Spelling suggestions: "subject:"aan niekerk, marlene -- groenstaar"" "subject:"aan niekerk, marlene -- groenster""
1 |
Bevriending en bevreemding in Sprokkelster en Groenstaar van Marlene van NiekerkEngelbrecht, Anna Maria 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1996. / ENGLISH ABSTRACT: Amity and estrangement in the poetry of Marlene van Niekerk are investigated in this
dissertation according to various poetic aspects: figurisation, time and space,
musicality, love poetry and Godly experience.
The first chapter introduces the concepts of "amity" and "estrangement" by way of
contextual definition. I shall endeavour to show, inter alia, how these two concepts
are already present in the titles of the two poetry volumes of Marlene van Niekerk,
Sprokkelster and Groenstaar.
Figurisation is discussed in chapter 2. The term "figurisation", i.e. the embodiment
of form or figure, is briefly described, followed by a discussion of "figurisation" in
nine selected poems and the manifestation of amity and estrangement therein.
Chapter three focuses on time and space in the poetry of Van Niekerk and of the
presence, also here, of amity and estrangement. First the concepts of "time" and
"space" are explained, followed by a discussion of ten poems with specific emphasis
on the well-known expanse of South Africa, as opposed to the less well known cosmos
of Europe — particularly the Netherlands. I highlight, inter alia, the contrast between
these two areas as well as the estrangement that Van Niekerk experienced from the
country of her birth during her stay abroad.
Chapter four deals with one of the most striking features of the poetry of Van Niekerk
— that of musicality. After the term "musicality" is briefly described, seven poems
are discussed to illustrate the musicality therein, whilst keeping the focus on amity and
estrangement.
The theme of love is dealt with in the fifth chapter. The poetry of Van Niekerk is,
according to Cloete (1978:173), "so filled with realism that it shows little interest in
the personal". In the few love poems that are present in her two poetry volumes, the
world around the "I" enjoys preference over the beloved, with the beloved
experienced largely through images of nature.
The penultimate chapter is devoted to the manner in which Van Niekerk experiences
the presence of God. Six poems are analyzed to substantiate this, and to show the
appearance of amity and estrangement here.
The salient points of the presence of amity and estrangement and the significance of
these two elements in the poetic oeuvre of Marlene van Niekerk, are encapsulated in
the concluding chapter. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In die tesis word bevriending en bevreemding in die poesie van Marlene van Niekerk
aan die hand van verskillende aspekte van die poesie ondersoek: figurering, tyd en
ruimte, musikaliteit, liefdesverse en Godsbelewing.
Hoofstuk 1 dien as inleiding waarin onder andere die begrippe "bevriending" en
"bevreemding" omskryf word. Ek sal aandui hoe hulle reeds in die titels van Marlene
van Niekerk se twee digbundels, Sprokkelster en Groenstaar, aanwesig is.
Figurering word in die tweede hoofstuk bespreek. Eerstens word die begrip
"figurering", nl. die gee van vorm aan gestalte of figuur, kortliks omskryf. Daarna
word figurering in nege gedigte bespreek, en word ook aangedui hoe bevriending en
bevreemding daarin voorkom.
Hoofstuk 3 handel oor tyd en ruimte in Van Niekerk se poesie en hoe bevriending en
bevreemding ook hier aanwesig is. Die begrippe "tyd" en "ruimte" word eers kortliks
verduidelik. Daarna word 'n tiental gedigte bespreek wat onder meer handel oor die
bekende ruimte, Suid-Afrika, en die minder bekende ruimte, Europa, veral Nederland.
Ek wys onder meer op die kontras tussen die twee ruimtes, asook die vervreemding
wat daar by Van Niekerk ingetree het teenoor haar geboorteland tydens haar verblyf
in die vreemde.
Een van die opvallendste kenmerke van Van Niekerk se poesie, naamlik musikaliteit,
kom aan die bod in Hoofstuk 4. Eerstens word die begrip "musikaliteit" kortliks
beskryf. Daarna word sewe gedigte ter illustrasie bespreek, terwyl terselfdertyd gewys
word op bevriending en bevreemding.
Hoofstuk 5 handel oor die tema liefde. Volgens Cloete (1978:175) is Van Niekerk se
poesie "so vol van die werklikheid dat dit weinig geinteresseerd is in die personale".
In die enkele liefdesverse wat in haar twee digbundels voorkom, geniet die wereld
rondom die ek dan ook voorkeur b6 die geliefde en word die geliefde meestal deur
natuurbeelde heen beleef.
In Hoofstuk 6 word Van Niekerk se belewing van God aan die hand van ses gedigte
bespreek. Daar word aangedui hoe bevriending en bevreemding ook hier teenwoordig
is.
Die slothoofstuk is 'n kort samevatting van die bespreking van bevriending en
bevreemding in die voorafgaande hoofstukke.
|
Page generated in 0.0864 seconds