Spelling suggestions: "subject:"etheses -- agricultural economics"" "subject:"etheses -- gricultural economics""
41 |
An appraisal of the impact of membership characteristics on the pursuit of cooperative governance : a case study of wine cooperatives in the Western CapeMentani, Phumlani Sphiwo 12 1900 (has links)
Thesis (MAgricAdmin )--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The South African wine industry has gone through a difficult period of having to undergo major
changes, most markedly in respect of its economic structure and institutional framework over the last
twelve years. The reintroduction of the wine industry to the world markets has brought wide-ranging
opportunities, as reflected by the increase in the number of exports. However, such a reintroduction has
also brought pressure to bear in terms of both local and international competitiveness. The increased
pressure on the industry has resulted in serious effects on the wine producers concerned, both in terms
of meeting the international standards and in terms of having to cope with sophisticated consumer
needs. The current study assesses to what degree, if any, membership characteristics impact on wine
cooperatives in South Africa. The central question to be addressed is whether the characteristics of
members who are involved in the governance structures of wine cooperatives impact on the manner in
which cooperative governance is pursued.
To address the research question stated above, the study used a list of wine cooperatives obtained from
Wines Cellars South Africa (WCSA), which captured the relevant data relating to all the existing wine
cooperatives in 2006. From the list, 46 wine cooperatives were randomly selected. Representatives of
some of the cooperatives were sent questionnaires by email, with the representatives of other
cooperative being personally interviewed. A qualitative analysis, making use of the Likert Scale
method, was performed. The analysis made use of 16 belief statements to determine the degree of
belief held in such statements, in order to ascertain the general degree of understanding regarding those
membership characteristics that could potentially influence wine cooperative governance. A
quantitative analysis was performed, using Statistica Version 8 to ascertain the possible relations
between certain factors (variables). Of the 16 variables which were selected for the analysis, only 8
variables showed positive and significant relations.
The results obtained in the study showed a high degree of investment-related incentive problems
(caused by conflicts of interest, due to the different returns acquired by the members and their diverse
risk profiles), as well as a high degree of decision-related incentive problems (caused by the influence
of education, occupation and experience on the decision-making process). The study also attempted to
ascertain the general perception of collective action approach in the wine industry. The assessment
revealed that sentiments relating to the collective action approach in the wine industry still exist. The results of the quantitative analysis showed the relations existing between eight different variables to be
influential factors in relation to the decision-making process. Furthermore, the study used New
Institutional Economics of property rights and agency theories to confirm the agency dilemmas existing
within the wine cooperatives. Such theories, together with their possible effects on the pursuit of
cooperative governance, are addressed towards the end of the study. Generally, the study shows that
differences in membership characteristics can lead to different levels of member expectations, resulting
in steering the organisation in different directions during the decision-making process. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het ’n moeilike tydperk van grootskaalse veranderinge oor die
afgelope twaalf jaar beleef, soos waarneembaar uit die veranderinge in sy ekonomiese struktuur sowel
as institusionele raamwerke. Die hertoetrede van die bedryf tot die wêreldmark het uitstekende
geleenthede in terme van uitvoere gebring, maar dit het ook druk op die bedryf geplaas om meer
mededingend te wees plaaslik en internasionaal. Die toenemende druk op die bedryf het ernstige
gevolge vir wynprodusente beide in terme van die voldoening aan internasionale standaarde en om aan
gesofistikeerde verbruikersbehoeftes te voorsien. Hierdie studie ondersoek die impak van ledeeienskappe
van wynkoöperasies. Die vraag is of die eienskappe van die lede van die koöperasies se
bestuurstruktuur ’n invloed het op die wyse waarop die koöperasie bestuur word.
Om hierdie navorsingsvraag aan te spreek, het die studie ’n lys van wynkoöperasies van Wynkelders
Suid Afrika (WKSA) gebruik, wat al die bestaande wynkoöperasies in 2006 gelys het. Ses en veertig
wynkoöperasies is ewekansig gekies. Vraelyste is per epos gestuur en persoonlike onderhoude is met
ander gevoer. ’n Kwalitatiewe analise is gevolg deur die gebruik van ’n Likertskaal metode wat bestaan
het uit sestien stellings om te bepaal hoe sterk sekere opinies gehuldig word. Sodoende kon ’n
algemene indruk verkry word van die lideienskappe wat potensieel die bestuur van die koöperasie kon
beïnvloed. ’n Kwantitatiewe analise is ook gedoen deur die gebruik van Statistica 8 om die moontlike
verhoudings tussen sekere faktore of veranderlikes te bepaal. Sestien veranderlikes is gekies vir hierdie
analise en slegs agt veranderlikes het positiewe en betekenisvolle verhoudings getoon.
Resultate toon baie beleggingsverwante motiveringsprobleme (wat veroorsaak word deur
konflikterende belange as gevolg van verskillende opbrengste verkry deur lede en hul diverse
risikoprofiele) en besluitnemingsverwante motiveringsprobleme (veroorsaak deur die invloed van
opleiding, betrekking en ervaring in die besluitnemingsproses). Die studie het ook probeer om die
algemene persepsie van die koöperatiewe benadering in die wynbedryf te bepaal. Die assessering wys
dat sentiment oor die koöperatiewe benadering die wynindustrie steeds bestaan. Die resultate van die
kwantitatiewe analise het verhoudings getoon tussen agt veranderlikes as invloedryke veranderlikes tot
die besluitnemingsproses Verder het die studie die ‘New Institutional Economics’ van eiendomsreg
gebruik en agentskap teorieë om die dilemmas van agentskappe binne die wynkoöperasies te bevestig.
Hierdie dilemmas word aan die einde van die studie aangespreek tesame met hul moontlike effek op die uitoefening van koöperatiewe bestuur. Oor die algemeen wys die studie dat verskille in lede
eienskappe kan lei tot verskillende vlakke van lede verwagtings en daarom, die stuur van die
organisasie in ’n ander rigting gedurende die besluitnemingsproses.
|
42 |
Concentrated market power and information asymmetry within the South African dairy supply chainBandama, Maureen 12 1900 (has links)
Thesis (MAgricAdmin)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Concentrated market power and information asymmetry represent forms of market failure within the South African dairy supply chain. Following deregulation, instead of large numbers of buyers and sellers so that no buyer or seller holds significant amount of power to influence the market; and perfect information availability and accessibility, the supply chain is characterised by market concentration at processor and retailer level as well as information asymmetry. South Africa‘s number of dairy farmers has declined by up to 50% since 1997, and they face a small number of processors which have regional dominance. These processors sell to a concentrated retail sector which is the main distribution channel for milk and dairy products. As processors and supermarkets emerge as major drivers within the dairy supply chain; processors in South Africa utilise the information asymmetry to engage in anticompetitive behaviour while supermarkets exert their power through the conditions of sale in contracts with processors as well as the threat of in-house brands. Farmers have less bargaining power and receive lower farm gate prices than they would have in the absence of concentrated market power and information asymmetry. Consequently, these market failures are detrimental to allocative efficiency and the enhancement of equity objectives.
By method of a literature based comparative analysis, this study investigates the nature and extent of concentrated market power and information asymmetry within the selected dairy countries namely; South Africa, Australia, Canada, New Zealand, UK, and USA. The dairy supply chains in these countries show a spectrum of government control, such as Canada‘s system of supply management, Australia‘s deregulated system, and the US system which is mostly characterised by government intervention. The study then analyses how the selected countries address market failure within the dairy supply chain. An analysis of agricultural and dairy policies and strategies within the selected countries shows that systems that are designed to consider broader social goals (equity) apart for economic efficiency are more successful in preventing problems of concentrated market power and information asymmetry. The ways that the selected countries address the problems of concentrated market power and information asymmetry are analysed for applicability to the South African dairy supply chain.
Is it recommended that in order to position the South African dairy supply chain to address problems of concentrated market power and information asymmetry effectively, a departure from the strict adherence to the market, to move towards a reregulated system in which broader social and environmental goals are considered by multiple stakeholders in formulating policy and strategy within the supply chain is required. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Markkonsentrasie en inligting asimmetrie as vorme van markmislukkings kom voor in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf. Sedert deregulering het die getalle kopers en verkopers steeds nie voldoende toegeneem sodat geen van hulle genoeg bedingingsmag het om die mark beduidend te beïnvloed nie. Verder is markinligting se beskikbaarheid en toeganklikheid steeds ontoereikend. Die suiwelaanbodketing word gekenmerk deur markkonsentrasie op verwerkings- en kleinhandelvlak. Inligting asimmetrie heers ook steeds. Die getal suiwelprodusente in Suid-Afrika het sedert 1997 met 50% gedaal. Die suiwelprodusente verkoop melk aan 'n klein getal melkverwerkers wat die mark op plaaslike vlak oorheers. Hierdie verwerkers verkoop weer aan 'n gekonsentreerde kleinhandelsektor wat as die belangrikste verspreiders van melk en verwerkte suiwelprodukte dien. Die verwerkers en kleinhandelaars is die pasaangeërs in die suiwelaanbodkanaal. Die verwerkers gebruik inligting asimmetrie in onmededingende optrede jeens primêre produsente en supermarkte oefen hul markkrag jeens verwerkers uit deur middel van verkoopsvoorwaardes en afdreiging met voorkeur vir eie handelsmerke. Primêre produsente se bedingingsmag krimp en hulle ontvang laer plaashekpryse as wat hulle sou ontvang in die afwesigheid van markkonsentrasie elders in die aanbodkanaal en in die afwesigheid van inligting asimmetrie. Hierdie markmislukkings benadeel die mark se allokasiedoeltreffendheid en die bevordering van billikheidsoorwegings.
Hierdie ondersoek behels 'n vergelykende ontleding van die aard en omvang van markkonsentrasie en inligting asimmetrie in geselekteerde suiwellande gegrond op 'n literatuurstudie. Die suiwellande is Suid Afrika, Australië, Kanada, Nieu Zeeland, Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika. Die suiwelaanbodkettings in hierdie lande bevind hulself op 'n wye spektrum van regeringsbeheer, byvoorbeeld Kanada se aanbodbestuurstelsel, Australië se gedereguleerde stelsel en die VSA se stelsel wat die groter mate van statutêre regulering verteenwoordig. Die ondersoek fokus op die wyse waarop die geselekteerde lande markmislukkings in hul onderskeie suiwelaanbodkettings aanspreek. Die ondersoek toon dat daardie suiwelaanbodkettings wat ingerig is om breër sosiale doelwitte soos billikheid te verreken, en dus wyer te fokus as bloot ekonomiese doeltreffendheid, meer suksesvol is om magskonsentrasie en inligting asimmetrie te voorkom. Die wyse waarop die geselekteerde lande magskonsentrasie en inligting asimmetrie hanteer word geevalueer in terme van die toepaslikheid daarvan vir die Suid-Afrikaanse suiwelaanbodketting. Teen hierdie agtergrond word aanbeveel dat afgewyk word van 'n streng navolging van die vrye mark beginsel om die probleem van markkonsentrasie en inligting asimmetrie effektief aan te spreek. 'n Meer gereguleerde stelsel waarin verskeie belangegroepe se breër sosiale en omgewingsbewaring doelwitte in ag geneem word by strategie- en beleidformulering in die suiwelaanbodketting, word voorgestel.
|
43 |
An econometric approach to estimating the unit cost of procducing milk in the South African dairy industryMndeme, Shafii Hussein 12 1900 (has links)
MScAgric / ABSTRACT: Small dairy farms in South Africa are observed to have higher costs than larger farms, and
whether those higher costs are due to technology or inefficiency has implications for policy.
This research focused on finding the curve that best represents the relationship between
average cost and level of output. That was done by relating average cost to actual output.
However, it was found to be more appropriate to relate average cost to planned output on the
basis that costs are more likely to reflect what the farmer expects output to be. As a result, a
pragmatic two-step procedure was adopted. In the first step, the farmer’s planned output was
determined by estimating a production function based on the farmer’s actual use of inputs,
i.e., land, number of cows in the herd, labour, feed and veterinary costs. In the second step,
the long-run average cost (LAC) curve was estimated where average cost is calculated as
total cost divided by planned output and this is then related to the level of planned output. To
identify the determinants of production cost thus the drivers of higher costs on small farms,
the cost of milk production by farm size was decomposed into frontier and efficiency
components with a stochastic cost curve and long run cost curve using data from dairy farms
in KwaZulu-Natal (South Africa). Financial data of 37 farms for the period 1999 to 2007
were used in econometrics estimation of long run average cost curve (LAC) function for
different level of production (as a proxy of planned output). Results show that average cost
curves exhibiting variation in unit cost with output thus suggesting the existence of
economies of size with larger farms being able to produce any given level of output at lower
costs compared to their smaller counterparts. The study found that long-run average cost
curve (LAC) for the sample of dairy farms is L-shaped rather than U-shaped.
|
44 |
Determinants of producers’ choice of wine grape cultivars in the South African wine industryMusango, Josephine Kaviti 12 1900 (has links)
Thesis (MAgricAdmin (Agricultural Economics))--University of Stellenbosch, 2005. / The wine industry is one of the oldest commercial activities in South Africa. The South African
wine grape industry annually produces more than a million tonnes of grapes, making the country
the ninth largest producer in the world. The total area under wine grape production is divided into
eight regions for administrative purposes. These boundaries are a legacy of the era of controlled
marketing and there is continued meaningfulness of having various classifications such as ‘wine of
origin’ scheme.
The purpose of this study is to identify the factors that determine the producers’ choice of wine
grape cultivars in the wine regions in South Africa. Time series data for the period 1990-2003 were
used to estimate the parameters of linear regression models. Two equations for each wine grape
cultivar in each region were postulated and estimated using Ordinary Least Squares as applied with
Eviews. Further, a stepwise regression as applied in STATISTICA was used to eliminate the
parameters that were not statistically significant at five percent significant level.
In identifying the factors that determine the choice of wine grape cultivars in the regions, the
results showed that each wine grape cultivar in each region has its own factors influencing the
producers’ choice of that specific wine grape cultivar. Same wine grape cultivars in different
regions similarly have its own factors determining the producers’ choice. The implication of this is
that there are differences in terms of the requirements and types of crops and wine grape cultivars
grown in each region. However, the most important result that emerged with regular frequency is
that, the factors determining the producers’ choice of a specific wine grape cultivar for each region
is price of other wine grape cultivars and competitive products in that wine region. The price of
specific wine grape cultivars only had an influence on few wine grape cultivars. The implication is
that the producers in South Africa appears to consider the prices of other wine grape cultivars and
competitive products before making a choice of whether to plant or uproot a specific wine grape
cultivar more than the price of the specific wine grape cultivar. This supports the theory that farm
prices play a key role in allocating resources and in rewarding efficient producers.
|
45 |
Scenario development to support strategic planning in the south african table grape industryNtombela, Sifiso Mboneni 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric (Agricultural Economics))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: The South African table grape industry has evolved significantly in the last two decades. Ever improving supply chain technologies, post-harvest technology innovation, and more efficient production inputs have all stimulated the production of table grapes in all five South African production regions. While the industry in general is well developed, from the late 1990s the competitiveness status of the South African table grape industry has been negative as far as international competitiveness is rated. Prior to this, from 1961 to 1998, the industry had recorded positive trends in competitiveness. The recent decline, from as early as the 2000s, in the competitiveness of the industry can be attributed to rising competition from alternate Southern Hemisphere suppliers, increasing production costs and export costs, as well as inadequate market diversification.
As a result of its negative competitiveness status, the table grape industry wants to diversify its export markets in order to improve and protect the industry‟s position in the global table grape markets. The objective of this study is to investigate the viability of specific export market diversification scenarios. The aim is to evaluate the potential impact on the table grape industry if export volumes were to be relocated from traditional to emerging markets, and the potential risk if the industry were to maintain the current market distribution. The study developed a deterministic farm-level model based on accounting principles as a tool for simulating and analysing the impact of changes in markets on the financial viability of farms under different scenarios. A scenario development process is adopted in this study as it offers the possibility of integrating various kinds of data in a consistent manner, and it can represent the views and expectations of several stakeholders simultaneously.
Three scenarios were developed: (i) Scenario 1 presents the continuation of current market distributions (i.e. 85% of South African exports are marketed in Europe and another 15% are distributed to other global markets); (ii) Scenario 2A depicts a situation where export volumes are slowly redistributed to emerging markets; and (iii) Scenario 2B presents a situation where export volumes are rapidly redistributed to emerging markets. The targets for both Scenarios 2A and 2B are to market 60% of South African exports to Europe and 40% to other global markets. Scenarios 2A and 2B are driven by similar factors, including improving industry information, globalisation, increasing competition, and table grape prices
An analysis of factors shaping the table grape export sector shows that the industry can no longer afford to send large export quantities predominantly to its traditional markets, due to increasing competition and diminishing market prices. Furthermore, the analysis shows that continuing with the current market diversification will have a negative impact on the industry, as farm returns, employment and farm units will decline under this scenario. The results suggest that the industry would be better off if export volumes were redistributed away from Europe to other markets. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Gedurende die laaste twee dekades het die Suid Afrikaanse Tafeldruif Industrie met rasse skrede vooruitgegaan. Dit kan grootliks toegeskryf word aan verbeterde tegnologiese ontwikkeling en innovasie in die voorsieningsketting en na-oes tegnologie arenas, asook aan meer doeltreffende produksie insette wat produksie toenames in al vyf die Suid Afrikaanse produksie areas gestimuleer het. Alhoewel die industrie relatief goed ontwikkeld was sedert sy ontstaan, was die kompeterende status daarvan meestal negatief sedert die 1990‟s, gemeet aan internasionale kompetisie. Daar was egter tussen 1961 en 1998 ook positiewe mededinging tendense. Die onlangse verlaagde vlakke van mededingendheid van die industrie (veral sedert die vroeë 2000‟s) kan toegeskryf word aan verhoogde kompetisie vanaf ander Suidelike Halfrond verskaffers, verhoogde produksie- en uitvoerkoste, asook aan onvoldoende mark diversifisering. As gevolg van die negatiewe mededingendheid status, wil die tafeldruif industrie sy uitvoer markte diversifiseer om te verseker dat die industrie sy posisie in die globale tafeldruif mark kan beskerm. Die doel van hierdie studie is dus om die lewensvatbaarheid van spesifieke uitvoer mark diversifisering scenario‟s te ondersoek. Daarmee saam is die potensiële impak op die industrie ook bepaal vir (a) „n hoë persentasie uitvoer volumes wat verskuif vanaf tradisionele markte na ontluikende market, of (b) wat die risiko sal wees indien die huidige markverspreiding vlakke behou word. Die studie ontwikkel „n deterministiese plaasvlak model, gebaseer op rekeningkundige beginsels, om as hulpmiddel te dien vir die simulering en analise van die impak van verandering van teikenmarkte op die fnansiële lewensvatbaarheid van plase onder verskillende omstandighede. „n Scenario intwikkelings proses word in hierdie studie aangeneem aangesien dit toelaat vir die integrasie van verskillende tipes data op „n eenvormige wyse, terwyl dit ook die sieninge en verwagtinge van verskeie rolspelers terselfdertyd kan verteenwoordig.
Drie scenario‟s word ontwikkel naamlik (i) Scenario 1: Dit verteenwoordig die huidige mark verspreiding (85% van Suid Afrikaanse uitvoere word in Europa bemark terwyl 15% versprei word na ander globale markte); (ii) Scenario 2A: Hier word die situasie uitgebeeld indien uitvoer volumes stadig herverdeel word na ontluikende markte; en (iii) Scenario 2B: Hier word die situasie uitgebeeld indien uitvoer volumes vinnig herverdeel word na ontluikende markte. Die teikens vir beide Scenario 2A en 2B is om 60% van die Suid Afrikaanse uitvoere in Europa te bemark en 40% in ander globale markte. Beide scenario‟s word deur dieselfde faktore gestu wat onder andere verbeterde industrie inligting, globalisering, verhoogde kompetisie en produk pryse insluit. „n Ontleding van die vormende faktore van die tafeldruif uitvoer sektor toon dat die industrie nie langer kan bekostig om hoë uitvoer volumes na die tradisionele markte te stuur nie, as gevolg van sterker kompetisie en krimpende markpryse. Die ontleding toon ook verder dat, indien voortgegaan word met die huidige mark diversifiserings model, die industrie negatief beïnvloed sal word in terme van verlaagde plaas inkomste, werkverskaffing en die aantal boerdery eenhede. Die uitslae dui dus daarop dat die industrie beter daaraan toe sal wees indien die huidige uitvoer volumes herverdeel kan word na ander (nie-Europese) markte.
|
46 |
The comparative performance of selected agribusiness companies and cooperatives in the Western Cape, South AfricaSikuka, Wellington 03 1900 (has links)
Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree of
Master of Science in Agriculture (Agricultural Economics) at Stellenbosch University / Thesis (MScAgric (Agricultural Economics))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: The main objective of the research is to understand the concept of cooperative conversions and compare the performance of converted cooperatives to those that never converted using financial accounting analysis and organisational dynamism. Even though the differences were relatively small, companies had the strongest relative financial performance than cooperatives. Companies had the strongest performances in asset and revenue growth. Average revenue growth for companies from 2004 to 2007 was 29% as compared to 15% by cooperatives and asset growth was 25% for companies compared to 12.5% by cooperatives. Results further indicate that for the past two years, cooperatives seem to be reporting decreasing performance in most of the financial ratios analysed. Thus, based on results from the financial analysis, operating as a company or converting from a cooperative to a company could result in slight increases in financial performance. Rapid change presents various challenges and opportunities for businesses in today‘s dynamic environment. As a result, business dynamism is becoming an increasingly important aspect and factor in determining success. Based on a dynamism score card, the study shows that companies are by far much more dynamic than cooperatives, with a score of 83.75 compared to 62.33 out of 100 respectively. However, cooperatives compare relatively well to companies in as far as organisational strategy, management, organisational structure and culture. Their limitations come from their property rights framework which is by far less dynamic than that of companies owing to the limitations and constraints of the Cooperatives Act (Act 14 of 2005). The main shortcomings of cooperative property rights were that of not allowing external investors into the cooperative and the one member one vote principle for primary cooperatives or the 15% cap for secondary cooperatives. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die vernaamste doelwit van hierdie navorsing was om die konsep van koöperatiewe omsettings te verstaan en die prestasie van omsette koöperasies te vergelyk met dié wat nog nooit deur middel van finansiële rekeningkundige analise en organisatoriese dinamisme omgesit is nie. Hoewel die verskille relatief klein was, het maatskappye die sterkste relatiewe finansiële prestasie gehad in vergelyking met koöperasies. Maatskappye het ook die sterkste prestasie in bate- en inkomstegroei getoon. Gemiddelde inkomstegroei vir maatskappye vanaf 2004 tot 2007 was 29%, in vergelyking met 15% vir koöperasies, terwyl bategroei vir maatskappye 25% was in vergelyking met 12.5% vir koöperasies. Die resultate toon verder dat koöperasies oor die afgelope twee jaar verminderde prestasie blyk te rapporteer in die meerderheid van die finansiële verhoudings wat geanaliseer is. Dus, op grond van die resultate van die finansiële analise, sal funksionering as ‘n maatskappy of omsetting van ‘n koöperasie na ‘n maatskappy kan lei tot ‘n effense verhoging in finansiële prestasie. Snelle verandering bied verskeie uitdagings en geleenthede vir maatskappye in die huidige dinamiese omgewing. Gevolglik is sakedinamisme besig om ‘n toenemend belangrike aspek en faktor in die bepaling van sukses te word. Op die basis van ‘n dinamisme-telkaart het hierdie studie getoon dat maatskappye baie meer dinamies is as koöperasies, met ‗n telling van 83.75 in vergelyking met 62.33 uit 100 onderskeidelik. Koöperasies vergelyk egter relatief goed met maatskappye in soverre dit organisatoriese strategie, bestuur, organisatoriese struktuur en kultuur behels. Hulle beperkings kom van hulle eiendomsregraamwerk, wat baie minder dinamies is as dié van maatskappye op grond van die beperkings van die Wet op Koöperasies (Wet 14 van 2005). Die vernaamste tekorte van koöperatiewe eiendomsregte is dat hulle nie eksterne beleggers in die koöperasie toelaat nie en die beginsel van een lid, een stem vir primêre koöperasies of die 15% perk op sekondêre koöperasies.
|
47 |
Koste besparende produksiepraktyke vir kleingraanproduksiestelsels in die Suid-KaapVan Eeden, F.J. (Frederick Jacobus) January 2000 (has links)
Thesis (M.Sc.Agric.)--StellenboschUniversity, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The protection that agriculture in South Africa enjoyed under the Marketing Act was
terminated in 1996 when the controlled marketing of agricultural products was
abolished. The grain industry and individual winter-grain producers in the Western
Cape is now compelled to be competitive internationally. The ability of local
producers to compete effectively can be improved by increased yields, a reduction
in production costs, higher import levies, import control and the weakening in the
exchange rate of the rand.
This investigation focuses on strategies aimed at reducing production costs as a
means of improving competitiveness. The field of this study is the winter-grain
producing sub-regions of the Southern Cape which are severly affected by the
deteriorating situation.
In the course of this investigation typical farming units were identified that can be
regarded as representative of farming activities in the specific sub-regions of the
Southern Cape. Existing literature as well as the opinions of authorities (group of
experts) on the subject were used as sources of information in the study of
cost-saving methods of production. The emphasis was therefore on the
identification and evaluation of appropriate alternative production practices. The
practice of minimum tillage with accomanying reduced input costs proved to have
merit. The current situation was evaluated with the assistance of a group of experts
and possible alternative practices were discussed. A financial cost-benefit analysis
was used to compare the current production practices with practices proposed in
this study in order to ascertain its feasibility.
Directives are offered to producers in order to reduce the production costs and
thereby become more cost-effective. Based on the results of the case studies in the
different sub-regions the conclusion was reached that the suggested alternative
practices can result in a reduction in production costs and thereby make a marked contribution towards the ability of winter-grain farmers in the Southern Cape to
improve their competitive position. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die deregulering van die Suid-Afrikaanse landbou in 1996, is aile beskerming
vanaf beheerrade aan produsente geskrap. Die graanbedryf in die Wes-Kaap is
nou onder groot druk om meer mededingend te wees teenoor internasionale
produsente en elke individuele produsent moet dus poog om so mededingend as
moontlik te wees. Die mededingende posisie van plaaslike produsente kan verbeter
word deur, onder andere, 'n verhoging in die eenheidsopbrengs, 'n verswakkende
wisselkoerswaarde van die Rand, invoertariewe en -kwotas en deur die verlaging
van insetkoste.
Hierdie ondersoek fokus op strategiee gemik op die verlaging van insetkostes ten
einde mededingendheid te verbeter. Die kleingraanproduserende sub-streke van
die Suid-Kaap, wat ook deur hierdie verswakkende mededingendheid-situasie
geraak word, dien as ondersoekgebied vir hierdie studie.
In die ondersoek is daar gefokus op die identifisering van tipiese boerdery-eenhede
wat as verteenwoordigend beskou kan word van die boerderybedrywighede in die
ge'identifiseerde sub-streke van die Suid-Kaap. Bestaande literatuur en menings
van bedryfskenners is gebruik as inligtingsbronne vir die ondersoek na
koste-besparende produksiemetodes. Die klem val dus op die identifikasie en
evaluasie van toepaslike alternatiewe produksiepraktyke. Die praktyk van
verminderde bewerking met die gepaardgaande verlaagde bewerkings- en ander
insetkoste het veral op die voorgrond getree. Die gedetailleerde ontleding van die
produksiepraktyke en gepaardgaande winsgewendheid van die huidige situasiesketse
van die verskillende gevallestudies dien as vertrekpunt vir die ontledings.
Deur gebruik te maak van 'n groep bedryfskenners (ekspertgroep) word die huidige
situasie beoordeel en moontlike alternatiewe praktyke wat gevolg kan word, word
bespreek en beoordeel. Die huidige produksiepraktyke word vergelyk met die
voorgestelde verbeterde produksiepraktyke met behulp van 'n tinansiele
voordeel-koste ontleding ten einde die haalbaarheid daarvan te evalueer. Daar word in hierdie ondersoek dus riglyne aan produsente verskaf waarvolgens te
werk gegaan kan word ten einde hul mededingende posisie deur middel van
koste-besparende produksiemetodes te verbeter. Vanuit die evaluering van die
gekose gevallestudies in die verskillende sub-streke is dit duidelik dat die
alternatiewe praktyke, soos voorgestel deur die bedryfskenners, kan lei tot 'n
verlaging van insetkoste en dus tot 'n verhoging in die mededingendheid van die
Suid-Kaapse kleingraanprodusent.
|
48 |
Opportunities, obstacles, and implications for ethical trade in the South African wine industryBrown, Mary Ashby 12 1900 (has links)
Thesis (MScAgricAdmin)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This research paper attempts to elucidate the main issues surrounding the integration of
ethical trade, meaning the building, monitoring, and communicating of social and/or
environmental responsibility, within the South African wine industry. The author first
establishes the hypothesis that social and/or environmental responsibility is important to
the South African wine industry, as this investment could theoretically provide the
industry with a competitive advantage in an increasingly cutthroat international wine
market by addressing the industry's most outstanding defects: the lack of quality
production, the need for investment in natural resources (labour and the environment), as
well as the call for building brand equity and niche marketing strategies. Put differently,
this paper suggests that the investment in social and/or environmental responsibility could
offer cost-saving benefits to the industry as well as paving a road to international market
access. This research first gives a background of ethical trade and determines a picture of
the current situation of the South African wine industry, and lastly, given this
information, derives the key opportunities, obstacles, and implications of the potential
amalgamation of ethical trade in the industry. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die belangrikste probleme rondom die integrering van
etiese handel, waarby bedoel word die bou, monitering en kommunikering van sosiale
en/of omgewingsverantwoordelike produksie, binne die Suid-Afrikaanse wynbedryf, toe
te lig. Eers word die belangrikheid van etiese handel vir die bedryf vasgestel, en word
redeneer dat sodanige belegging teoreties aan die bedryf 'n mededingende voordeel in die
internasionale mark kan bied deur aandag te gee aan sekerlik die belangrikste
tekortkominge in die Suid-Afrikaanse bedryf. Dit sluit in die gebrek aan genoegsame
kwaliteit-produksie, die behoefte aan belegging in kritiese hulpbronne, naamlik mense en
die omgewing, asook 'n wekroep vir belegging in handelsmerke en niche-strategieë.
Anders gestel, word die voorstel gemaak dat sulke beleggings tot voordeel van die bedryf
kan wees deur dat dit koste-besparings en verbeterde toegang tot die internasionale mark
teweeg kan bring. Daarom word die begrip etiese handel eers toegelig, gevolg deur 'n
strategiese ontleding van die Suid-Afrikaanse bedryf. Gegewe hierdie inligting, word die
sleutel geleenthede, beperkinge, en implikasies van die aanvaarding van etiese handel dan
ontleed.
|
49 |
Transaction cost as a basis for deciding on marketing channels in the rural meat markets of the northern communal areas of NamibiaDe Bruyn, Pietersarel 03 1900 (has links)
Thesis (MAgricAdmin)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Transaction cost economics has travelled a difficult and long path to general
acceptance in current economic opinion. The general theory of transaction cost
has however developed in various paradigms with little or no empirical backing. It
is mostly the difficulty of measurement that caused economists to shy away from
empirical testing and rather, to quote Coase (1992), "to write in prose".
The last 10 years there has been a renewed thrust for the empirical measurement
of transaction cost. This study is an attempt to measure transaction cost by using
case study data gathered in the run of the NOLIDEP study in the meat markets of
the Northern Communal areas of Namibia.
Until recently the method of data analysis that has been used in most empirical
studies was variations of the regression technique. Regression as a tool is most
useful in economics, giving quick answers and general trends to the researcher. It
is however a technique that is linear in nature and therefore some information in
the data will always be sacrificed. In general- and multi industry surveys this do not
pose a great problem as general trends can usefully be applied in making policy
recommendations. In smaller and especially rural industries this is not the case. The dynamic
interactions within the industry and its dynamic linkages with the rest of the
economy will surely be underrated when using a linear method.
Consequently, a non-linear technique was applied in this study - the Non-linear
Dynamic Model. This model gave the interactions between all variables enabling
one to describe the dynamics of the market.
As mentioned elsewhere the first aim of this study was to measure transaction
cost so that the second aim could be fulfilled. The second aim of this study was to
prove that transaction cost has an important influence on marketing channel
decision.
The analysis of the data satisfied the above two aims: Firstly it showed that it was
possible to measure transaction cost. Secondly that transaction cost has a large
and sometimes overriding influence on marketing channel decisions.
A third and last point that became apparent was that a non-linear method of data
analysis allows for better description of a dynamic market. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit het 'n lang tyd gevat vir transaksie koste om as konsep in ekonomie aanvaar te
word. Die algemene teorie van transaksie koste het egter ontwikkel binne verskeie
paradigmas sonder werklike empiriese ondersteuning. Dit is meestal die meting
van transaksie koste wat empiriese werk in die rigting belemmer het.
Daar is egter in die laaste 10 jaar hernude pogings gewees om transaksie koste
empiries te meet. Hierdie studie is 'n poging om transaksie koste te meet deur
gebruik te maak van data wat verkry is gedurende die NOLIDEP studie in die
noordelike kommunale gebiede van Namibia.
Tot onlangs was die metode van data analise vir empiriese studies variasies op
die regressie tegniek. As 'n hulpmiddel is regressie baie bruikbaar in ekonomie
waar vinnige antwoorde en algemene tendense verwag word. Die tegniek is egter
inhirent liniêr en daarom sal daar altyd interpretasies rondom data opgeoffer word.
In algemene studies is dit egter nie 'n probleem nie en kan voldoende beleids
aanbevelings gedoen word.
Dit is egter nie die geval in kleiner en plantelandse industriëe nie. Die dinamiese
interaksies binne die industrie en die dinamiese skakels met die res van die ekonomie word dan onderskat met die gebruik van 'n liniêre metode. Daarom is 'n
nie-liniêre metode gebruik, die Non-linear Dynamic Model. Die model neem die
interaksie tussen veranderlikes in ag wat die beskrywing van dinamika moontlik
maak.
Soos reeds genoem is die eerste doel van die studie om transaksie koste te meet
sodat die tweede doelwit van die studie bereik kan word. Die tweede doel is om te
bewys dat transaksie koste bemarkingskanaai besluite bëinvloed.
Die data analise het beide bogenoemde doelwitte bevredig. Eerstens dat
transaksie koste meetbaar is. Tweedens dat transaksie koste 'n groot en selfs
oorweldigende effek het op bemarkingskanaai besluite.
'n Derde punt wat sterk na vore gekom het is dat nie-liniêre metodes 'n beter
beskrywing van dinamika toelaat.
|
50 |
A financial cost-benefit analysis of the implementation of a small-camp system in ostrich farming to allow veld restorationMugido, Worship 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric (Agricultural Economics))--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Before the ostrich industry started in the Klein Karoo region of South Africa in 1863, the veld
was used mainly for large and small stock production. Returns per hectare (ha) from large
and small stock production are low due to the low carrying capacity of the veld in this region.
However, when the veld is utilised predominantly to provide space for breeding ostriches
sustained mainly by lucerne-based feed supplements, the limited-feed production capacity no
longer determines the long-term stocking rate. The returns, per ha, from ostrich production
can therefore be much higher than from sheep, goats and cattle. This has resulted in high
ostrich stocking rates, which in turn, has caused degradation to most of the veld to a greater
or lesser extent. Driven by a personal conviction to manage the veld sustainably, as well as by
a fear of environmental damage connotations for ostrich leather products, which could restrict
market access, ostrich farmers in the Klein Karoo, represented by the South African Ostrich
Business Chamber (SAOBC), increasingly place an emphasis on veld restoration.
The various phases of ostrich production are breeding and hatching eggs to produce day-old
chicks, rearing chicks, raising birds, and the final phase of weight addition to slaughter. The
phase that is considered in this study is the production of day-old chicks. There are two
systems that can be used for producing day-old ostrich chicks, namely, the flock breeding
system and the small-camp system. Shifting from the flock breeding system to the smallcamp
system will enable the farmer to practice genetic selection. This switch from the flock
breeding system to the small-camp system requires the farmer to invest in fencing material.
The SAOBC requested a study to determine whether the expected private benefits from
moving breeding ostriches to small camps in order to free up the large veld camps for veld
restoration would justify investing in these small camps. If this investment is not financially
justified, the veld restoration will have to be financed via payment for ecosystem services.
Both passive and active veld restoration techniques are considered in this study. Passive
restoration requires the farmer to invest in fencing material needed for the erection of the
small camps. Active restoration requires the farmer to invest not only in fencing material, but
also in soil manipulation and seeding.
The main aim of this study is to find out if the private (financial) benefits from the switch to
small camps can compensate for fencing costs, without the cost of active restoration, or if the
switch to small camps can compensate for fencing costs with the cost of active restoration.
Typical farm models were developed for this purpose, and the results showed that the private
benefits compensate for the investment cost of fencing material used for passive restoration
as well as for restoration of 10% of the veld that is heavily degraded. When the full cost of
active restoration of the moderately degraded veld (30%) was added, the private benefits
could not compensate for the full restoration cost. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Voordat die volstruisbedryf in 1863 in die Klein Karoo ontstaan het, is die veld hoofsaaklik
gebruik vir groot- en kleinveeproduksie. Die wins per hektaar van groot- en kleinvee
produksie in hierdie streek is laag weens die lae drakrag van veld. Wanneer die veld egter
primêr aangewend word vir ruimte vir volstruise wat met lusern gebaseerde rantsoene gevoer
word, bepaal die natuurlike drakrag nie meer die belading met volstruise oor die langer
termyn nie. Die wins per hektaar uit volstruisboerdery kan dus veel hoër wees as wat met
skape, bokke of beeste gegenereer kan word. Dit het hoë belading met volstruise tot gevolg
gehad wat vernieling van meeste van die veld tot gevolg gehad het. Gedryf deur persoonlike
oortuiging om die veld volhoubaar te benut, sowel as deur vrees dat die vernielde veld die
beeld van die volstruisbedryf mag skaad en internasionle marktoegang mag belemmer, het
volstruisprodusente in die Klein Karoo, verteenwoordig deur die Suid-Afrikaanse
Volstruisbesigheidskamer (SAVBK), toenemend klem begin plaas op veldrestorasie.
Die verskillende fases van volstruisproduksie sluit in teling en uitbroei van eiers om dagoud
kuikens te lewer, kuikens grootmaak, voëls grootmaak en massa toename tot by slag. Die
verskillende fases word dikwels deur verskillende produsente behartig. Die fase waarop in
hierdie ondersoek gefokus word is die produksie van dagoud kuikens. Daar bestaan twee
stelsels vir die produksie van dagoud kuikens, naamlik tropparing en die kleinkamp stelsel.
Die oorskakeling van tropparing na die kleinkamp stelsel stel die produsent in staat om
genetiese seleksie toe te pas, maar dit verg investering in omheiningsmateriaal.
Die SAVBK het ‘n ondersoek aangevra om te bepaal of die verwagte privaat voordele wat
verkry kan word uit die oorskakeling na die kleinkamp stelsel om veldrestorasie moontlik te
maak, die investering in die kleinkampe sal regverdig. Indien die investering nie finansieel
geregverdig kan word nie, sal verder gekyk moet word na finansiering vanuit betaling vir
ekostelsel dienste wat moontlik bevorder kan word deur die veldrestorasie. Die koste van
beide passiewe en aktiewe veldrestorasie tegnieke word in hierdie ondersoek gedek. Passiewe
restorasie vereis alleen van die produsent om te investeer in omheiningsmateriaal vir
kleinkampe. Aktiewe restorasie vereis investering in omheiningsmateriaal vir kleinkampe en
betaling vir grondmanipulasie en saad vir die hervestiging van plante.
Die doel van die ondersoek is om te bepaal of die privaat (finansiële) voordele van die
oorskakeling na kleinkampe kan kompenseer vir die investering in omheiningsmateriaal met
aktiewe veldrestorasie en sonder aktiewe veldrestorasie (dus passiewe restorasie). Tipiese
plaasmodelle is hiervoor ontwikkel. Die resultate toon dat die privaat voordele wel kan
kompenseer vir die omheiningskoste van kleinkampe benodig vir passiewe restorasie en vir
aktiewe restorasie van 10% van die veld wat die meeste verniel is. Wanneer die koste van
restorasie van 30% van die veld wat matig verniel is, bygevoeg word, is die privaat voordele
ontoereikend om die totale restorasiekoste te dek.
|
Page generated in 0.0727 seconds