• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die eerste operasionele optrede van die Unieverdedigingsmag - Januarie 1914 (Afrikaans)

Geyer, Rene 31 August 2010 (has links)
In Januarie 1914 het ‘n algehele industriële staking in die Unie van Suid-Afrika (SA) uitgebreek en die Unieverdedigingsmag (UVM) sou vir die eerste keer operasioneel aangewend word om die staking te onderdruk. Die Staande mag van die UVM was nog nie gereed om die staking op hul eie te onderdruk nie en gevolglik is die kommando’s van die Burgermagreserwes opgekommandeer vir diens. Probleme is dus destyds met die samestelling en organisasie van die UVM, as gevolg van die intergrasie van die verskillende militêre kulture, ondervind. Die Unieregering het op baie van die gewone burgers wat in die Anglo-Boereoorlog (ABO) in kommando’s geveg het, se ondersteuning en deelname om die staking te onderdruk, staatgemaak. Die tradisionele kommandostelsel van die voormalige Boererepublieke sou dus vlugtig tydens die 1914-staking herleef. Die Afrikaner het as gevolg van verskeie redes op kommando gegaan om die staking te help onderdruk. Die groeiende gees van nasionalisme onder die Afrikaner kon ook tydens die staking waargeneem word en sou tesame met die suksesvolle aanwending van die kommando’s tydens Januarie 1914 bydra tot die Rebellie later die jaar. Die politieke, ekonomiese en sosio-maatskaplike omstandighede van destyds het tot die nywerheidstaking van Januarie 1914 bygedra. Die rol wat die vakbonde en mynbedryf in die tydperk voor die Eerste Wêreldoorlog gespeel het, het ook bygedra tot die staking. Die ervaringe en omstandighede van die kommandolede tydens ontplooiing in Januarie 1914 is ‘n belangrike aspek van die sosiale militêre geskiedskrywing in SA. Onderwerpe soos, mobilisasie, voorrade, vervoer, dissipline, asook demobilisasie en kompensasie werp dus lig op die ervaringe en omstandighede van gewone burgers op kommandodiens tydens die staking. Die aanwending van die kommando’s tydens die 1914-staking het uiteenlopende reaksies van die verskillende groepe in die gemeenskap tot gevolg gehad. Die betrokkenheid van ander rolspelers, soos swart mense en vrouens, tydens die staking was gering, dog belangrik vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Copyright / Dissertation (MHCS)--University of Pretoria, 2010. / Historical and Heritage Studies / unrestricted

Page generated in 0.0837 seconds