• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Kritiese evaluering van die Suid-Afrikaanse Lugmag in die Tweede Wereldoorlog (Afrikaans)

Wandrag, Nico 21 July 2010 (has links)
AFRIKAANS: Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Suid-Afrikaanse Lugmag op verskeie fronte aktief aan die oorlog deelgeneem. Afgesien van maritieme operasies langs die Afrikaanse kus en die vervoer van personeel en voorrade in Afrika en Europa, het die Suid-Afrikaanse Lugmag in drie oorlogsarenas in Oos-Afrika, Noord-Afrika en die Middellandse Seegebied opgetree. Die vraag ontstaan egter: in hoe ‘n mate het die Suid-Afrikaanse Lugmag hulle van hul taak gekwyt? Was die operasies wat hulle uitgevoer het effektief en in welke mate het hulle ‘n bydrae tot die uiteindellke onderwerping van die Spilmoondhede gelewer? Om ‘n antwoord op hierdie vrae te kry, is die optrede van die verskillende Suid-Afrikaanse Lugmageskaders onder die loep geneem. Operasionele krygsvlugte is ontleed en die bydrae van die lugmag in die oorlog is na waarde geskat. Dit is dus duidelik dat dit hier nie bloot om ‘n chronologiese beskrywing van die rol van die Suid-Afrikaanse Lugmag gedurende die Tweede Wêreldoorlog gaan nie, maar veel eerder om ‘n evaluering van hulle werkswyse, operasionele vernuf en doelmatigheid. Nadat die bydraes van die onderskeie Suid-Afrikaanse eskaders ontleed is, het die ondersoeker tot die volgende slotsom geraak. In die eerste plek het die Suid-Afrikaanse Lugmag gedurende die oorlog tot ‘n gedugte gevegsmag ontwikkel wat die vyand die stryd op alle terreine met moderne toerusting sou aansê. In die tweede plek het die Lugmag 'n substantiewe bydrae tot die vernietiging van die Spilmoondhede se magte gelewer. In Oos- en Noord-Afrika sowel as in die Middellandse Seegebied het die Suid-Afrikaanse eskaders uitgemunt in die ondersteuning van land- en seemagoperasies terwyl hulle ook instrumenteel in die verkryging van lugsuperioriteit was. Dit was egter nie alleen die eskaders wat aan die oorlogsfront suksesvol was nie. Eweneens het eskaders belas met maritieme verkenningsvlugte en die vervoer van voorrade ook met eer uit die stryd getree. In sy wese handel dit in die geskiedenis om die verhaal van die mens: sy stryd, sy prestasies, sy oorwinnings; ook sy teleurstellings en sy nederlae. Dit is ook waar ten opsigte van die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Lugmag. Die tydperk onder bespreking gee egter meer blyke van prestasie as teleurstelling, meer blyke van oorwinning as nederlaag met betrekking tot werklike oor logsdeelname maar meer so betreffende persoonlike taakvervulling. Dit kan toegeskryf word aan individuele deursettingsvermoe, ywer, toewyding en idealisme-eienskappe wat dien tot herinnering maar ook tot besieling vir toekomstige geslagte. ENGLISH: The South African Air Force actively participated on different fronts during the Second World War. Apart from maritime operations along the African coast and the transport of personnel and material in Africa and Europe, they also operated in three theatres of war in East Africa, North Africa and the countries bordering the Central Mediterranean. However, the question now arises how effective these operations were and to which extent the South African Air Force contributed towards the ultimate destruction of the Axis Powers. To answer these questions the different operations of the Air Force Squadrons during the war were analized and evaluated. The researcher arrived at the following conclusions: In the course of the war the South African Air Force played a substantial role in the subjugation of the Axis Powers. In Eastern and Northern Africa, as well as in the Mediterranean area, the South African Squadrons excelled in assisting land and sea force operations while they were also instrumental in the attainment of air superiority. At the same time squadrons involved in maritime reconnaissance and transportation also took honours for their efforts. This magnificent record was achieved through supreme courage, fortitude and idealism on the part of the men and women involved. South Africa could therefore be justly proud of the more than 44 000 men who volunteered for service in the South African Air Force during the war. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2010. / Jurisprudence / unrestricted
2

Die rol van die Suid-Afrikaanse Lugmag in die bomwerper-vliegtuig-taktiek van die geallieerde lugmag in Noord-Afrika, 1941-1943 (Afrikaans)

Wandrag, Nico 21 July 2010 (has links)
Please read the abstract on p140-142 of this dissertation / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2010. / Jurisprudence / unrestricted

Page generated in 0.02 seconds