• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Vergelyking tussen Colin Rae en Christoph Sonntag se weergawes van die Boer-Hananwa-oorlog van 1894 (Afrikaans)

Kriel, Lize 19 October 2005 (has links)
Please read the abstract (Summary) in the section 07back of this document The published edition of this thesis is also available in English: Kriel, Lize. The 'Malaboch' books : Kgalusi in the 'civilization of the written word' Stuttgart, Germany : Franz Steiner Verlag, 2009. (Missionsgeschichtliches Archiv; Bd 13) / Thesis (DPhil (History))--University of Pretoria, 2005. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
2

Die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek / Gert Nicholaas van den Bergh

Van den Bergh, Gert Nicholaas January 1972 (has links)
Die Transvaalse polisie het sy beslag gehad in die polisiestelsel van die Kaapkolonie soos aangepas by die bepaalde, en soms ongelyksoortige, behoeftes van verskillende Voortrekkerpioniersnedersettings. Die stelsel, wat swaar geleun het op instellings wat nie ‘n direkte polisie-assosiasie gehad het nie, het geen noemenswaardige ontwikkeling deurgemaak nie en teen die begin van die sewentigerjare was die Transvaalse polisiediens so stagnant dat dit ‘n opvallende agterstand teenoor al die buurstate geopenbaar het. Eers onder die bewind van president Burgers is die plattelandse diens, wat hoofsaaklik met Bantoes te maak gehad het, tot ‘n mate gemoderniseer. Hierdie proses het veral gewentel om die losmaking daarvan van die militêre waaraan dit voorheen om finansiële en organisatoriese gerief innig versmeld was. Ook Britse tussenregering wat wel weinig nuuts tot die groei van ‘n selfstandige polisieorganisasie kon bydra, het, soos Burgers, nuwe weë van opset en organisasie vir die herstelde Republiek ontsluit. Die eerstes hiervan het egter dwaalweë geblyk te wees. Voortgesette geldnood, maar veral die onheilsame oorheersing van die polisiediens deur Piet Joubert, wat sy oë op die verlede eerder as op die toekoms gerig het en op die artilleriekorps eerder as op ‘n landspolisie, was grotendeels hiervoor verantwoordelik. "Die gevolg was verkeerde beklemtoning van organisasie en aanwending sodat nie slegs die werksaamhede nie maar die hele bestaan van die plattelandse polisieorganisasie in die weegskaal beland het en die polisie verhinder is om die rol waartoe dit in staat was in die bantoe-onluste van die tagtiger- en vroeë negentigerjare in noord-Transvaal te speel. Die enigste konstante faktor in die polisiediens was die rol wat die veldkornette en later die bantoekommissarisse in die kleine gespeel het. Op die dorpe het die gemoedelike ontwikkeling hoofsaaklik gewentel om die vasstelling van beheer wat dikwels meer gebieders as polisie tot gevolg gehad het. In pas met die grondwetlike woelinge van die jare vyftig en sestig, het die vraagstuk ‘n vinnige maar ook verwarrende tydperk deurgemaak totdat die leisels uiteindelik in die hande van die staatsprokureur beland het. Deur sy professionele kennis, wetshandhawingsfunksie en toegang tot die regering het hy gesorg vir ‘n gestadigde maar volgehoue groei en meer doeltreffende aanwending van die dorpspolisiediens. Die vernaamste ontplooiing volg na die ontdekking van goud. In die verband was die ontwikkeling van delwerye in die noorde, ooste en weste voor die op die Witwatersrand ‘n seën in so verre hulle as leerskool gedien het vir die probleme met wetshandhawing onder elemente wat aan die Transvaalse samelewing vreemd en selfs vyandig was. Hoewel die basiese wetgewing en polisieorganisasie in die verband dus reeds bestaan het met die aanvang van die ongeëwenaarde toeloop van Uitlanders na Johannesburg, het ‘n legio van ander probleme spoedig ontstaan en met verloop van tyd vererger. ‘n Belangrike interne probleem, wat soos so vele ander gespruit het uit die onversadigbare vraagstuk na genoegsame getalle polisie, was die sistematisering van administrasie, bevel en beheer. Met organiese probleme van hierdie aard kon die stadige meulens van die wetgewende en uitvoerende gesag nie tred hou nie. Dit was deels omdat die staat nag te onvolwasse was en die probleem te omvattend, maar ook deels omdat die staat nie geneë was om die Johannesburgers se probleme op te los nie en deels omdat die Johannesburgers verkies het om hulle probleme nie deur die republikeinse regering opgelos te kry nie. Hierdeur is aan die Johannesburgse polisiediens ‘n verdere dimensie verleen waardeur dit gevaar geloop het om tot 'n pion in ‘n diplomatieke skaakspel tussen die staatsowerhede en die Uitlanders gereduseer te word. Die houding van die Uitlanders teenoor Boereinstellings in die algemeen vorm trouens die vernaamste eksterne faktor wat die polisiediens geslyp het. Beginnende met die Jameson-inval het die polisiediens ‘n spil geword waarom politieke wrywing tussen Pretoria, Johannesburg en Londen gewentel het en die bedrewenheid en integriteit of andersins van die republikeinse geregsdienaar het ‘n belangrike bestanddeel geword van die hekseketel waaruit die Tweede Vryheidsoorlog gevloei het. Aan die ander kant het Johannesburg ‘n vername bydrae gelewer tot die wasdom van die polisiediens. Ten opsigte van aanwending het dit die speurdiens gebaar. Organisatoriese prosesse van rasionalisasie onder die beheer van die kommissaris van polisie en bewegings om aan die diens ‘n professionele gestalte te verleen deur opleiding, verbeterde kommissariaat administrasie en die uitstryking van die vraagstuk van bevel en beheer deur die byvoeging van 'n aparte regskundige element – die administratiewe buro, en die kodifikasie van instruksies, kom pas na die stimulus van die Jameson-inval tot bevrugting. Maar veral het die unieke eise wat Johannesburg gestel het die polisiediens op ‘n peil van doeltreffendheid gedwing waarvoor Uitlander- en ook ander kritici in die spannende dae voor die Tweede Vryheidsoorlog blind was, maar waarop die klein Republiek trots kon wees. Soos die polisiediens op die dorpe het die plattelandse diens ook sy finale beslaggewing aan die inval te danke. Maar die tradisie van gebondenheid aan die krygsdiens en bantoeadministrasie het verhoed dat die diens algehele selfstandigheid verwerf het terwyl slegs in die onlusgeteisterde streke, van die noordelike Transvaal sprake was van afdoende polisiesterkte en dit ‘n skamele twee jaar voor die einde. Ook ten opsigte van die plattelandse polisiediens het Britse belange ‘n botsing met die Republiek gebolwerk om die Bunu-kwessie. Vir die laaste stormagtige ontwikkelingsfase van die polisiediens was nie slegs Jameson en Uitlanderkritiek verantwoordelik nie maar ook die onvermoeide ywer van ‘n aantal, meesal jong, amptenare. Aan die “stompkant” neem persone soos staatsprokureurs Esselen en Smuts ‘n ereplek in terwyl aan die aksiekant in Johannesburg dit Krause, Pietersen, De Beer, Schutte, Van Dam en selfs Trimble en op die platteland eers Dahl en toe Du Toit was. Daarenteen het die polisiekommissarisse ‘n opvallend beperkte bydrae gelewer. Die laaste paar jaar van die Republiek se bestaan het verdere uitbreiding van polisiepligte meegebring wat gewentel het om die staatsveiligheid en die Z.A.R.P's algaande voorberei het vir die militêre rol wat die oorlog vir hulle sou meebring. Die belangrikste hiervan, ewe-eens ‘n nasleep van die kruispaaie wat die Jameson-inval in die polisiewese meegebring het, was die geheime diens waarvan die plek in die Republiek se militêre voorbereidings nog nie ten volle bepaal is nie. Tydens die oorlog self is die gereelde polisie as die Republiek se enigste opgeleide berede infanterie, op ‘n vroeë stadium vir krygsdiens aangewend om op die gevegsfront die stryd teen Imperialisme op ander wyse voort te sit as wat dit reeds vir meer as tien jaar in die strate van Johannesburg gedoen het. Anders as by Dalmanutha waar die Johannesburgse Z.A.R.P.'s met aansienlike roem omhul hul laaste opdrag uitgevoer het, het die raap en skraap amateurpolisie waarmee hulle op die tuisfront vervang moes word, aan ‘n gestadiger en roemloser einde gekom sodat die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in die opsig nie op ‘n hoër noot afgesluit het as waarmee dit begin het nie. Ook het die Republikeinse polisiediens geen nalatenskap gehad nie. Die beswaddering van die diens in Britse kringe het die herlewing daarvan na die Oorlog - volgens tydgenote se latere opmerkings, minstens gedeeltelik ten nadele - verhoed. / Proefskrif--PU vir CHO, 1971
3

4

The history of Gatsrand from the settling of the trekker community circa 1839 until the proclamation of Carletonville in 1948 / Elize S. van Eeden

Van Eeden, Elize S January 1988 (has links)
Gatsrand (as a series of ridges) is not only a well-known geographical feature in the Western Transvaal, but it also features prominently as a definite area in the settlement history of the whites in the Transvaal. In fact, the first farms in this area were registered simultaneously with farms in the neighbouring Mooi River area. Owing to the inhabitants’ agrarian predisposition up to the early years of the twentieth century, agriculture and stock farming formed the basis of the area’s economic infrastructure. Initially, the Potchefstroom market was the nearest outlet for products. Later on, products were also sold in Johannesburg, as well as at Randfontein and Krugersdorp. In the process of the development of this enterprise, stock diseases, droughts, poverty and wars continually set the inhabitants back. Prior to the establishment of gold mines (since 1937) in the northern areas of Gatsrand, which enhanced economic development, the area’s development was mainly dependent on the subsistence needs of the surrounding towns. In this respect, the building of roads to places like Krugersdorp, Randfontein, Pretoria and Johannesburg was beneficial to the Gatsrand area, since all these routes passed through said area. Administrative duties were initially performed by a field cornet and later by a justice of the peace, who was subordinate to the magistrate of Potchefstroom. In a similar way, educational matters were dealt with by the Potchefstroom School Board. Until 1948, with the exception of Klipdrift School, there were only primary schools on several farms in the area – schools that had from one to four teachers. With outbreaks of illness, even the medical services in Potchefstroom rendered help in the Gatsrand area. Inhabitants had to travel to Potchefstroom, some of them covering great distances, if they were in need of medical care and facilities. Initially, the nearest centre for worship was also Potchefstroom. The first congregation in the Gatsrand area was founded in 1926 at Fochville, with boundaries that included the major part of this area. Since 1937, gold mine development provided definite advances in local development. Up to 1948, six towns had been proclaimed, congregations were established, and houses and roads were built to accommodate the growing number of inhabitants. This resulted in the establishment of numerous enterprises. The number of pupils increased and smaller schools had to amalgamate with larger ones. By 1948, it was apparent that the development in the Gatsrand area would be phenomenal due to the rich discoveries of the then established gold mines. / MA (History), PU vir CHO, 1988 / This MA-Dissertation on the history of the Gatsrand up to 1948 originally was written in Afrikaans in 1988. This English translation was decided on to assist researchers, working with regional issues in/on South Africa who's mother tongue is English. The footnotes as well as the source list has not been translated due to the cost in doing so. However, it is trusted that researchers should find their way because more than 50% of the references are in English or could not be titled otherwise as they are archival documents or published literature. Due to new technology, the page numbers of the English version also differ from the original Afrikaans version. The approach to the research must be assessed within the time frame in which it was written and the methodology to regional history utilised, was mainly on that as expressed by VHT Skipp. The author since has extended and refined this model.
5

Page generated in 0.0353 seconds