• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Evaluering van die kostedoeltreffendheid van maatskaplikewelsynsprogramme vir die versorging van ouer persone in residensiele fasiliteite

Van der Merwe, William Charles 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork) -- University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Since 1988 it became practice for welfare organisations to submit an evaluation of their welfare programme as part of their application for state funding for the next year. Included in this evaluation is a section on the cost efficiency of the programme. After the first democratic election in 1994 a number of processes were started to develop new welfare policies for the country. In all of these processes cost efficiency is seen as a principle, but in spite of this, so it seems from the documents, is the evaluation of cost efficiency still a problem. The question therefore arises: What is the present status of the evaluation of the cost efficiency of social services after twelve years of program evaluation? Only a few studies on the methodology of the evaluation of cost efficiency within the South African context were found through the literature study. An exploratory study was therefore undertaken to determine what the reasons could be why so little progress was made with cost effiency evaluation. The empirical study focussed on residential facilities for older persons and was done within one welfare organisation in the Western- and Southern Cape. A sample of twenty managers was randomly selected and fifteen respondents returned the questionaire. It is a potential danger that managers of residential facilities for older persons could see the evaluation of the services rendered as just another administrative task, because of the very strong link between evaluation and the application for state funding. The researcher therefore wanted to ascertain what the attitude of the managers is towards the evaluation of their services, and especially the evaluation of the cost-efficiency thereof. It was found that the managers are positive towards program evaluation and the evaluation of cost efficiency, but the majority of them responded that the lack of guidelines and manuals is a deficiency. The lack of proper measuring instruments was also stressed. The research also shown that the managers conceptualize cost efficiency mainly in terms of costs and not as a relation between the outcomes of the programme and the costs thereof. The managers of residential facilities uses the evaluation document that was send out by the department, because it forms part of the application for state funding. This means that the level of program evaluation is actually determined by the department. It was found that this document focused mainly on the measuring of inputs and outputs and not so much of the evaluation of the outcomes of the programme. Based on the results of the study the researcher proposed guidelines to promote the evaluation of the cost efficiency of social services. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit is sedert 1988 praktyk dat vrywillige welsynsorganisasies jaarliks 'n evaluering van hulle maatskaplikewelsynsprogram moet indien as deel van die aansoek om staatsubsidie vir die volgende jaar. By hierdie evaluering van die maatskaplikewelsynsprogramme is die evaluering van die kostedoeltreffendheid van die program ingesluit. Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het verskeie prosesse aan die gang gekom om nuwe maatskaplikewelsynsbeleid vir Suid-Afrika te ontwikkel. In al die dokumente wat deur die prosesse ontwikkel is, word die kostedoeltreffendheid van maatskaplikewelsynsdienste as 'n belangrike beginsel gestel. Tog blyk dit, uit die verslae van sommige van die prosesse, dat die evaluering van kostedoeltreffendheid 'n probleem blyk te wees. Die vraag ontstaan dan tereg: Wat is die huidige stand van die evaluering van die kostedoeltreffendheid van maatskaplikewelsynsprogramme twaalf jaar sedert die implementering van programevaluering? Uit die literatuurstudie het dit geblyk dat daar min studies in Suid-Afrika bestaan wat handel oor die metodiek van kostedoeltreffendheidsevaluering van maatskaplikewelsynsprogramme. Verkennende navorsing is onderneem om vas te stel waarom daar oënskynlik min vordering gemaak is met die evaluering van kostedoeltreffendheid van maatskaplikewelsynsprogramme. Die empiriese studie het gefokus op residensiële fasiliteite vir ouer persone en die navorsing is uitgevoer by een welsynsorganisasie in die Wes- en Suid-Kaap. 'n Steekproef van twintig bestuurders is op ewekansige wyse geselekteer en vyftien respondente het die vraelys teruggestuur. Die gevaar bestaan dat, vanweë die sterk verband tussen die evaluering van die program en die aansoek vir subsidie, die evaluering van die maatskaplikewelsynsprogram bloot net as nog 'n administratiewe taak gesien kan word. Daarom wou die navorser vasstel wat die bestuurders van residensiële versorgingsprogramme vir ouer persone se houding jeens programevaluering en die evaluering van die kostedoeltreffendheid van die program is. In die studie is bevind dat die bestuurders positief jeens programevaluering en die evaluering van die kostedoeltreffendheid van die programme is, maar die oorgrote meerderheid bestuurders het aangedui dat hulle dit as 'n leemte sien dat daar min riglyne of handleidings bestaan. Die gebrek aan meetinstrumente is ook beklemtoon. Uit die studie het dit verder geblyk dat die bestuurders die konsep kostedoeltreffendheid hoofsaaklik in terme van koste verstaan, en nie in terme van 'n verhouding van die uitkomste van die program tot die koste daarvan nie. Die bestuurders van residensiële fasiliteite voltooi jaarliks die evalueringsdokument van die betrokke staatsdepartement, omdat dit deel vorm van die aansoekprosedure vir staatsubsidie. Hierdie dokument bepaal derhalwe die vlak van programevaluering. Dit het uit die studie geblyk dat die dokument wat gebruik word grootliks fokus op die meting van insette en uitsette en nie soseer op die uitkomste van die welsynsprogramme nie. Gebaseer op die bevindinge van die navorsing is riglyne voorgestel wat sal meewerk om die evaluering van die kostedoeltreffendheid van maatskaplike dienste te bevorder.

Page generated in 0.131 seconds