• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Terminal care: a psychosocial needs of significant others

Forrester, Christiaan 17 October 2008 (has links)
M.A. / Die pasiënt wat met ‘n terminale siekte gediagnoseer word, kan nie in isolasie sinvol in kliniese intervensie betrek word nie. Die ontstellende impak van ‘n terminale diagnose kring noodwendig uit om die betekenisvolle ander in die lewe van die pasient te omvou. Dit is dus noodsaaklik om die terminale situasie met inbegrip van alle relevante rolspelers en hulle gepaardgaande psigososiale behoeftes te benader. ‘n In-diepte begrip van die omvang en inhoud van die psigososiale behoeftestruktuur van betekenisvolle ander sal dus daadwerklik bydra tot die ontwikkeling van ‘n omvattende professionele benadering in relevante diensleweringsfokus in die veld van terminale sorg. Die studie het as oorhoofse doel, ‘n bepaling van die psigososiale behoeftes van betekenisvolle ander in die lewe van die terminale pasiënt. Die tradisionele intervensie-benadering fokus hoofsaaklik op die pasiënt as primêre bron van dienslewering, terwyl die behoeftes van betekenisvolle ander ‘n sekondêre rol inneem. Met inagneming van die feit dat betekenisvolle ander dikwels self die intervensie-fokus verskuif deur bewustelike onderdrukking van persoonlike behoeftes, word die huidige wanbalans in intervensiefokus dus deur die ander rolspelers self instand gehou. ‘n Ongebalanseerde benadering sal dus die instandhouding van onderdrukte behoeftes by betekenisvolle ander onderskryf, en bydra tot die uiteindelike maatskaplike funksioneringsproblematiek wat deur die verloop van die terminale fase die aandag van die maatskaplikewerk praktisyn indringend vereis. ‘n Wegskuiwing vanaf die behoeftefokus van betekenisvolle ander, dra dus direk by tot toekomstige problematiese funksionering, beide in die terminale fase en gedurende die aktiewe rouproses. ‘n Kombinasie van die kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsbenadering is in hierdie studie aangewend. Vir die doeleindes van kwalitatiewe navorsing is gebruik gemaak van semi-gestruktureerde in-diepte onderhoudsvoering. Die kwantitatiewe element van die studie is ondervang deur ‘n vraelys. Die insameling en verwerking van die data het ten doel om riglyne daar te stel, ten einde die maatskaplike werker in die praktyk voldoende toe te rus met ‘n omvattende begrip van die behoeftestrukture van betekenisvolle ander persone in die terminale situasie. Sodoende word ten doel gestel om professionele kliniese intervensie te rig tot die totale sisteem waarvan die pasiënt ‘n deel vorm. Die navorser is van mening dat die inkorporering van alle behoeftestrukture in die terminale situasie die bydrae van die maatskaplikewerk professie met betrekking tot terminale sorg sal verdiep, en dat die studie sal lei tot die ontwikkeling van ‘n maatskaplikewerk perspektief op ‘n gebied wat tot dusver relatief min aandag ontvang het. Die navorser poog om deur middel van die ontwikkeling van professionele riglyne, die weg te baan tot die uiteindelike daarstelling van ‘n omvattende, sisteem-georiënteerde model van kliniese intervensie in die uitdagende veld van terminale sorg. / none

Page generated in 0.0977 seconds