Spelling suggestions: "subject:"etheses -- cursing science"" "subject:"etheses -- coursing science""
1 |
The role of the clinical preceptor in enhancing nursing education at a nursing collegePadayachee, Poovanesthree 12 1900 (has links)
Thesis (MCurr)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The profession of nursing is a twofold vocation that has a scientific theory as the
foundation of all nursing intervention or skill.
Despite clinical preceptorship being a useful strategy of teaching, many training
hospitals and clinical facilities are without this avenue of learning and where
available, it is often not optimally utilised.
The aim of this study was to explore the role of the clinical preceptor in enhancing
nursing education at Edendale Hospital and Edendale campus of a nursing college.
A mixed method approach was applied utilizing both qualitative and quantitative
methods to collect information about the experiences and challenges as well as
clarify existing problems.
Samples were drawn from all stakeholders of nursing education i.e. nursing
students, nurse educators and ward managers of Edendale Hospital and Campus
using random and purposive sampling respectively. Data were collected using selfadministered
questionnaires for students and nursing managers and an interview
guide for focus group interviews for nurse educators. Ethical approval was sought
from the Health Research Ethics Committee at the Faculty of Medicine and Health
Sciences at Stellenbosch University, the Department of Health, the Kwazulu-Natal
College of Nursing and Edendale Hospital and Campus.
The findings of this study support Weidenbach’s Prescriptive Theory in which the
author maintains that nursing is a practice discipline designed to produce explicit
desired results which here refers to the enhancing of nursing education with the
contribution of clinical preceptorship. Patricia Benner’s Dreyfus and novice to expert
models were used to express the need for meaningful practical experience in nursing
students and to shows nurse educators how to identify the practical learning needs
of the students and assist them acquire competence. The results of the study suggest that the clinical preceptor is a mentor and a guide
who facilitates the correlation of theory and practice in nursing education. The results
also suggest that students are experiencing problems in clinical practice and that
clinical preceptorship is needed. A number of recommendations are made based on
limitations identified in the present teaching-learning process. One of the
recommendations is that partnership building strategies be fostered between the
hospital, the campus and the Faculty of Nursing Education. This team approach
could clearly define the role of the clinical preceptor to ensure optimum nursing
education. Further research is recommended. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Verpleging is ’n tweeledige beroep met ’n wetenskaplike teorie as grondslag vir elke
verpleegintervensie of -vaardigheid.
Ten spyte daarvan dat kliniese instruksie (“preceptorship”) ’n nuttige
onderrigstrategie is, ontbreek dit by baie opleidingshospitale en kliniese fasiliteite, en
waar dit beskikbaar is, word dit dikwels suboptimaal aangewend.
Die doel van hierdie studie was om ondersoek in te stel na hoe belanghebbendes by
verpleegopleiding by Edendale-hospitaal en -verpleegkampus kliniese instruksie
ervaar, en om sodoende vas te stel of kliniese instruksie verpleegopleiding by
daardie fasiliteite versterk.
’n Gemengde benadering van sowel kwalitatiewe as kwantitatiewe metodes is
gevolg om inligting oor die ervarings en uitdagings in te win en bestaande probleme
te verklaar.
Steekproewe is met behulp van onderskeidelik lukrake en doelbewuste seleksie uit
alle belanghebbendes by verpleegopleiding by Edendale-hospitaal en -
verpleegkampus geneem, met inbegrip van verpleegstudente, verpleegopvoeders en
saalbestuurders. Data is deur middel van selfvoltooiingsvraelyste vir studente en
eenheidsbestuurders, en ’n onderhoudsgids vir fokusgroepgesprekke met
verpleegopvoeders ingesamel. Etiekgoedkeuring is verkry van die
Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en
Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, die Departement van
Gesondheid, die KwaZulu-Natalse Verpleegkollege sowel as Edendale-hospitaal en -
verpleegkampus.
Die bevindinge van die studie ondersteun Wiedenbach se voorskriftelike teorie,
waarin sy volhou dat verpleging ’n praktiese dissipline is wat ontwerp is om bepaalde
gewenste resultate te behaal. Patricia Benner se Dreyfus- en beginner-tot-kennermodel
is ook gebruik om die behoefte aan sinvolle praktiese ervaring by
verpleegstudente te staaf, en om verpleegopvoeders te wys hoe om studente se
praktiese leerbehoeftes te bepaal en hulle vaardighede te help ontwikkel. Die resultate van die studie dui daarop dat die kliniese instrukteer as mentor en
begeleier die korrelasie tussen teorie en die praktyk van verpleegonderwys fasiliteer.
Die resultate dui verder daarop dat student probleme in kliniese praktyk ervar en
kliniese instruksie benodig. ’n Aantal aanbevelings word gedoen op grond van
beperkinge wat in die huidige onderrig-en-leer-proses uitgewys is. Een van die
aanbevelings is die ontwikkeling van strategieë om vennootskappe tussen die
hospitaal, die verpleegkampus en die fakulteit verpleegkunde te bou. Hierdie
spanbenadering kan die rol van die kliniese instrukteur duidelik omlyn ten einde
optimale verpleegopleiding te verseker. Verdere navorsing word aanbeveel.
|
2 |
Exploring the experiences of enrolled nurses regarding quality nursing care in general nursing units in the private healthcare settingHaakestad, Andrea 12 1900 (has links)
Thesis (MCurr)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: In South Africa, currently enrolled nurses make up the largest proportion of members of the
nursing healthcare team. As in direct contact with patients it is essential that the practice
environment supports patient and nursing outcomes. Studies confirm the complexity of the
practice environment and the impact on both personnel and on the quality of nursing care
provided. Job satisfaction is integrally linked to the quality and safety of care provided.
The scarcity of registered professional nurses, particularly in the South African context, has
resulted in enrolled nurses being widely used to continue to deliver acute care in quite complex
situations. It is well documented that the use of suboptimal nursing personnel levels or
substituting enrolled nurses for registered professional nurses is associated with an increase of
adverse events such as infections, pressure ulcers and unanticipated death.
The purpose of this study was to explore the experiences of enrolled nurses regarding quality
nursing care in general nursing units in the private healthcare setting. The objectives being:
- The exploration of the enrolled nurses understanding of the concept of quality care
- The exploration of the enrolled nurses understanding of her value and contribution to
quality care and
- The exploration of the enrolled nurses experiences (positive and negative) of quality
nursing care in private health care setting A descriptive qualitative methodology was applied. A purposive sample size of n=13 was drawn
from the total population of N=387. An exploratory interview was completed. Lincoln and Guba’s
criteria of credibility, transferability, dependability and confirmability were applied and ethical
principles were met.
Findings demonstrated that enrolled nurses experienced both positive and negative work
experiences, some more negative than others. They had a very good understanding of quality
care but had difficulty in reconciling the patient’s needs with what they were able to deliver, due
to workload pressures and resource constraints: P6: “I miss the quality because that patient that needs just that back rub or just to hold
his hand ...the thing is with quality nursing we don’t do quality nursing on the patient
anymore.”
Most participants experienced registered professional nurses absolving their clinical supervisory
responsibility. This endangers the quality and duty of care of patients and is a legal liability. A
recommendation is that registered professional nurses require professional development
through utilising good role models. This exposure to positive learning experiences will enable
their professional development and ethical behaviour. Registered professional nurses need to
be taught the skills of how to be team players. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Ingeskrewe verpleegsters maak huidiglik die grootste deel van die verplegingsspan se
gesondheidsorg uit. As gevolg van die direkte kontak met pasiënte, is dit belangrik dat die
omgewingspraktyk pasiënt- en verpleeguitkomste moet kan ondersteun. Navorsingsstudies
bevestig die kompleksiteit van die omgewingspraktyk en die impak wat dit op beide personeel
en op die kwaliteit van verpleging wat verskaf word, het. Werksbevrediging vorm ’n
geïntegreerde skakel met die kwaliteit en veiligheid van sorg wat verskaf word.
Die tekort aan geregistreerde professionele verpleegsters, veral binne die Suid-Afrikaanse
konteks, het tot die gevolg dat ingeskrewe verpleegsters oral gebruik word om akute sorg in
taamlik komplekse situasies te lewer.. Dit is goed gedokumenteer dat die gebruik van
suboptimale verpleegpersoneelvlakke of die vervanging van geregistreerde professionele
verpleegsters met ingeskrewe verpleegsters, geassosieer word met ’n toename in nadelige
gevalle soos infeksies, druk-ulkusse en onverwagte dood.
Die doel van hierdie studie is om die ervaringe van ingeskrewe verpleegsters ten opsigte van die
kwaliteit van verpleegsorg binne algemene verpleegeenhede in die private
gesondheidsorgomgewings te ondersoek. Die doelwitte is ’n ondersoek na die ingeskrewe
verpleegsters se:
- begrip van die konsep van kwaliteitsorg
- begrip van hul waarde en bydrae tot kwaliteitsorg en
- ervaringe (positief en negatief) van kwaliteit verpleegsorg binne private
gesondheidsorgomgewings. ’n Beskrywende, kwalitatiewe metodologie is toegepas. ’n Doelgerigte steekproefgrootte van n =
13 is geneem uit die totale populasie van N = 387. ’n Voortoets is voltooi. Lincoln en Guba se
kriteria van geloofwaardigheid, oordraagbaarheid, betroubaarheid en bevestigbaarheid is
toegepas en etiese beginsels is nagekom.
Bevindings het bewys dat ingeskrewe verpleegsters beide positiewe en negatiewe
werkservaringe gehad het; sommige meer negatief as ander. Hulle het ’n baie goeie begrip van
kwaliteitsorg, maar vind dit moeilik om aan die pasiënt se behoeftes, vanweë drukkende
werkladings en beperkte bronne te voldoen. P6: “Ek mis die kwaliteit want al wat die pasiënt benodig is die vryf van die rug of net die
vashou van sy hand…die probleem met kwaliteitsorg is dat ons nie meer kwaliteitsorg op
die pasiënt doen nie.”
Die meerderheid van die deelnemers verklaar dat die geregistreerde professionele
verpleegkundiges hulle kliniese toesighoudende verantwoordelikheid afskeep. Die gedrag is
bydraend tot swak kwaliteit pasient sorg en het direkte wetlik implikasies. Die aanbeveling is dat
professionele ontwikkeling van geregistreedrde verpleegkundigies verbeter kan word deur
gebruik te maak van goeie rol modelle. Die blootstelling aan positiewe leer ervarings en
omgewing sal bydrae tot hulle professionele ontwikkeling en etiese gedragspatrone.
Geregistreerde verpleegkundiges moet die vaardighede aanleer om as deel van ’n span te kan funksioneer.
|
Page generated in 0.0942 seconds