• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die invloed van die geenskoolfondsbeleid op die finansiele beheer en bestuur van landelike skole in die Weskus-Wynland onderwysdistrik

Morris, Sohail 12 1900 (has links)
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2012. / Includes bibliography / ENGLISH ABSTRACT: Prior to 1994, the school principal in conjunction with the Department of Education used to be responsible for the control and management of school finances. With the establishment of the South African Schools Act 84 of 1996, however, the liability in respect of finance has changed dramatically as self-management took effect in schools. With the Minister of Education’s announcement of no-fee schools in poor communities (quintiles 1–3) in 2006, parents’ obligation to pay school fees fell away. Together with the aforementioned policy and decentralisation, through which power, control and management have shifted from the national to the local level, schools have started to bear a heavier financial burden as well. However, principals and governing body members have often not been trained to cope with this. The purpose of this study was to determine the impact of the no-fees policy on the financial control and management of rural schools in the West Coast-Winelands education district (circuits 1, 2 and 3). The data for the research were firstly gathered by means of a literature review, after which an exploratory study was conducted in 20 rural no-fee schools in the abovementioned education district by way of questionnaires. The school principals and chairpersons of school governing bodies each received a questionnaire. They were afforded two weeks to complete it. The researcher personally analysed the data, based on which certain findings and recommendations are made at the end of the study. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Voor 1994 was die skoolhoof in samewerking met die Departement verantwoordelik vir die beheer en bestuur van skoolfinansies. Met die instelling van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 het die aanspreeklikheid ten opsigte van finansies egter drasties verander, deurdat selfbestuur by skole in werking gestel is. Met die Minister van Onderwys se aankondiging in 2006 van geenskoolfondsskole in arm gemeenskappe (kwintiel 1–3), het ouers se verpligting om skoolgeld te betaal verval. Tesame met voormelde beleid en desentralisasie, waardeur mag, bestuur en beheer vanaf nasionale na plaaslike vlak verskuif is, het skole nou ʼn groter finansiёle las begin dra. Tog is skoolhoofde en beheerliggaamlede dikwels nie opgelei om hierdie finansiёle las te dra nie. Die doel van hierdie studie was om die invloed van die geenskoolfondsbeleid op die finansiёle beheer en bestuur van landelike skole in die Weskus-Wynland-onderwysdistrik (kring 1, 2 en 3) te bepaal. Die data vir die navorsing is eerstens by wyse van ʼn literatuuroorsig ingesamel, waarna ʼn ondersoekende studie deur middel van vraelyste by 20 landelike geenskoolfondsskole in bogenoemde onderwysdistrik onderneem is. Skoolhoofde en beheerliggaamvoorsitters van die skole het elk ʼn vraelys ontvang. Hulle is twee weke gegun om die vraelyste te voltooi. Die navorser het persoonlik die data ontleed, op grond waarvan bepaalde bevindings en aanbevelings aan die einde van die studie gedoen word.

Page generated in 0.0928 seconds