Spelling suggestions: "subject:"etheses -- didactics"" "subject:"etheses -- didactic's""
1 |
The development, implementation, validation and evaluation of a continuing professional development learning programme for nurses working in Saudi ArabiaButler, Mollie 10 1900 (has links)
Dissertation (PhD)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: The Saudi Arabian Government has implemented a nation-wide policy to prepare its people for the
workforce and has directed that the Saudi Council for Health Specialties (SCHS) be established.
Under the SCHS umbrella the Saudi Nursing Board (SNB) has been formed for the purpose of
regulating the nursing profession. While Saudi Arabia has for many years been dependent on the
international community for nurses, it is now establishing its own nursing workforce. One challenge
for the SCHS and the SNB is to ensure that practice standards are developed, since ultimately
nursing practice affects the quality of the patient services and patient health outcomes.
The Saudi nursing profession has a responsibility to develop its social mandate and provide a full
range of services to the Saudi public. Systems and education programmes are required for all
aspects of the regulatory process, including continuing professional development. Effective
regulation systems are not based on a “one size fits all” approach. Furthermore, nurses need to
insist on high quality education to develop both basic and ongoing competence and should be able
to depend on the profession for social status and credibility.
The purpose of this research was to develop, implement, validate and evaluate a continuing
professional development learning programme for nurses working in Saudi Arabia. The learning
programme was built from a vision of nurses (regardless of country) engaging in lifelong learning
for the purpose of ensuring quality patient care and population health. The development of a
continuing professional development learning programme is an initial step in fulfilling the need for
educational structures to support standards of practice.
The overall outcome of the research was functional by nature in that the knowledge of continuing
professional development in nursing was generated and applied to nursing practice in Saudi
Arabia. In view of the nature of the question, a mixed methodology was selected. Although the
qualitative aspect was dominant, both the qualitative and quantitative aspects were used
simultaneously. The design included exploratory and descriptive aspects. Furthermore, the
researcher employed qualitative methods to develop, implement and evaluate the provisional learning programme and quantitative methods to validate the provisional programme, resulting in a
partial explanation of the research phenomenon. The primary theoretical drive was inductive, as
the purpose was to discover rather than to test the learning programme contents.
Botes’ Research Model and King’s Theory of Goal Attainment were utilised. They complemented
each other, as they both support a comprehensive, dynamic scientific approach to learning (health)
outcomes influenced by the quality of nursing practice and practice environment.
The research, which was outcomes–based, was carried out in the context of quality patient care
(population health) and nursing practice situated within the Saudi Arabian setting, where the
nursing regulatory system is emerging. As the questionnaire mean ( X ) results revealed scores
of 3.0 to 3.9, data saturation was achieved during the first round of the Delphi technique. Fourteen
experts from six different countries were asked to validate the provisional learning programme,
which was duly done. The programme was implemented in a tertiary research hospital in Saudi
Arabia. Formative and summative evaluations were also conducted. The results of the
implementation and evaluation affirmed the effectiveness of the learning programme.
Boyer’s Model for Scholarship was used to triangulate the research findings. These results formed
the basis for the recommendations and final summary. The five broad recommendations that
emerged from the research were that nurses should take on self-regulatory and leadership
responsibilities; that they should engage in continuing professional development collaboration; that
the nursing profession’s self-regulation responsibilities be acknowledged; that a healthy (quality)
workplace environment be ensured; and that further research be done in this field. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die regering van Saoedi-Arabië het ʼn landwye beleid geïmplementeer om die mense van die land
vir die arbeidsmag voor te berei en het opdrag gegee vir die stigting van die Saudi Council for
Health Specialties (SCHS,) ʼn raad wat spesifiek met gesondheidsdienste gemoeid is. Die Saoedi
Raad vir Verpleging (Saudi Nursing Board oftewel SNB) is tot stand gebring met die doel om die
verpleegdiens in die land te reguleer. Nadat Saoedi-Arabië vir baie jare van die internasionale
gemeenskap vir verpleegkundiges afhanklik was, word ʼn eie verpleegkorps nou in die land
gevestig. Een van die uitdagings waarmee die SCHS en die SNB te kampe het, is die
noodsaaklikheid om te verseker dat standaarde vir die praktyk ontwikkel word, aangesien die
verpleegpraktyk inderdaad die gehalte van pasiënte-diens en gesondheidsuitkomste beïnvloed.
Die verpleegberoep in Saoedi-Arabië is daarvoor verantwoordelik om sy maatskaplike mandaat te
ontwikkel en ʼn volledige reeks dienste aan die mense van die land beskikbaar te stel. Stelsels en
opvoedkundige programme is nodig vir alle aspekte van die reguleringsproses. Dit sluit
voortgesette professionele ontwikkeling in. Vir ʼn reguleringstelsel om werklik doeltreffend te wees
moet dit op spesifieke behoeftes gerig wees en kan een stelsel nie aan al die vereistes van diverse
instellings voldoen nie. Dit is noodsaaklik dat verpleegkundiges op onderrig van ʼn hoë gehalte
aandring ten einde basiese en voortgaande bevoegdheid te ontwikkel. Daarbenewens behoort
hulle op die beroep te kan steun vir sosiale status en geloofwaardigheid.
Die doel van hierdie navorsing was om ʼn voortgesette leerprogram vir die professionele
ontwikkeling van verpleegkundiges wat in Saoedi-Arabië werk, te ontwikkel, te implementeer, te
valideer en te evalueer. Die leerprogram het onstaan uit ʼn visie van verpleegsters (ongeag hulle
land van oorsprong) wat hulle met lewenslange leer besig hou met die doel om diens van ʼn hoë
gehalte aan pasiënte asook bevolkingsgesondheid te verseker. Met die ontwikkeling van ʼn
leerprogram vir voortgesette professionele ontwikkeling is die eerste stap gedoen om in die
behoefte aan opvoedkundige strukture ter ondersteuning van praktykstandaarde te voorsien. Die algehele uitkoms van die navorsing was funksioneel van aard deurdat die kennis van
voortgesette professionele ontwikkeling in verpleging deur die verpleegpraktyk in Saoedi-Arabië
gegenereer en ook daarop toegepas is. Vanweë die aard van die navorsingsvraag is besluit om ʼn
gemengde metodologie, dit is kwalitatiewe en kwantitatiewe aspekte gelyktydig te gebruik, met die
kwalitatiewe aspek as die dominante metode. Sowel verkennende as beskrywende aspekte is in
die ontwerp ingesluit. Daarbenewens het die navorser kwalitatiewe metodes gebruik om die
voorlopige leerprogram te ontwikkel, te implementeer en te evalueer, en kwantitatiewe metodes om
die voorlopige program te valideer. Die navorsingsverskynsel is deur middel van ʼn gedeeltelike
verklarende metode ontleed. Die primêre teoretiese dryfkrag was induktief, aangesien dit die doel
van die navorsing was om die leerprogram se inhoud te ontdek eerder as om dit te toets.
Daar is van Botes se Navorsingsmodel en King se Teorie van Doelbereiking (Theory of Goal
Attainment) gebruik gemaak. Hulle het mekaar aangevul aangesien albei ʼn omvangryke,
dinamiese wetenskaplike benadering tot leer- (gesondheid-) uitkomste, wat deur die gehalte van
verpleegpraktyk en die praktykomgewing beïnvloed word, ondersteun.
Die navorsing, wat uitkomsgebaseerd was, is uitgevoer binne die konteks van pasiëntediens van
gehalte (bevolkingsgesondheid) en verpleegpraktyk, gesetel in die Saoedi-Arabiese milieu, waar
die reguleringstelsel vir verpleegkunde aan die ontwikkel is. Data saturasie is reeds bevestig
tydens die eerste rondte van die Delphi tegniek met gemiddelde tellings van ( X ) 3,0 en 3,9. Die
navorsingsontwerp is daardeur verder versterk. Veertien deskundiges van ses verskillende lande
is gevra om die voorlopige leerprogram te valideer, wat hulle ook gedoen het. Die program is in ʼn
tersiêre navorsingshospitaal in Saoedi-Arabië geïmplementeer. Formatiewe en summatiewe
evaluering is gedoen en die resultate van die implementering en evaluering het die
doeltreffendheid van die leerprogram bevestig.
Boyer se Wetenskaplikheidsmodel (Model for Scholarship) is gebruik om die navorsingsbevindinge
te staaf. Hierdie resultate het die grondslag gelê vir die aanbevelings en die finale opsomming.
Die vyf breë aanbevelings wat uit die navorsing voortgekom het was dat verpleegkundiges selfregulerende
en leierskapverantwoordelikhede aanvaar; dat hulle aan samewerkingsaksies ten
opsigte van voortgesette professionele ontwikkeling deelneem; dat die verpleegberoep se verantwoordelikhede ten opsigte van selfregulering erken word; dat ʼn gesonde (gehalte-)
werkomgewing verseker word; en dat verdere navorsing op hierdie gebied gedoen word.
|
2 |
HIV/AIDS education and the professional development of teachers : investigating the potential of an e-learning programmeFerreira, Pieter 10 1900 (has links)
Thesis (DPhil)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: The focus of my study was to investigate an existing professional development programme for HIV/AIDS education in schools using e-learning as a delivery method. I investigated aspects of pedagogy that provide efficient workplace training for educators, such as constructivist approaches to adult teaching and learning, assessment strategies, creating opportunities for communication and a focus on learners’ voices as crucial elements of in-service training. I reviewed the advantages and disadvantages of e-learning as a delivery method and discussed the trade-off between richness and reach in education.
I focused on interpreting and making meaning from the experiences of the educators who participated in the e-learning pilot study. I scrutinised the participants’ electronically submitted journals in which they documented their experiences of the HIV/AIDS and Education module. My aim was to interpret their descriptions of how they experienced their growth as educators and to analyse their views on how the module enabled them to implement courses on HIV/AIDS across the curriculum.
My research methodology was a combination of interpretative and critical research, focusing on interpreting and making meaning from the experiences of the individuals who took part in the study. To produce data I used a cyclical process where the participants performed key roles, giving regular feedback, recording their experiences and contributing to the upgrading of the programme.
HIV/AIDS and its possible impact on education have changed the rules of many aspects of classroom learning programme development, including sex and sexuality education. The Department of Education alone can therefore not sustain quality HIV/AIDS education, and it is imperative that departmental efforts should be augmented by tapping into existing professional development programmes offered by higher education institutions. I also support the international tendency that integrates aspects of HIV/AIDS education into all the Learning Areas because HIV/AIDS affects all aspects of life. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die fokus van hierdie studie was om ’n bestaande professionele ontwikkelingsprogram, vir MIV/vigs-onderrig in skole te ondersoek. E-leer as ’n geskikte onderrigmetode het deel van hierdie ondersoek gevorm. Ek het verskeie pedagogiese aspekte ondersoek wat geskikte indiensopleiding vir opvoeders bied, onder andere konstruktivistiese benaderings tot volwasse onderrig-en-leer, assesseringstrategieë, die skep van kommunikasiegeleenthede asook ’n besinning oor die belangrikheid van deelnemers se opinies. Die voordele en nadele van e-leer as ’n geskikte onderrigmetode en die balans wat tussen reikwydte (“reach”) en volheid (“richness”) gehandhaaf moet word, is krities bespreek. Ek het die elektronies ingehandigde joernale, waarin deelnemers hulle ervarings van die HIV/AIDS and Education-module gedokumenteer het, bestudeer om hulle ervarings te ontleed en te vertolk. My doel was om hulle sienings oor hulle persoonlike groei as opvoeders en hoe die module hulle bemagtig het om MIV/vigs-onderrig in alle leerareas oor die kurrikulum heen te kan implimenteer, te dokumenteer.
My navorsingsmetodologie was ’n kombinasie van interpretatiewe en kritiese metodologie en ek het gefokus op die interpretasie en meningvorming van die deelnemers na aanleiding van hulle ervarings. Om data te genereer (produce) het ek ’n sikliese proses gebruik waarin deelnemers sleutelrolle vervul het, soos om gereelde terugvoer te lewer, ervarings aan te teken en bydraes te lewer om die program te verbeter.
MIV/vigs en die moontlike impak wat dit op onderwys en onderrig kan hê, het die reëls van leerprogramontwikkelling verander, met inbegrip van onderrig oor seks en seksualiteit. Die Nationale Departement van Onderwys (NDvO) kan nie alleen MIV/vigs-onderrig van gehalte verseker nie, dit is dus noodsaaklik dat die NDvO se pogings ondersteun moet word. Die NDvO behoort gebruik te maak van bestaande hoër opvoedkundige instansies se professionele ontwikkelingsprogramme. Ek ondersteun ook die internasionale tendens waar MIV/vigs-onderrig in alle leerareas geïnkorporeer word, aangesien MIV/vigs ’n impak op alle aspekte van die lewe het.
|
3 |
The development of a training model for peer learning facilitators in adolescent reproductive health in ZambiaMunalula-Nkandu, Esther 04 1900 (has links)
Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2006 / ENGLISH ABSTRACT: Zambia is reported to have high levels of maternal morbidity and mortality due to low
contraceptive prevalence rates, over 50% of births not being attended to by skilled
persons, and teenage pregnancies. A number of organisations (stakeholders) have
invested in the training of adolescent reproductive health peer educators with the aim of
empowering them to be role models to their peers in reproductive health, but Zambia
does not have a generic and locally developed training programme for peer educators.
The purpose of this study was to develop a training programme that would produce
competent and more effective peer educators for Zambia. The objectives were to
determine the characteristics of the ideal peer educator. Further objectives were to
ascertain the factors that contribute to or impair the development of the ideal peer
educator, and to determine whether training programmes that were being used were
producing ideal peer educators and enhancing healthy lifestyle behaviours.
Key stakeholders participated in group interviews were they presented and critiqued their
training programmes. Emerging out of this process was a draft training programme,
developed by the stakeholders.
Focus Group Discussions (FGDs) were held with adolescent peer educators from Lusaka,
Kafue, Livingstone and Maheba refugee camp. Data were analysed by triangulating the
outcomes of the group interviews (with the stakeholders) with the outcomes of the FGDs
and reviewed literature. The FGDs highlighted the characteristics of an ideal peer educator as well as factors that
contribute towards his/her competence development. Numerous factors were reported
that had a negative impact on the development of an ideal peer educator.
The peer educators reported that their training had had a positive effect on their lifestyle
behaviours. While they had gained more knowledge on HIV and AIDS, they
recommended more training on other health issues. The study found that at community
level, peer educators were not being given adequate respect because the concept of
voluntary work was not readily accepted and they were regarded as failures in life. Major
demotivating factors were the lack of payment of incentives and the fact that peer
educators were not certified. Peer educators did not receive sufficient support from
programme managers/coordinators to enable them to become more effective at
community level. Weaknesses in the way the training programmes were conducted were
also discerned.
Based on the findings of this study, it is recommended that more life skills’ development
be promoted for peer educators. Training should be contextualised for the communities
in which the peer educators work. The developed training programme, which should be
used as a guide, should be repackaged to suit the profiles (e.g. values) of the different
communities. Adolescents and various social sectors (inclusive of indicated
stakeholders) ought to be involved in diagnosing community needs so as to influence
both peers and communities in a way that would promote adolescent reproductive health.
This study also recommends a more informal way of practising peer education, which would produce trainees who would be peer educators and role models in any given
setting. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Na berig word is die hoë siekte- en sterftesyfers onder moeders in Zambië daaraan te
wyte dat voorbehoedmiddels nie algemeen gebruik word nie, dat meer as 50% van
geboortes plaasvind sonder die bystand van bekwame persone, en dat daar ‘n hoë
voorkoms van tienerswangerskappe is. ‘n Aantal organisasies (belanghebbers) het in die
opleiding van adolessent- portuurgroep-opvoeders in reproduktiewe gesondheid belê ten
einde hierdie portuurgroep-opvoeders te bemagtig om as rolmodelle in reproduktiewe
gesondheid op te tree. Zambië het egter nie ‘n eie generiese, plaaslik-ontwikkelde
opleidingsprogram vir portuurgroep-opvoeders nie.
Die doel van hierdie studie was om ‘n opleidingsmodel en opleidingsprogram te
ontwikkel wat bekwame en meer effektiewe portuurgroep-opvoeders vir Zambië sou kon
oplewer. Die doelstellings was om die kenmerke van ‘n ideale portuurgroep-opvoeder te
bepaal en om die faktore te identifiseer wat óf tot die ontwikkeling van ‘n ideale
portuurgroep-opvoeder bydra óf sy/haar ontwikkeling strem. Daar moes ook vasgestel
word of bestaande opleidingsprogramme ideale portuurgroep-opvoeders oplewer en
gevolglik gesonde leefstylgedrag bevorder.
Die navorser het groeponderhoude gebruik en betekenisvolle belanghebbers genooi om
hulle opleidingsprogramme aan te bied, te beoordeel en krities te bespreek. ‘n Konsepopleidingsprogram
wat deur die belanghebbers ontwikkel is, het uit hierdie proses
ontstaan. Fokusgroepbesprekings (Engels: Focus Group Discussions of FGDs) is met adolessente
portuurgroep-opvoeders van Lusaka, Kafue, Livingstone en die Maheba-vlugtelingekamp
gehou. Data is ontleed deur die uitkomste van die groeponderhoude (met die
deelhebbers) met die uitkomste van die fokusgroepbesprekings en die bespreekte
literatuur te trianguleer.
Die fokusgroepbesprekings het die soeklig op die kenmerke van die ideale portuurgroepopvoeder
asook op die faktore wat tot sy/haar bekwaamheidsontwikkeling bydra, laat
val. Talle faktore wat ‘n negatiewe uitwerking op die ontwikkeling van ‘n ideale
portuurgroep-opvoeder het, is ook vasgestel.
Die portuurgroep-opvoeders het bevestig dat hul opleiding ‘n positiewe invloed op hul
lewenstylgedrag gehad het. Terwyl hulle genoem het dat hulle meer kennis oor MIV en
VIGS opgedoen het, het hulle aanbeveel dat daar ook meer klem op ander
gesondheidskwessies behoort te wees. In hierdie studie is daar bevind dat portuurgroepopvoeders
op gemeenskapsvlak nie met voldoende respek behandel word nie. Die begrip
van vrywillige werk word nie geredelik aanvaar nie, en die opvoeders word as
mislukkings beskou. Faktore wat besonder ontmoedigend inwerk is die gebrek aan ‘n
aansporingsloon en die feit dat portuurgroep-opvoeders nie sertifikate ontvang nie.
Portuurgroep-opvoeders het ook nie voldoende ondersteuning van programbestuurders/-
koördineerders ontvang om hulle in staat te stel om meer effektief op gemeenskapsvlak
op te tree nie. Daar is voorts swakhede opgemerk in die wyse waarop die
opleidingsprogramme uitgevoer is. Gegrond op die bevindinge van hierdie studie, word daar aanbeveel dat die ontwikkeling
van lewensvaardighede tot ‘n groter mate bevorder word. Opleiding behoort
gekontekstualiseer te word vir die gemeenskappe waarbinne die opvoeders werk. Die
bestaande opleidingsprogram, wat as ‘n riglyn gebruik behoort te word, behoort
herstruktureer te word om by die profiele (bv. die waardes) van die verskillende
gemeenskappe in te pas. Adolessente en verskillende sosiale sektore (insluitend die
aangeduide belanghebbers) behoort betrokke te wees by die bepaling van die gemeenskap
se behoeftes ten einde beide portuurgroepe en gemeenskappe so te beïnvloed dat
adolessente- reproduktiewe gesondheid bevoordeel sal word. Hierdie studie beveel ook
aan dat portuurgroep-opvoeding op ‘n informeler grondslag beoefen behoort te word
sodat die kwekelinge uiteindelik in enige gegewe omgewing suksesvolle portuurgroepopvoeders
en rolmodelle sal kan wees.
|
Page generated in 0.0616 seconds