• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Postulêre werkwoorde in Griekwa-Afrikaans : 'n grammatikaliseringsondersoek / Caro Alessandri van Aardt

Van Aardt, Caro Alessandri January 2014 (has links)
Grammatikale konstruksies wat met postulêre werkwoorde (VPOS’e) vorm, kom voor in verskeie tale. Die Afrikaanse, sowel as die Nederlandse, VPOS-progressiewe konstruksie is reeds omvattend bespreek in onlangse taalkundebronne. Hoewel Griekwa-Afrikaans (GrAfr) en Standaardafrikaans (StAfr) beide as variasies van Afrikaans gereken word, en boonop dieselfde oorsprong deel (te wete sewentiendeeeuse Nederlands), en daar heelwat ooreenkomste bestaan in die manier waarop hierdie twee Afrikaanse variëteite die konstruksie gebruik, is daar tog ook ʼn hele aantal verrassende (vormlike en semantiese) verskille. Die doel van hierdie studie is om die unieke wyse waarop die VPOS-konstruksie in Griekwa-Afrikaans gebruik word om grammatikale betekenis uit te druk, aan te toon. Die studie word vanuit ʼn grammatikaliseringsperspektief aangepak aangesien hierdie vertrekpunt nuttig is om eerstens die ontwikkeling en tweedens die aanwending van grammatikale konstruksies te bespreek. Die grammatikaliseringsteorie verduidelik hoe woorde leksikale waarde verloor ten einde meer grammatikaal te word. Die kategoriale verandering (oftewel ouksiliëring) van die VPOS as leksikale hoofwerkwoord na grammatikale hulpwerkwoord, is ʼn merkbare gevolg van ʼn proses van grammatikalisering. Die gegrammatikaliseerde VPOS tree as die spil van die sin op en verrig tradisioneel die funksie om aan te toon i) of die handeling wat uitgedruk word, in die verlede, hede of toekoms plaasvind; ii) wat die spreker se perspektief op die handeling is, iii) wat die spreker se subjektiewe opinie of houding ten opsigte van die handeling is; en iv) of die handeling realiseer al dan nie. Hierdie vier funksies word onderskeidelik die tempus, aspek, modaliteit en polariteit van ʼn sin genoem. Omdat polariteit in Afrikaans deur die negatiewe partikel nie uitgedruk word, word daar in hierdie studie spesifiek ondersoek ingestel na die moontlike TAM-funksies wat die VPOS in GrAfr kan verrig. Hierdie studie het op ʼn vergelykende wyse te werk gegaan. Twee konkordansies is saamgestel om die gebruik van die VPOS-konstruksie in GrAfr te bestudeer in vergelyking met StAfr. Die GrAfr-konkordansie (ʼn gesproke korpus) bestaan uit 1000 sinne wat saamgestel is uit onderhoude wat met GrAfr’e moedertaalsprekers gevoer is in 1984 tydens die saamstel van die sogenaamde Van Rensburg-verslae. Die TKkonkordansie (geskrewe korpus) bestaan uit ʼn lukrake seleksie van 1000 sinne vanuit die TK-korpus wat VPOS-konstruksies bevat. Om die unieke gebruikswyse van die GrAfr vas te stel, is hierdie konkordansies volgens spesifieke parameters vergelyk. Eerstens is die frekwensieratio van die verskillende VPOS'e in die twee konkordansies vergelyk. Daar is gevind dat loop die mees frekwente VPOS in GrAfr is wat aandui dat dit die verste van die VPOS gegrammatikaliseer het. Die frekwensierangorde vir VPOS’e in GrAfr is loop > sit > staan > lê en die frekwensierangorde vir StAfr is sit > staan > loop > lê. Tweedens is die verhouding tussen leksikale en grammatikale gebruike vergelyk. Na aanleiding van die 66,93% van GrAfr’e voorbeelde wat grammatikale funksies verrig het, was dit duidelik dat die VPOS-konstruksie in GrAfr baie verder gegrammatikaliseer het as die konstruksie in StAfr. Derdens is daar ʼn vergelyking van die verskillende sinstipes gemaak en gekonkludeer dat beide konkordansies hoofsaaklik uit stelsinne bestaan, en dat die verskil in sinstipes in die twee konkordansies nie ʼn oorsaak kan wees van die aangeduide frekwensieverskille van VPOS’e nie. Vierdens en laastens is spesifieke sintaktiese interessanthede wat uniek is aan GrAfr ondersoek. Daar is byvoorbeeld gevind dat GrAfr, anders as StAfr, gereeld twee verskillende VPOS’e in een sin gebruik, byvoorbeeld "Dan staan loop hy jimmers". Daar was hier ook aanduidings van stringwerkwoordkonstruksies, byvoorbeeld “Ons had ʼn bietjie gelê stan oortree”, waar daar meer as een hulpwerkwoordelike VPOS aangewend word om ʼn grammatikale funksie te verrig. Verder is 'n hele aantal GrAfr’e voorbeelde gevind waar loop of selfs lê as wisselvorme van 'n die inchoatiewe gaan optree, byvoorbeeld “Hy lê kom nog”. Ander interessante verskynsels soos variasie in moontlike sinsstruktuur is ook ondersoek en enkele voorbeelde is gevind waar die grammatikale VPOS na die leksikale hoofwerkwoord geplaas word, byvoorbeeld “Ek kan nie lieg sit nie”. / MA (Linguistics and Literary Theory), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0463 seconds