• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Alternatiewe funksies van Swartafrikaans / Anna Petro Kriel

Kriel, Anna Petro January 2015 (has links)
Die niestandaardvariëteit van Afrikaans, naamlik Swartafrikaans het ontstaan om ʼn Afrikataalmoedertaalspreker en ʼn Afrikaansmoedertaalspreker in staat te stel om met mekaar te kommunikeer en mekaar te verstaan. Hierdie ontstaansdoel is tiperend van pidgintale en kan ook as die hooffunksie van Swartafrikaans beskou word. Soms word Swartafrikaans egter tussen twee Afrikaansmoedertaalsprekers gebruik. Anders as by ʼn pidgin waar die taal tussen twee (of meer) sprekers van verskillende tale gebruik word, word Swartafrikaans in só ʼn geval tussen twee (of meer) moedertaalsprekers van dieselfde taal gebruik. Weens die veranderde aard van Swartafrikaans, verander ook die funksies. Anders as die oorspronklike funksie van Swartafrikaans, vervul Swartafrikaans ’n alternatiewe funksie wanneer dit deur Afrikaansmoedertaalsprekers nagepraat word. Hierdie alternatiewe funksies kan steeds gelykstaande wees aan die funksies van ʼn pidgin, maar ook aan dié van ʼn jargon. Die funksies van ʼn pidgin is steeds teenwoordig, maar kom nou voor in kombinasie met die funksies van ʼn jargon. Binne hierdie studie word ʼn kwalitatiewe benadering gevolg met spesifieke fokus op die gegronde teorie. Drie verskillende instrumente is tydens die data-insameling gebruik. Vraelyste is deur ʼn groep van 191 respondente ingevul, almal studerend aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit in 2014. ʼn Groep van 35 studente, almal vir 'n tweedejaarsmodule in Afrikaans-Nederlands ingeskryf, het aan die loodsondersoek deelgeneem. Hierna is die gefinaliseerde vraelys deur ʼn groep Afrikaansmoedertaalsprekers wat vir die verpligte module, Akademiese Geletterdheid, geregistreer is, ingevul. ʼn Fokusgroeponderhoud is met vyf bruin Afrikaansmoedertaalsprekers gevoer en eposonderhoude is met twee swart Afrikaansmoedertaalsprekers gevoer. Nadat die data gekodeer is met behulp van die kwalitatiewe data-analise sagteware, Atlas.ti, is die kodes in drie temas verdeel, naamlik die gebruikskonteks, die aard van Swartafrikaans sowel as die persepsies oor die alternatiewe funksies van Swartafrikaans. Daar is bevind dat die alternatiewe funksies van Swartafrikaans as gelykstaande aan dié van ʼn pidgin, gekombineerd met dié van ʼn jargon beskou kan word. Prominente funksies behels: inklusiwiteit en eksklusiwiteit, humor en die verryking van die individu se taalrepertoire. Die alternatiewe funksies van Swartafrikaans is sosiaal van aard en meer as een funksie kan gelyktydig deur ʼn uiting vervul word. Die sosio-historiese konteks van Suid-Afrika bring groot sensitiwiteit mee oor die napraat van Swartafrikaans by Afrikataalmoedertaalsprekers sowel as by Afrikaansmoedertaalsprekers. Hierdie sensitiwiteit het op sy beurt tot gevolg dat Afrikaansmoedertaalsprekers dit verkies om Swartafrikaans in ʼn sosiaal geborge omgewing te gebruik. / MA (Afrikaans and Dutch), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0334 seconds