of syndecan-4 transcription in Murini and
Rattini is linked to the poor carrier status of Murini, and to increased longevity of
seropositive Rattini (i.e., predominant host of Orientia), highlighting aspects that need further
investigation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Rattus sensu lato kompleks, wat die belangrike biomediese model spesie Rattus
norvegicus huisves, bevat ‘n groep knaagdiere wat van kliniese, landbou, en epidiomologiese
belang is. Hierdie studie bevat ‘n omvattende sitogenetiese molekulêre vergelyking binne
hierdie kompleks. Die kariotipes van 11 Rattus s. l. spesies en Hapalomys delacouri is
ondersoek met die gebruik van konvensionele sitogenetiese tegnieke. Die data dui daarop, in
kontras met vorige bevindinge, dat die bruikbaarheid van kariotipes om Asiese knaagdiere te
identifiseer beperk is, aangesien min spesies-spesifieke chromosoom merkers geidentifiseer
kon word. Om die gebeure wat tot die morfologie en komposisie van die huidige kariotipes
gelei het, te verstaan, is nege van die 11 Rattus s. l. spesies met behulp van chromosoom
fluoressente hibridisasie ondersoek. Dit het die ontdekking van ‘n rare konvergente
geslagschromosoom-outosoom translokasie in H. delacouri en B. savilei tot gevolg gehad.
Die vaslegging hiervan is heel moontlik bevoordeel deur die teenwoordigheid van
interkalerende heterchromatien blokke (IHBs) by die grens van die translokeerde segmente.
Hierdie resultate dui daarop dat Rattus s. l. deur ‘n stadige tempo van chromosoom
verandering gekenmerk word, wat in skrille kontras staan met die hoë aantal chromosoom
herrangskikkings wat in meeste ander murid knaagdiere geidentifiseer is. Vanuit hierdie data
kon die eerste oerouer kariotipe van die Rattini bepaal word. Die gebruik van hierdie data in
kombinasie met beskikbare vergelykende kaarte het dit moontlik gemaak om die vorige
hipotetiese oerouer murid kariotipe te hersien. BAC-kartering het dit moontlik gemaak om
sonder twyfel vas te stel dat die polimorfisme wat chromosoom pare 1, 12 en 13 in die Rattus
kariotipe affekteer, die resultaat van perisentriese omsetting is. Die analise van genomiese
eienskappe, soos telomere, Ag-NORs en satelliet DNA dui op ‘n beperkte patroon van
chromosoom evolusie. Die bestudeerde rot satelliet DNA familie blyk takson (Rattus)
spesifiek te wees met ‘n onlangse oorsprong, wat ooreenstem met die terugvoer model van
satellite-evolusie.
Die vergelykende aard van hierdie studie het gelei tot die verdere analise van die spesies in
die Rattus s. l. kompleks in terme van hul moontlike rol as draers van “scrub typhus” deur
gebruik te maak van qPCR geen uitdrukking, wat gebasseer is op “real-time” PCR. Die
struktuur en transkripsie van syndecan-4, wat in die verlede aan Orientia tsutsugamushi
(veroorsakende agent van scrub typhus) infeksie gekoppel is, is tussen Rattini (typhuspositief)
en Murini (typhus-negatief) knaagdiere vergelyk. Ten spyte daarvan dat dit nie
moontlik was om die strukturele variasie tussen Rattini en Murini met draer status te koppel
nie, is daar wel ‘n skakel tussen die verlaagde uitdrukking van syndecan-4 in Murini en seropositiewe
Rattini knaagdiere, in vergelyking met die wat sero-negatief was, gevind. Dit stel
voor dat die verlaagde vlakke van syndecan-4 transkripsie in Murini en Rattini aan die swak
draer status van Murini, asook die verhoogde langslewendheid van sero-positiewe Rattini
(i.e., oorheersende gasheer van Orientia), gekoppel is. Hierdie bevindinge beklemtoon
sekere belangrike aspekte vir verdere navorsing.
|
Page generated in 0.0667 seconds