Spelling suggestions: "subject:"cocial work with aggressive children"" "subject:"bsocial work with aggressive children""
1 |
Maatskaplike gevallewerkintervensie aan adolessente met aggressiewe gedragKruger, Richard 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work (Social Work))--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to develop a theoretical framework for social workers in nongovernmental
organisations with regards to the nature and scope of social casework
intervention with aggressive adolescents.
The research was done based on an extensive literature study, which focussed on theories of
aggression and factors which contribute to aggressive behaviour in adolescents, as well as the
nature and scope of social casework intervention with aggressive adolescents.
A combined qualitative and quantitative research method and an explorative and describing
research design have been used in this study, since this combination resulted in reaching the
goal of the study. The empirical research investigated the nature and scope of social
casework intervention with aggressive adolescents. The universe consisted of all nongovernmental
organisations in the Boland-district. Semi-structured questionnaires were used
as an interview instrument with a purposive sample of 20 social workers.
In light of the findings derived from the literature study and empirical research, appropriate
conclusions and related recommendations were made. The main conclusion for this study is
that various factors, such as the caseload of social workers and involvement of significant
others during intervention, influence participants’ ability to utilise case work effectively
during intervention with aggressive adolescents. The main recommendation of this study is
that the delivery of social services be prioritized to avoid social work tasks or situations
hindering or prohibiting intervention with aggressive adolescents. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om ‘n teoretiese raamwerk vir maatskaplike werkers in nieregeringsorganisies
te bied vir die aard en omvang van maatskaplike gevallewerkintervensie
aan adolessente met aggressiewe gedrag.
Die ondersoek is gedoen aan die hand van ‘n uitgebreide literatuurstudie, wat gefokus het op
teorieë oor aggressie en faktore wat tot aggressiewe gedrag by adolessente aanleiding gee,
sowel as die aard en omvang van maatskaplike gevallewerkintervensie aan adolessente met
aggressiewe gedrag.
‘n Gekombineerde kwalitatiewe- en kwantitatiewe navorsingsbenadering en ‘n verkennendeen
beskrywende navorsingsontwerp is in hierdie studie benut, aangesien hierdie kombinasies
die gestelde doelwitte van die studie die beste kon bereik. Die empiriese ondersoek het die
aard en omvang van maatskaplike gevallewerkintervensie aan aggressiewe adolessente
verken. Die universum het bestaan uit alle nie-regeringsorganisasies in die Boland-distrik.
Semi-gestruktureerde vraelyste is as ‘n onderhoudskedule benut. ‘n Doelbewuste-steekproef
het uit 20 maatskaplike werkers bestaan.
Op grond van die bevindings, voortspruitend uit die literatuurstudie en empiriese ondersoek,
kon toepaslike gevolgtrekkings en verbandhoudende aanbevelings gemaak word. Die
hoofbevinding van hierdie studie is dat verskeie faktore soos die grootte van maatskaplike
wekers se gevalleladings en die betrokkenheid van betekenisvolle ander tydens intervensie,
respondente se vermoë beïnvloed om gevallewerkintervensie te benut. Die kernaanbeveling
van hierdie studie is dat dienslewering geprioritiseer moet word dat intervensie met
betrekking tot aggressiewe adolessente nie ten koste van ander maatskaplikewerk-take en
situasies, benadeel word nie.
|
Page generated in 0.082 seconds