• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 3
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Privaatpraktyk in maatskaplike werk

Botha, Laetitia January 1984 (has links)
Maatskaplike Werk, as die uiting van n samelewing se bemoeienis met mense in nood, word vir baie dekades reeds deur welsynsinstansies beoefen. Welsynsinstansies is egter nie vir alle persone in nood aanvaarbaar nie, sodat diegene in die middel- en hoer inkomstegroepe nie juis by maatskaplikewerk-hulpverlening uitkom nie. In die VSA is dieselfde verskynsel gehanteer deur die instelling van maatskaplikewerk-privaatpraktyk, wat tans daar n omvangryke en gevestigde hulpverleningstruktuur is. Sedert 1970 het maatskaplike werkers in Suid-Afrika begin om privaatpraktyk te oorweeg en het selfs daarmee begin eksperimenteer. Dog, uiteenlopende standpunte, hetsy evolusionere of revolusionere beskouings, word daaroor gehandhaaf. Die doel van die ondersoeke is dus om te bepaal of privaatpraktyk in Maatskaplike Werk bestaansreg het, of dit beskikbaar en in privaatpraktyk bruikbaar is. Uit die bevindings kan n model vir die instelling en instandhouding van n lewenskragtige praktyk ontwikkel word. Die ondersoek het bestaan uit n literatuurstudie en n empiriese opname in ses stede van die land onder drie teikensisteme, naamlik maatskaplikewerkers (privaatpraktisyns) en nie-privaatpraktisyns) , kliente van welsynsorganisasies en privaatpraktyke en lede van vyf ander hulpprofessies. n Studiereis is na die VSA onderneem om privaatpraktyke te bestudeer en n vergelykingsbasis vir die Suid-Afrikaanse bevindings te kry. Resultate uit die ondersoek dui daarop dat privaatpraktyk, as hulpverleningstruktuur, n realiteit in die maatskaplikewerk- professie is wat nie genegeer kan word nie. Die bestaansreg daarvan is teoreties kwalifiseerbaar, terwyl die nodige sisteme bestaan om maatskaplikewerk-hulpverlening privaat en onafhanklik van welsynsinstansies aan te bied. Privaatpraktisyns verlang n infrastruktuur om hulle dienste beter te organiseer, terwyl 97,8% van die nie-privaat-praktisyns ten gunste van privaatpraktyk is, omdat dit n groter beroepskeuse bied en die professie se selfstandige optrede bevestig. Verbruikers van privaatpraktyk-dienste is oorwegend tevrede, maar as gevolg van beperkte fondse kan die meeste welsynsorganisasie-kliente nie privaatpraktyk-dienste benut nie. Lede van die ander hulpprofessies dra nie voldoende kennis van die maatskaplikewerk-hulpbron nie, maar is oor die algemeen positief daaroor, hoewel net 52,9% voorsien om dit te benut. Indien maatskaplike werkers die nodige opleiding ondergaan, konstruktief beplan, besigheidsbeginsels inkorporeer, die diens bekendstel en kwaliteitdienste lewer, is n lewenskragtige praktyk verseker. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1984. / gm2014 / Social Work and Criminology / Unrestricted
2

Aanwending van werknemerhulpprogramme deur welsynsinstansies

Brink, Adéle 30 November 2002 (has links)
Text in Afrikaans / The purpose of this research study is to determine the extent to which employee assistance programmes can be utilised by welfare agencies to ensure that work-related and personal problems do not negatively influence the productivity of social workers. The group of respondents consisted of ten social work supervisors from ten different welfare agencies, which included civil sevice organisations, specialist organisations and family welfare organisations. The conclusion that was reached based on the findings of the empirical study is that social workers have a need for services that will prevent, relieve or eliminate their work-related and personal problems, in order to improve the productivity and general functioning of social workers. It is recommended that welfare agencies in accordence with their unique nature and functioning and the specific needs of the social workers, utilise employee assistance programmes so as to ensure optimal productivity of social workers / Die doel van die navorsingstudie is om te bepaal tot watter mate werknemerhulpprogramme deur welsynsinstansies aangewend kan word ten einde te verseker dat werkverwante en persoonlike probleme nie die produktiwiteit van maatskaplike werkers negatief beinvloed nie. Die ondersoekgroep het bestaan uit tien maatskaplikewerksupervisors van tien verskillende welsynsinstansies, te wete staatsdiensorganisasies, spesialiteitsorganisasies en gesinsorgorganisasies. Na aanleiding van die empiriese ondersoek is daar tot die gevolgtrekking gekom dat maatskaplike werkers 'n behoefte aan dienste het wat hul werkverwante en persoonlike probleme voorkom, verlig of uit die weg ruim ten einde produktiwiteit en algemene funksionering van maatskaplike werkers te bevorder. Daar word aanbeveel dat welsynsinstansies, na gelang van hul unieke aard en funksionering en die spesifieke behoeftes van die maatskaplike werker, werknemerhulpprogramme sal aanwend ten einde optimale produktiwiteit van maatskaplike werkers te verseker. / Social Work / M.Diac. (Social Work)
3

Page generated in 0.0865 seconds