• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die grens tussen lewe en dood : 'n studie van spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden / Mariëtte van Graan

Van Graan, Mariëtte January 2015 (has links)
Hierdie studie stel ondersoek in na die voorkoms en funksie van spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden, een van Afrikaanse letterkunde se mees bekroonde skrywers. Die doel van hierdie studie is om vas te stel watter funksies die spookkarakters in onderskeidelik Toorberg (1986), Die Stoetmeester (1993) en Die swye van Mario Salviati (2000) vervul, en ook of die spookkarakters in hierdie romans ʼn groter funksie buiten dié in hul onderskeie tekste vervul wat nuwe lig kan werp op Etienne van Heerden se hantering van identiteit (ʼn tema wat deurlopend in sy oeuvre na vore kom). Die ondersoek word hoofsaaklik aan die hand van teks- en romananalise gedoen. Die spookkarakters in die betrokke romans word geklassifiseer aan die hand van teorie uit die paranormale wetenskap. Alhoewel die spookkarakters en die tersaaklike romans nie genregebonde gelees word nie, word teorie uit karakterstudies, identiteitstudies, spookstories, die Gotiese, die magiese realisme, die postkolonialisme, die historiese roman en liminaliteitsteorie in die bespreking betrek. Dit word geargumenteer dat die spookkarakters in Toorberg die prototipiese, manlike Afrikaneridentiteit vergestalt en dit deur middel van uitsluiting (eksklusiwiteit) in stand hou; dat die spookkarakter in Die Stoetmeester ʼn liminale figuur in ʼn liminale historiese tydperk vergestalt, en derhalwe ʼn liminale weergawe van Afrikaneridentiteit uitbeeld; en dat die spookkarakters in Die swye van Mario Salviati ʼn meer inklusiewe (Suid-)Afrikaanse identiteit uitbeeld deur identiteite in die Suid-Afrikaanse verlede wat voorheen misken is, in spesifieke spookkarakters te vergestalt. Deur die individuele spookkarakters as verteenwoordigend van groepsidentiteite te lees binne die bepaalde historiese konteks waarin die romans afspeel en gepubliseer is, word daar ten slotte aangevoer dat die spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden ʼn evolusie van Afrikaner- na Suid-Afrikaanse identiteit uitbeeld. / PhD (Afrikaans and Dutch), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0201 seconds