Spelling suggestions: "subject:"own planning - citizen participation."" "subject:"own planning - itizen participation.""
1 |
Public participation in hostel redevelopment programs in Nyanga and LangaMdunyelwa, Luzuko M. 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2015 / ENGLISH ABSTRACT: Literature on public participation generally assumes the existence of a causal relationship
between community participation in urban development programs and the satisfaction of
beneficiaries of such programs with the outcomes of these development programs. In this
study, the role played by public participation in fashioning perceptions of satisfaction or
dissatisfaction of beneficiaries is investigated in the cases of two hostel redevelopment
programs.
The role of public participation is investigated by means of the Spectrum of Participation
model of the International Association of Public Participation, a model which propagates a
set of principles to be fulfilled before it may be said that beneficiaries have thoroughly
participated in a program. Satisfaction or dissatisfaction of the beneficiaries is tested by
means of the Hirschmann model of Voice, Exit and Loyalty, a model which hypothesizes that
potential beneficiaries in a program - in order to express satisfaction or dissatisfaction with
the process - may remain loyal to the program, may voice their dissatisfaction, or (as a last
resort) may exit the program.
After an analysis of the concept of public participation, this concept is applied-via interviews
with samples of stakeholders and potential beneficiaries-to two different communities of
interest: members of the Welcome Zenzile Housing Cooperative in Langa and the Ilinge
LabaHlali Housing Cooperative in Nyanga, townships situated not very far from the Cape
Town CBD, and occupied mostly by African communities. These two housing cooperatives
participated in the national Hostel Redevelopment Program, an initiative propagated by the
national Department of Human Settlements. Since these cooperatives participated in
different ways during identifiable phases of the program, public participation by potential
beneficiaries was researched within each phase.
A comparison of research findings in the two programs points to a positive relationship
between public participation and beneficiary satisfaction. Though other factors also play a
role, such satisfaction could be observed in the Nyanga community where levels of
participation by beneficiaries were extremely high. With the Welcome Zenzile beneficiaries,
the same could not be said, inter alia, since most of the decisions associated with beneficiary
interests were made by the City of Cape Town. In essence this second program was
implemented by the City of Cape Town for and on behalf of the beneficiaries. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In die algemeen veronderstel die literatuur oor openbare deelname dat daar ‘n
kousaleverband bestaan tussen gemeenskapsdeelname aan stedelike
ontwikkelingsprogramme en die tevredenheid van die begunstigdes van sodanige
programme met die uitkomstes daarvan. In hierdie studie word twee
hostelherontwikkelingsprogramme gebruik om die rol te ondersoek wat openbare deelname
speel in die vorming van persepsies oor begunstigdes se tevredenheid of ontevredenheid.
Die rol van openbare deelname word ondersoek aan die hand van die Internasionale
Vereniging vir Openbare Deelname se Spektrum van Deelname-model, ‘n model wat ‘n stel
beginsels voorhou waaraan voldoen moet word voordat daar gesê kan word dat
begunstigdes doeltreffend aan ‘n program deelgeneem het. Die tevredenheid of
ontevredenheid van die begunstigdes word getoets volgens die Hirschmann-model van
―Voice, Exit and Loyalty‖, ‘n model wat veronderstel dat moontlike begunstigdes van ‘n
program – ten einde hulle tevredenheid of ontevredenheid met die proses te kan uitspreek –
aan die program lojaal kan bly, hulle ontevredenheid daarmee kan betuig, of (as ‘n laaste
uitweg) die program kan verlaat.
Nadat daar ‘n ontleding van die konsep openbare deelname gedoen is, word die konsep
toegepas – via onderhoude en steekproewe met belanghebbendes en potensiële
begunstigdes – in twee verskillende belangegemeenskappe: die Welcome Zenzilebehuisingskoöperatief
in Langa en die Ilinge LabaHlali-behuisingskoöperatief in Nyanga,
twee townships wat nie ver van die Kaapstadse Sentrale Sakegebied geleë is nie en
hoofsaaklik deur swart gemeenskappe bewoon word. Hierdie twee behuisingskoöperatiewe
het aan die nasionale Hostelherontwikkelingsprogram, ‘n inisiatief wat deur die nasionale
Departement van Menslike Vestiging geloods is, deelgeneem. Aangesien hierdie
koöperatiewe op verskillende wyses tydens identifiseerbare fases van die program
deelgeneem het, is openbare deelname deur potensiële begunstigdes in elke fase nagevors.
‘n Vergelyking van navorsingsbevindinge ten opsigte van die twee programme dui op ‘n
positiewe verband tussen openbare deelname en begunstigdetevredenheid. Ofskoon ander
faktore ook ‘n rol speel, kon sodanige tevredenheid in die Nyanga-gemeenskap waargeneem
word, waar vlakke van deelname deur begunstigdes buitengewoon hoog was. Dieselfde kan
egter nie van die Welcome Zenzile-begunstigdes gesê word nie, onder andere omdat die
meeste van die besluite wat met begunstigdebelange te make het, deur die Stad Kaapstad
geneem is. Op die keper beskou het die Stad Kaapstad hierdie tweede program vir en
namens die begunstigdes geïmplementeer.
|
2 |
Citizen participation in Hong Kong: the application in urban planningMok Wong, Oi-yee, 莫王愛儀. January 1983 (has links)
published_or_final_version / Urban Studies / Master / Master of Social Sciences
|
Page generated in 0.166 seconds