Spelling suggestions: "subject:"aenior face"" "subject:"aenior fast""
1 |
Fundamentele bewegingsvaardighede, motoriese behendigheid en verwantskappe met fisieke aktiwiteit en akademiese prestasie van senior fase leerders : die PAHL-studie / Lizl-Louise van NiekerkVan Niekerk, Lizl-Louise January 2015 (has links)
Fundamentele bewegingsvaardighede is die onderbou of basis waarop al die vereiste
vaardighede en aktiwiteite in die kurrikulum vir Senior Fase Liggaamlike Opvoeding van die
Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV), gebou is. Dit word verder in die literatuur
beklemtoon dat die kwalitiet waarmee leerders „n fundamentele bewegingsvaardigheid uitvoer,
net so belangrik is soos die kwantitatiewe uitkoms van die uitvoering. Liggaamlike Opvoedingonderwysers
behoort dus bewus te wees van beide die kwalitatiewe en kwantitatiewe vlakke
van leerders se fundamentele bewegingsvaardighede in die lig van die vereiste ontwikkeling en
inoefening van gespesialiseerde bewegings- en sportvaardighede in die Liggaamlike
Opvoedingprogram. Fundamentele bewegingsvaardighede speel verder „n integrale rol in „n
leerder se algehele motoriese behendigheid. Die Liggaamlike Opvoeding-onderwyser moet
voorts bewus wees van geslags- en etniese verskille in fundamentele bewegingsvaardighede
en motoriese behendigheid ten einde effektief in die Liggaamlike Opvoedingprogram te
differensieer en by verskillende leerders se vermoëns aan te pas. Verder, aangesien dit die
primêre doelstelling van Liggaamlike Opvoeding in die KABV is om leerders te bemagtig om
fisiek aktief te wees, is die verwantskap tussen fundamentele bewegingsvaardighede,
motoriese behendigheid en fisieke aktiwiteitsvlakke nog „n aspek wat van belang is vir die
Liggaamlike Opvoeding-onderwyser in die samestelling van die Liggaamlike
Opvoedingprogram. Laastens toon navorsing „n verwantskap tussen motoriese behendigheid
en akademiese prestasie.
Die doel van hierdie studie was eerstens om die kwantitatiewe en kwalitatiewe stand van
fundamentele bewegingsvaardighede by Senior Fase leerders in die Potchefstroom-omgewing
te bepaal. Die tweede doelstelling was om die verskille tussen geslagte en etniese groepe ten
opsigte van motoriese behendigheid te bepaal. Die derde doelstelling was om die verband
tussen motoriese behendigheid en fisieke aktiwiteit te bepaal, en laastens om die verband
tussen motoriese behendigheid en akademiese prestasie te bepaal.
ʼn Totaal van 239 Senior Fase leerders (98 seuns en 141 dogters), tussen die ouderdomme 13
en 14 jaar het aan die studie deelgeneem. Kwantitatiewe metodologie, met „n eenmalige
dwarssnit-ontwerp, is vir die doeleindes van die studie gebruik. Die proefpersone se
fundamentele bewegingsvaardighede en motoriese behendigheid is bepaal met behulp van die
verkorte weergawe van die Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency 2 (BOT-2) (Bruininks
& Bruininks, 2005), „n kwantitatiewe toetsbattery wat bestaan uit vier komponente, naamlik
fynmotoriese kontrole, manipulasie koördinasie, liggaamskoördinasie en krag-en-ratsheid. Vir
die kwalitatiewe bewegingsanalise is van die Fundamentele Bewegingspatroonassesseringsinstrument
(FMPAI) (Gallahue & Donnelly, 2003) gebruik gemaak. Vir die meting
van fisieke aktiwiteitsvlakke is gebruik gemaak van die gestandaardiseerde International
Physical Activity Questionnaire (IPAQ) (Sjöström, 2005). Hierdie vraelys vra die deelnemer om
fisieke aktiwiteite van die laaste sewe dae, en ook van ‟n normale week oor die algemeen,
gemeet in totale METS (metabolic equivalent – intensiteit van oefening), te rapporteer. Die
leerders se akademiese prestasie is gemeet deur gebruik te maak van die gemiddelde
akademiese punt (gemiddeld van al die vakke – Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëring,
Geskiedenis, Geografie, Natuur-Wetenskap, Tegnologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
en Skeppende Kunste), op die leerder se rapport aan die einde van die jaar, asook die
gemiddelde punte vir die twee vakke Engels en Wiskunde, soos op die rapport aan die einde
van die jaar aangedui.
Beskrywende statistiek is gebruik om gemiddeldes ( x ), minimum- en maksimumwaardes, en
standaardafwykings (sa) met behulp van die Statistica vir Windows rekenaarprogram (StatSoft,
2012) te bereken. Verbande tussen die kwantitatiewe en kwalitatiewe resultate, tussen die
motoriese behendigheidtoetse en die fisieke aktiwiteitsvlakke, asook tussen motoriese
behendigheidstoetse en akademiese prestasie is ontleed met behulp van Spearman
korrelasiekoëffisiënte. Om die praktiese betekenisvolheid van die verbande te bepaal is die
korrelasiekoëffisiënt as effekgrootte (EG) gebruik. Ten einde die betekenisvolheid van geslagsen
etniese verskille te bepaal, is die data verder geanaliseer deur gebruik te maak van
onafhanklike t-toetse (p<0.05) en vir die doel van die interpretasie van praktiese
betekenisvolheid van die verskille is effekgroottes (EG) bereken.
Uit die resultate van die studie blyk dit dat daar in die kwantitatiewe evaluasie, veral by die
wisselspronge, lynloop en eenbeenstand, agterstande by 20 tot 35% van die leerders was. Met
betrekking tot die kwalitatiewe uitvoering van die vaardighede was die eenbeenstand by 22.6 tot
24.5% van die leerders nog nie in die volwasse stadium van bemeestering van fundamentele
bewegingsvaardighede nie. Die kwantitatiewe en kwalitatiewe tellings het verder by die bonsen-
vang- en die dribbel-van-die-bal toetse nie gekorreleer nie, wat daarop dui dat leerders soms
kwantitatief, maar nie noodwendig kwalitatief, aan die norme voldoen het nie.
Met betrekking tot verskille tussen geslagte en etniese groepe, toon die resultate dat die
meisies oor die algemeen beter as die seuns gevaar het, en die Wit leerders beter gevaar het
as die Swart leerders in die fynmotoriese koördinasietoetse. Met betrekking tot
liggaamskoördinasie het die Wit leerders betekenisvol beter as die Swart leerders in die
wisselsprongtoets gevaar. Betekenisvolle verskille is verder met betrekking tot die krag- en
ratsheidkomponent gevind, waar die Wit leerders beter as die Swart leerders in die
eenbeenspring-item gevaar het, terwyl onderskeidelik seuns en Wit groepe beter resultate as
die meisies en die Swart groepe in die opsit- en opstoottoetse getoon het, asook met betrekking
tot die totale motoriese behendigheidstelling (totale BOT-2 telling).
Wat die fisieke aktiwiteitsvlakke van die proefpersone betref, toon die totale groep ʼn gemiddelde
waarde van 489.68 METS per week, wat as matig-aktief geklassifiseer kon word, terwyl die
seuns as hoog-aktief en die meisies as matig-aktief beskou kan word. Daar is ook statisties
betekenisvolle korrelasies tussen die fisieke aktiwiteitsvlakke en verskeie motoriese
vaardighede gevind, sowel as die totale BOT-2 telling by die totale groep en die seuns en
meisies afsonderlik. Die motoriese sub-item waar die sterkste korrelasie met fisieke
aktiwiteitvlakke in die totale groep asook by seuns en meisies afsonderlik gevind is, was die
liggaamskoördinasie-item van die wisselspronge.
Laastens toon die resultate met betrekking tot die verband tussen motoriese behendigheid en
akademiese prestasie, betekenisvolle korrelasies tussen die verskillende groepe (seuns,
meisies en totale groep) se Engelse, Wiskunde en jaargemiddeld en verskeie sub-items van al
die komponente van die BOT-2, naamlik fyn-motoriese kontrole, manipulasie koördinasie,
liggaamskoördinasie, krag en ratsheid, asook die totale motoriese behendigheidtelling, alhoewel
hoofsaaklik met klein praktiese effekte. Die sterkste korrelasie is by al die groepe tussen die
jaargemiddeld, asook die Engels en Wiskunde in ‟n mindere mate, met krag en ratsheid, gevind.
Die totale motoriese behendigheidstelling het verder betekenisvol gekorreleer met die
jaargemiddeld by al die groepe, met praktiese betekenisvolheid van medium effek.
Die resultate van hierdie studie beklemtoon die noodsaaklikheid van die bewustheid van en
assessering van die kwantitatiewe en kwalitatiewe stand van leerders se fundamentele
bewegingsvaardighede deur die Liggaamlike Opvoeding-onderwyser. Die ontwikkeling en
instandhouding van fundamentele bewegingsvaardighede behoort dus in die kurrikulum vir
Senior Fase Liggaamlike Opvoeding ingesluit te word, ook met die oog op optimale motoriese
behendigheidsontwikkeling. Die Liggaamlike Opvoeding-onderwyser behoort verder die
Liggaamlike Opvoedingprogram aan te pas by die motoriese behendigheidsvlakke van die
verskillende geslagte en etniese groepe in die klas, met spesifieke aandag aan die
liggaamskoördinasievaardighede van Swart meisies en Swart seuns, asook krag- en
ratsheidvaardighede by meisies en Swart leerders. Die verwantskappe wat gevind is tussen
fisieke aktiwiteitsvlakke en motoriese behendigheid beklemtoon voorts die waarde van
motoriese vaardigheidsontwikkeling in die Liggaamlike Opvoedingklas ten einde die kurrikulum
vir Liggaamlike Opvoeding se doelwit om leerders te bemagtig om fisiek aktief te wees, te
bereik. Laastens toon die verwantskappe wat gevind is tussen motoriese behendigheid en
akademiese prestasie dat die ontwikkeling en instandhouding van motoriese vaardighede in die
Liggaamlike Opvoedingprogram in Senior Fase-leerders se kognitiewe ontwikkeling en
akademiese prestasie „n rol kan speel. / PhD (Movement Education), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
|
2 |

3 |
Classroom practices of some natural sciences teachers of the Vhembe District, Limpopo ProvinceNetshivhumbe, Ndivhuwo Prudence 07 1900 (has links)
Abstracts in English, Sotho and Afrikaans / The purpose of this study was to explore the classroom practices of Senior Phase
Natural Sciences teachers in some of the schools of the Vhembe District. Qualitative
case study approach was employed and three teachers participated. The following
research questions were explored: What is the level of the teacher’s subject-matter
knowledge in the teaching of Natural Sciences (NS)? What is the nature of the
teacher’s instructional strategies in the teaching of NS? How does the teacher’s
subject-matter knowledge and instructional strategies shape the teachers’
classroom interaction and discourse in the teaching of NS? Interviews, observations
and a questionnaire have been used for data collection. Teachers used their
teaching experiences to teach NS. Results indicated lack of teachers, facilities and
resources. It is recommended that the Department of Education as an arm of
government should see that schools have the facilities, resources and teachers they
need for proper teaching and learning as well as providing sufficient workshops to
improve teachers’ classroom practices. / Sepheo sa thuto ena e ne e le ho hlahloba mekhoa ea litlelase tsa matichere a
Phahameng ea Setsebi sa Tlhaho ea Setsebi tse ling tsa sekolo sa Vhembe. Ho ne
ho sebelisoa mokhoa o nepahetseng oa ho ithuta litsebo le matichere a mararo.
Lipotso tse latelang tsa lipatlisiso li ile tsa hlahlojoa: Mokhoa oa mosuoe oa mosuoe
ke oa mofuta ofe thutong ea Saense ea tlhaho? Mokhoa oa mekhoa ea koetliso ea
tichere ke efe tabeng ea thuto ea saense ea tlhaho? Mosuoe oa mosuoe o tseba
joang le mekhoa ea ho ruta e amanang le ho sebelisana ha tichere le ho bua ka
thutho ea saense ea tlhaho? Lipuisano, litlhaloso le lipotso. E sebeliselitsoe ho
bokella data. Barupeluao ba ile ba sebelisa liphihlelo tsa bona tsa thutho ho ruta
saense ea tlhaho. Liphello li bonst’a ho haelloa ke matichere a saense ea tlhaho,
mehaho le thepa. Ho khothalletsoa hore Muso le Lefapha la Thuto lo bone hore
likolo li na le mehaho, lisebelisoa le matichere bakeng sa thuto le thutho e
nepahetseng hammoho le ho fana ka lithupelo tse lekaneng bakeng sa ho ntlafatsa
mekhoa ea matichere ea tlelase. / Die doel van die studie was om die klaskamerpraktyke van senior Fase
Natuurwetenskappe-onderwysers in sommige skole van skole in die Vhembe-distrik
te ondersoek. Kwantitatiewe gevallestudie-benadering was in diens en drie
onderwysers het deelgeneem. Die volgende navorsingsvrae is ondersoek: Wat is
die aard van die onderwyser se onderwyser kennis in die onderrig van
Natuurwetenskappe? Wat is die aard van onderwyser se onderrigstrategiee in die
onderrig van Natuurwetenskappe? Hoe vorm die onderwyser se kennis en
onderrigstrategiee die onderwyser se klasinteraksie en-diskoers in die onderrig van
Natuurwetenskappe? Onderhoude, waarnemings en vraelys wat gebruik word vir
data-insameling. Deelnemers het hul onderrigervarings gebruik om
Natuurwetenskappe te onderrig. Resultate dui op gebrek aan Natuurwetenskappeonderwysers,
fasiliteite en-bronne. Dit word aanbeveel dat die regering en die
Departement van Onderwys moet sien dat skole fasiliteite, hulpbronne en
onderwysers het vir behoorlike onderrig en leer, asook voldoende werkwinkels om
onderwysers se klaskamerpraktyke te verbeter. / Science and Technology Education / M. Ed. (Natural Science Education)
|
Page generated in 0.0458 seconds