Spelling suggestions: "subject:"swart leerlinge - psigologie"" "subject:"swart leerlinge - psigologies""
1 |
An evaluation of some cognitive, affective, and school variables as predictors of the academic achievement of standard 10 pupils in Kwazulu schools / Daniel Mfana GumedeGumede, Daniel Mfana January 1989 (has links)
1. DIE DOEL VAN DIE NAVORSING: Die doel van hierdie navorsing was om die beste voorspellers van akademiese prestasie (dit is persentasie slaag) onder die kognitiewe, affektiewe en skoolveranderlikes vas te stel. Die teikengroep het uit standerd 10 leerlinge in Kwazulu skole
bestaan. 2. DIE BEVINDINGE UIT DIE LITERATUUR: Om die voorgemelde doel te bereik 1s die oorsig van literatuur met verwysing na die vermelde onafhanklike veranderlikes gedoen, en die volgende gevolgtrekkings is bereik.
2.1 DIE VOORSPELLINGSWAARDES VAN DIE KOGNITIEWE VERANDERLIKES: Betreffende die voorspellingswaarde van die kognitiewe veranderlikes, het die literatuur daarop gewys dat die kognitiewe veranderlikes ongeveer 25 persent van die variansie in die akademiese prestasie verklaar. Belangrik in hierdie verband is die bevindinge deur Lavin (1967), Bloom (1979) en talle ander wat die voorspellingswaarde van intelligensie en aanleg ondersoek het. Die ander belangrike bevinding, in verband met intelligensie as voorspeller van akademiese prestasie, is dat die voorspellingswaarde van intelligensie daal as die leerlinge die hoer klasse bereik. Met ander woorde, intelligensie is volgens die literatuur 'n goeie voorspeller van akademiese prestasie in die primêre klasse. Sowel Lavin (1967) as Jensen (1980) het hierdie bewering gemaak. Die voorspellingswaarde van vorige deur die literatuur te bestudeer.
literatuur daarop gewys dat voorspeller van akademiese prestasie is. Wat aanleg as voorspeller van akademiese prestasie betref, wys die literatuur daarop dat variansie wat grater as 25 persent in akademiese prestasie is, verklaar kan word op grond van aanleg. In hierdie verband kan die werke van Von Mollendorf (1978) en Vander Westhuizen (1987) genoem word.
2.2 DIE VOORSPELLINGSWAARDE VAN DIE AFFEKTIEWE VERANDERLIKES: Die affektiewe veranderlikes wat hier betrokke is, is persoonlikheid
en beroepsbelangstelling.
Betreffende die voorspellingswaarde van persoonlikheid is teenstrydige
bevindinge in die literatuur verkry. Enersyds het
ondersoeke wat in Amerika gedoen is, getoon dat die byvoeging
van die persoonlikheidsveranderlikes by die kognitiewe veranderlikes
in die voorspelling van akademiese prestasie 'n toename
in die verklaring van variansie meebring. Andersyds het die
navorsing wat in Suid-Afrika gedoen is, nie 'n duidelike beeld
gegee nie. In die algemeen het die Suid-Afrikaanse ondersoeke
daarop gewys dat die persoonlikheidsveranderlikes van min waarde
is in die voorspelling van akademiese prestasie.
Uit die studie van die literatuur, betreffende die voorspellingswaarde
van beroepsbelangstelling, het dit geblyk dat beroepsbelangstelling
van minder waarde is in die voorspelling van
akademiese prestasie is as beroepsbelangstelling.
2.3 DIE VOORSPELLINGSWAARDE VAN DIE SKOOLVERANDERLIKES: Die skoolveranderlikes is in twee groepe verdeel: die fisiese wat skoolgrootte, klasgrootte,
skoolligging en skool fasiliteite behels, en die sosiale wat die prinsipaal en die onderwysers behels.
Die oorsig van die literatuur het daarop gewys dat die
fisiese fasiliteite belangrik is vir opvoeding, maar hulle
uitwerking op die kwaliteit van onderrig afhanklik is van hulle
benutting deur die onderwysers. Byvoorbeeld, kleiner klasse het
nie beduidend bygedra tot beter prestasie as die grater klasse
nie. Die gevolgtrekking wat deur Bloom (1976) onder andere,
bereik is, is dat die hele skoolomgewing belangrik is vir
onderrig en n1e net die fisiese fasiliteite nie. Ongeveer 5
persent van die variansie in akademiese prestasie is volgens
Bloom (1979) deur die skool verklaar. Dit was om hierdie rede
dat die hele skool in hierdie ondersoek bestudeer is.
Literatuur het ook deurgaans daarop gewys dat die verskille
tussen die skole in akademiese prestasie verdwyn as
intelligensie en die sosio-ekonomiese status gekontroleer is.
2.4 DIE INVLOED VAN GESLAG OP AKADEMIESE VOORSPELLING: Die literatuur het daarop gewys dat die twee geslagte se
akademiese prestasie verskil. Die dogters, byvoorbeeld,
presteer beter as seuns in toetse wat verbale aanleg verg,
terwyl die seuns beter as dogters in wiskunde presteer: Die
twee geslagte het geen verskille in intelligensie getoon nie.
3. DIE EMPIRIESE ONDERSOEK
3.1 DIE FORMULERING VAN HIPOTESES: 3. 1. 1 Hoof hipotese
HOOF HIPOTESE 1 - Die aanleg veranderlikes is die beste voorspellers van standerd
10 akademiese prestasie in vergelyking met die affektiewe en die
skoolveranderlikes.
HOOF HIPOTESE 2 - Die affektiewe veranderlikes bring 'n toename mee in die
variansie wat verklaarbaar is in akademiese prestasie as dit by
die kognitiewe veranderlikes bygevoeg word.
HOOF HIPOTESE 3 - Die skoolveranderlikes bring 'n toename mee in die variansie wat
verklaarbaar is in akademiese prestasie as dit by die kognitiewe
veranderlikes bygevoeg word.
3.1.2 Onderhipotese
ONDERHIPOTESE 1 - Die gehalte van die skool het beduidende invloed op die
voorspelling van akademiese prestasie in standerd 10.
ONDERHIPOTESE 3 - Die ligging van die skool het 'n beduidende invloed op die

ONDERHIPOTESE 4 - Skoolsoort het 'n beduidende invloed op die voorspelling van
akademiese prestasie in standerd 10.
ONDERHIPOTESE 5 - Geslag het 'n beduidende invloed op die voorspelling van
akademiese prestasie in standerd 10.
ONDERHIPOTESE 6 - Daar bestaan steeds 'n verskil tussen koshuis en dagskole in
akademiese prestasie selfs as aanleg gekontroleer is.
ONDERHIPOTESE 7 - Daar bestaan steeds 'n verskil tussen stedelike en plattelandse
skole in akademiese prestasie selfs as aanleg gekontroleer is.
3.2 DIE EMPIRIESE ONDERSOEK: Die empiriese ondersoek is ingestel om die geformuleerde
hipoteses te toets.
3.2.1 Die teikengroep en die steekproef
Die KwaZulu 1983 standerd 10 leerlinge is die teikengroep. Om
die invloed van die ~kool op voorspelling vas te stel is 'n 10
persent ewekansige steekproef uit 170 sekondêre skole geneem
(dit is 17 skole). As gevolg van die ewekansige steekproef is
'n monster van 1912 leerlinge gevorm. Die vermindering van die
steekproef tot 1615 leerlinge in sommige analises, is 'n gevolg
van onvolledige data van sekere leerlinge.
3.2.2 Die veranderlikes wat gebruik is
3.2.2.1 Die onafhanklike veranderlikes wat in hierdie ondersoek
gebruik is, is die volgende:
a. Aanlegtoetsresultate (AAT)
b. Persoonlikheidsresultate (HSPQ)
c. Belangstellingsresultate (VIQ)
d. Skoolveranderlikheidstotaal (SVTOT)
3.2.2.2 Die afhanklike wat in hierdie ondersoek gebruik is, is
die volgende:
e. Standerd 10 geslaag persentasie.
3.2.2.3 Die modererende veranderlikes wat in hierdie studie bestudeer is, is
die volgende:
f. Die skoolgehalte;
g. Die vakgroepe wat die leerlinge leer;
h. Die ligging van die skool (stedelik of plattelands);
i. Skooltipe (koshuis of dag); en
j. Geslag.
In hierdie ondersoek is gebruik gemaak van gestandardiseerde
meetinstrumente om kognitiewe, en affektiewe veranderlikes te
meet. Om die "skool" te meet is verskeie skoolveranderlikes
eers geoperasionaliseer en daarna punte volgens rangorde deur
die inspekteurs toegeken.
Geslag is in hierdie ondersoek as modererende veranderlike
gebruik om die invloed daarvan op voorspelling te bestudeer. Om
die invloed van die skool as 'n modererende veranderlike te
bestudeer is die steekproef verder verdeel volgens skoolgehalte,
skoolligging en skooltipe. Die leerlinge was ook gegroepeer
volgens die vakgroepe wat hulle geneem het (dit is algemeen,
natuurwetenskap en handel).
4. STATISTIESE TEGNIEKE WAT IN HIERDIE NAVORSING GEBRUIK IS EN
DIE RESULTATE VAN DIE ONDERSOEK: 4.1 MEERVOUDIGE REGRESSIE-ANALISE: Deurgaans
toegepas is die meervoudige regressie-analise (BMDPIR program)
om die beste voorspellers van akademiese prestasie te
identifiseer. Die resultate van die analise het daarop gedui
dat:
i. die kognitiewe veranderlikes die beste voorspellers van
akademiese prestasie is, in vergelyking met die affektiewe
en die skoolveranderlikes;
ii. die affektiewe veranderlikes van min voorspellingswaarde
is; en
iii. die skoolveranderlike 'n beduidende effek op voorspellings
het.
As gevolg van meervoudige regressie-analise is die kognitiewe en
skoolveranderlikes gebruik as kontrole veranderlikes in die
moderatorveranderlike studie. Die affektiewe veranderlikes is
weggelaat weens hulle geringe bydrae tot R2 .
4.2 VARIANSIE ANALISE: Die meervoudige regressie-analise (BMDPIR) is ook gebruik by die
moderatorondersoek. Die resultate van die ondersoek het daarop
gedui dat:
i. die skoolgehalte 'n beduidende invloed op die voorspelling
van akademiese prestasie het;
ii. die vakgroepe wat leerlinge leer 'n beduidende invloed op
akademiese voorspelling het;
iii. die skoolligging 'n beduidende invloed op akademiese voor
spelling het;
iv. die skooltipe 'n beduidende invloed op akademiese voorspelling
het;
v. geslag geen beduidende invloed op die voorspelling van algehele
akademiese prestasie het nie;
vi. die verskil in akademiese prestasie tussen die koshuisskole
en dagskole bly steeds dieselfde selfs as aanleg gekontroleer is; en
vii. die verskil in die akademiese prestasie van stedelike en
plattelandse leerlinge steeds dieselfde bly selfs as aanleg
gekontroleer is.
5. IMPLIKASIES VIR VERDERE ONDHRSOEK: In hierdie studie is gevind dat aanleg 'n goeie voorspeller van
akademiese prestasie in goeie skole is, maar nie in swak skole
nie. 'n Geldigheidsstudie is nodig om swak voorspelbaarheid in
swak skole vas te stel. Sulke geldigheidstudies moet die
sistematiese veranderlikes ook bestudeer sodat hulle invloed op
R2 verklaar kan word.
In hierdie studie is ook gevind dat die plattelandse skole
akademies beter as stedelike skole presteer.
Die bevinding is teenstrydig met die bevindinge van die vorige
navorsers. 'n Verdere studie is dus ook nodig om die bevindinge
van hierdie studie te bevestig of te verwerp. Die moontlikheid
bestaan dat hierdie bevinding die invloed van die onrus wat
gedurende daardie jare plaasgevind het, weerspieël.
Verdere navorsing is ook nodig om die invloed van die groepvakke
op akademiese prestasie te bevestig en o.a. die geldigheid van die
resultate van hierdie navorsing te toets.
Verdere navorsing is nodig om die waarde van die insluiting van
'n toets in moedertaal in die AAT battery vir voorspellings van
akademiese prestasie vas te stel. Die resultate van hierdie
studie (kyk tabel 6 • 2 ) het getoon dat die AAT die swakste met
Zulutaal korreleer. 'n Toets in moedertaal blyk dus nodig te
wees.
6. OPVOEDKUNDIGE IMPLIKASIE: Die kruisvalidasie van die beste stelveranderlikes het daarop
gewys dat dit goed by goeie skole kan voorspel en nie by swak
skole nie. Om al die skole se akademiese prestasie te verbeter,
word dit aanbeveel dat die toetse aan die begin van die jaar
toegepas moet word en dat die nuwe snitpunte (kyk paragraaf 6.7)
by die verwagtingstabel gebruik moet word. Die vroegtydige
beskikbaarheid van die toetsresultate kan help om leerlinge en
die onderwysers te motiveer om beter te presteer. / Thesis (MEd)--PU vir CHO, 1989
|
2 |

Page generated in 0.0996 seconds