• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die komposisionele prosesse in Raka van Stefans Grové (Afrikaans)

Ebersohn, Johannes Wilhelmus Swart 12 November 2007 (has links)
In Afrikaans only Sowel Stefans Grové as N.P. van Wyk Louw is kontemporêre, Afrikaanssprekende kunstenaars wat binne ’n Westerse kultuur grootgeword het en in die Westerse kunstradisie opgelei is. N.P. van Wyk Louw se epiese gedig, Raka, het as inspirasie vir verskeie kunswerke gedien, waaronder skilderye van Alexis Preller en Cecil Skotnes. Twee vooraanstaande Suid- Afrikaanse komponiste is ook geïnspireer deur Van wyk Louw se werk: Graham Newcarter se ballet Raka het in 1967 verskyn en ’n gelyknamige simfoniese toondig in die vorm van ’n klavierkonsert verskyn in 1996 uit die pen van Stefans Grové. Terwyl verskeie ander komposisies van Stefans Grové as onderwerpe van uitgebreide navorsing gebruik is, is relatief min bekend oor die aard en samestelling van hierdie toondig en die raakpunte en verskille wat tussen die musiek en die oorspronklike gedig bestaan. Hierdie studie ondersoek die wyse waarop ’n erkende literêre werk deur ’n vooraanstaande Suid-Afrikaanse digter ’n nuwe gedaante aanneem binne die omvang en beperkings van ’n musikale vorm. Die studie fokus op hoe Stefans Grové verskillende musikale parameters soos ritme, melodie en struktuur in sy simfoniese toondig, gegrond op N.P. van Wyk Louw se epiese gedig Raka , aanwend. / Dissertation (MMus (Performing Art))--University of Pretoria, 2007. / Music / MMUs / unrestricted

Page generated in 0.0777 seconds