• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Gesondheid in ontwikkelingsperspektief: 'n gevallestudie van Loxton

Waterboer, Hannes Matthew January 1992 (has links)
Magister Artium (Development Studies) - MA(DVS) / Die doel van die navorsingsprojek is om die gesondheidsvoorsiening en -benutting van In klein landelike gemeenskap te ondersoek. Dit is egter nie moontlik om na die gesondheidsituasie van die inwoners in isolasie te kyk en terselfdertyd In volledige beeld van die gesondheid van die inwoners te kry nie. Die gesondheid van die individu, en die gemeenskap in die breë, is onlosmaaklik gekoppel aan die algemene welstand van die individu en die gemeenskap (Botha; 1984:2; Wilson & Ramphele; 1989:292). Van die siektes wat deur die armes ondervind word, kan direk of indirek na hul ekonomies-maatskaplike omstandighede teruggevoerword. Die armoede-verskynsels kan dus nie gekompartementaliseer word nie, maar daar moet noodwendig na die globale lewensopset van die teikengroep gekyk word as een aspek van die totale probleem uitgelig en bestudeer wil word. wilson en Ramphele (1989:4) het vier redes uitgesonder waarom In studie van die armoede-vraagstuk belangrik is: * die skade wat armoede aan die individu rig; * die negatiewe ekonomiese impak wat armoede op die individu het; * armoede is die manifestasie van groot ongelykhede, en * armoede is In simptoom van In dieperliggende probleem.

Page generated in 0.1039 seconds