• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die rol van Christelike spiritualiteit in die lewe van 'n persoon met 'n huweliksmaat met 'n "bipolêre gemoedsversteuring

Kotzé, Martina 31 July 2002 (has links)
Text in Afrikaans / Binne die tradisionele christelike westerse samelewing waarin ons leef is daar diskoerse en meta-narratiewe wat dikteer wat van ons as huweliksmaats verwag word. Ons is dikwels onbewus van hoe hierdie verwagtinge, rolle en eise wat aan ons gestel word, deur verskillende diskoerse en stories tot stand gekom het. Die spesifieke lewenstorie en omstandlghede van die indiwidu(e) word meestal in die proses geignoreer, byvoorbeeld die saamleef met 'n huweliksmaat wat "gediagnoseer" is as iemand met 'n "bipolêre gemoedsversteuring", bring noodwendig omstandighede mee wat vir die meeste mense onuithoudbaar mag wees. Hierdie studie vertel die storie van 'n persoon wie daarin kon slaag om ten spyte van hierdie "omstandighede", sy storie so te kon herskryf dat hy steeds met hierdie persoon suksesvol binne die huwelik kan saamleef. Die studie fokus op 'n persoon, wie se lewe op grond van die christelike narratief leef, se belewing van die saamleef met 'n persoon met 'n "bipolere gemoedsversteuring". Die algemene doel van die studie was om aan die deelnemer 'n geleentheid te skep om sy belewinge in die saamleef van 'n persoon met 'n "bipolêre gemoedsversteuring" te kon deel. 'n Spesifieke fokus is geplaas om die rol wat christelike spiritualiteit speel in die verwerking en hantering daarvan, te beskryf. Daar is ook aan die persoon geleentheid gegee om op grond van sy belewlnge en verstaan van christenskap, aanbevelings te maak aan die professlone!e gemeenskap, die geloofsgemeenskap en aan huweliksmaats wat met soortgelyke omstandighede meet saamleef. Die navorslng is vanuit 'n postmoderne diskoers-oogpunt aangepak en op 'n kwalitatiewe wyse uitgevoer by wyse van 'n gevallestudle. Die deelnemer se storie is deur middel van sosiale konstruksieteorie en 'n narratiewe terapeutiese benadering, gedekonstrueer. Dit was duidelik vanuit die studie dat die funksie wat mense se spirituele oortuiginge en hul belewing daarvan in hul lewens verrig, in berekening gebring moet word in die terapeutiese proses. Wanneer kliënte belangrike besluite moet neem, moet die invloed van geloofsoortuiginge in die besluitnemingsproses in berekening gebring word. / Practical Theology / M. Th. - (Pastoral Theology)
2

Die rol van Christelike spiritualiteit in die lewe van 'n persoon met 'n huweliksmaat met 'n "bipolêre gemoedsversteuring

Kotzé, Martina 31 July 2002 (has links)
Text in Afrikaans / Binne die tradisionele christelike westerse samelewing waarin ons leef is daar diskoerse en meta-narratiewe wat dikteer wat van ons as huweliksmaats verwag word. Ons is dikwels onbewus van hoe hierdie verwagtinge, rolle en eise wat aan ons gestel word, deur verskillende diskoerse en stories tot stand gekom het. Die spesifieke lewenstorie en omstandlghede van die indiwidu(e) word meestal in die proses geignoreer, byvoorbeeld die saamleef met 'n huweliksmaat wat "gediagnoseer" is as iemand met 'n "bipolêre gemoedsversteuring", bring noodwendig omstandighede mee wat vir die meeste mense onuithoudbaar mag wees. Hierdie studie vertel die storie van 'n persoon wie daarin kon slaag om ten spyte van hierdie "omstandighede", sy storie so te kon herskryf dat hy steeds met hierdie persoon suksesvol binne die huwelik kan saamleef. Die studie fokus op 'n persoon, wie se lewe op grond van die christelike narratief leef, se belewing van die saamleef met 'n persoon met 'n "bipolere gemoedsversteuring". Die algemene doel van die studie was om aan die deelnemer 'n geleentheid te skep om sy belewinge in die saamleef van 'n persoon met 'n "bipolêre gemoedsversteuring" te kon deel. 'n Spesifieke fokus is geplaas om die rol wat christelike spiritualiteit speel in die verwerking en hantering daarvan, te beskryf. Daar is ook aan die persoon geleentheid gegee om op grond van sy belewlnge en verstaan van christenskap, aanbevelings te maak aan die professlone!e gemeenskap, die geloofsgemeenskap en aan huweliksmaats wat met soortgelyke omstandighede meet saamleef. Die navorslng is vanuit 'n postmoderne diskoers-oogpunt aangepak en op 'n kwalitatiewe wyse uitgevoer by wyse van 'n gevallestudle. Die deelnemer se storie is deur middel van sosiale konstruksieteorie en 'n narratiewe terapeutiese benadering, gedekonstrueer. Dit was duidelik vanuit die studie dat die funksie wat mense se spirituele oortuiginge en hul belewing daarvan in hul lewens verrig, in berekening gebring moet word in die terapeutiese proses. Wanneer kliënte belangrike besluite moet neem, moet die invloed van geloofsoortuiginge in die besluitnemingsproses in berekening gebring word. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M. Th. - (Pastoral Theology)

Page generated in 0.0435 seconds