• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Ontstaan en ontwikkeling van Sarie Marais as massatydskrif vir die Afrikaanse vrou

Rabe, Lizette 12 1900 (has links)
Thesis (MA (Journalism))--University of Stellenbosch, 1985. / Toe Sarie uiteindelik in 1949 letterlik die lig op straat gesien het was sy die vierde volwaardige Afrikaanse vrouetydskrif en die eerste wat die vrou se lewe in alle fasette gedek het, soos in hierdie verhandeling aangetoon sal word.
2

An analysis of health reporting in three South African women's magazines: Fairlady, Sarie and True Love

Mattheyse, Mary (Mary Elizabeth) 12 1900 (has links)
Assignment (MPhil)--University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: Health reporting in South African women’s magazines has not previously been assessed. Therefore, a content analysis of health reporting in three South African monthly women’s magazines, Sarie (S), Fairlady (F), and True Love (T), was carried out from February 2005–January 2006. Total coverage of health issues was analysed, as well as coverage of 11 specific aspects of health, namely: sexual and reproductive (‘Sexual’), men’s, women’s, cardiac (‘Heart’), spiritual ‘Spirit’), mental and emotional (‘Mental’), diet and nutrition (‘Diet’), sport and exercise (‘Sportex’), health-related items not covered by the other categories (‘General’), pseudoscience with regard to health issues (‘Pseudo’) and parenting and child care (‘Parent’). True Love devoted most space to all health items combined (17,7% of total subject material), compared with 13,8% for Sarie and 11,7 % for Fairlady. The top three categories (20,1%, 19,7% and 16,3% of total health coverage) were the ‘Mental’, ‘General’ and ‘Sexual’ categories, respectively. Comparisons of categories among the magazines showed the following trends for the most coverage: ‘Sexual’ (T); women’s (F), ‘Spirit’ (T), ‘Mental’ (S); and ‘Diet’ (F). T was the only magazine to carry articles in the ‘Parent’ category. However, statistical analyses showed that the only significant differences were in women’s (F>T); ‘Spirit’ (F>S; T>S); ‘Mental' (S>F) and ’Diet’ (F>S). The reporting in the magazines was not found to be balanced as regards the emphasis given to certain aspects of health. The most striking imbalance was that no information was given regarding prevention of HIV/Aids, now the leading cause of death in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die mate van gesondheidsverslaggewing in Suid-Afrikaanse vrouetydskrifte is nog nie voorheen bepaal nie. Daar is dus ‘n inhoudsanalise gedoen van die gesondheidsverslaggewing van drie Suid-Afrikaanse vrouetydskrifte, Sarie (S), Fairlady (F), and True Love (T), wat maandeliks verskyn, vanaf Februarie 2005–Januarie 2006. Die totale dekking van gesondheidskwessies is geanaliseer, sowel as die dekking van 11 spesifieke aspekte van gesondheid, nl.: seksueel en reproduksie (‘Seksueel’), mans, vrouens, hart (‘Hart’), geestelik (‘Geestelik’), emosioneel (‘Emosioneel’), dieet en voeding (‘Dieet’), sport en oefening (‘Sport’), gesondheidsverwante kwessies wat nie deur ander afdelings gedek is nie (‘Algemeen’), pseudo-wetenskap met verwysing na gesondheidskwessies (‘Pseudo’) asook ouerskap en kindersorg (‘Ouer’). Gesamentelik het True Love (17,7% van totale onderwerp inhoud) die meeste plek afgestaan aan gesondheidsverwante kwessies, in vergelyking met 13,8% vir Sarie en 11,7 % vir Fairlady. Die top drie afdelings (20,1%, 19,7% en 16,3% van die totale gesondheidsdekking) was ‘Geestelik’, ‘Algemeen’ en ‘Seksueel’ respektiewelik. ‘n Vergelyking van die verskillende afdelings tussen die tydskrifte het die volgende tendense vir die meeste dekking getoon: ‘Seksueel’ (T); vroue (F), ‘Geestelik’ (T), ‘Emosioneel’ (S); and ‘Dieet’ (F). T was die enigste tydskrif wat artikels in die ‘Ouer’ afdeling gepubliseer het. Statistiese analises het egter getoon dat die enigste insiggewende verskille in die ’vroue’ (F>T); ‘Geestelik’ (F>S; T>S); ‘Emosioneel' (S>F) en ’Dieet’ (F>S) afdelings voorgekom het. Daar is gevind dat rapportering in die betrokke tydskrifte ongebalanseerd was ten opsigte van sekere aspekte van gesondheid. Die grootste gebrek was dat daar geen inligting oor die voorkoming van MIV/Vigs verskaf is nie, alhoewel dit bekend is dat dit nou die hoof oorsaak van sterftes in Suid-Afrika is.
3

Vooruitsigte van die Afrikaanse tydskrifmark : die lewenskragtigheid van Afrikaans, en hoe dit manifesteer in die lewenskragtigheid van Afrikaanse tydskrifte oor die korttermyn

Nanny, Pia 03 1900 (has links)
Assignment (MPhil)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: After South Africa’s transition to democracy in 1994, many Afrikaans-speaking people were worried that their language might not survive, especially in a country where English became the accepted lingua franca. However, since 1999 a large number of Afrikaans magazines have entered the market. Publishers and marketers have realized the magazine-reading Afrikaans market is affluent and willing to use their spending power to read their language. Contrary to Afrikaans, the other indigenous languages have not proven themselves to be as marketable. Even though these languages are spoken by the biggest part of the South African population, they are mainly used in the speakers’ private spheres. In a country where most Afrikaans speaking people are bilingual and many South Africans are able to understand English, the question is: Why has Afrikaans not followed the same route as the other indigenous languages, and might it still go that way if its future is left to be determined by market influences? The focus of this study is on the origin and the development of the Afrikaans publishing market, with specific emphasis on magazines. Afrikaans’ position in the community and the economy of the Afrikaans magazine market will also be discussed. The study aims to answer the question: Is it still economically viable to publish in Afrikaans and what are the Afrikaans magazine publishing market’s prospects for the next five to ten years. The researcher comes to the conclusion that it is still very profitable to publish Afrikaans magazines. A publication’s success will be determined by whether it satisfies a need, whether it has a sound business model and whether advertisers are willing to use the publication as an advertising medium. It is up to magazines to convince advertisers to advertise in Afrikaans or to be willing to accept English ads. The less affluent Afrikaans-speaking market could be considered a future market for magazine publishers. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Kort ná Suid-Afrika se oorgang na demokrasie in 1994 het onder Afrikaanssprekendes kommer ontstaan dat hul taal sou verdwyn, veral toe Engels as die algemene gebruikstaal in die openbare sfeer na vore getree het. Die getal Afrikaanse tydskrifte op die Suid-Afrikaanse mark het egter sedert 1999 toegeneem. Uitgewers en bemarkers het besef die Afrikaanssprekende tydskrifmark is welvarend en Afrikaanssprekendes is bereid om hul koopkrag te gebruik om hul te taal te lees. In teenstelling met Afrikaans het die ander inheemse tale nie dieselfde bemarkbaarheid getoon nie. Hoewel die tale ’n aansienlike moedertaalbasis het, word dit grotendeels in die sprekers se private sfere gebruik. In ’n land waar die meeste Afrikaanssprekendes tweetalig is en ’n groot persentasie van die bevolking Engels magtig is, is die vraag waarom Afrikaans nie dieselfde roete gevolg het as die ander inheemse tale nie en of dit dalk nog daardie roete sal volg indien sy voortbestaan aan markkragte oorgelaat word. Die fokus van hierdie navorsing is op die Afrikaanse tydskrifbedryf – die ontwikkeling en groei van die Afrikaanse tydskrifmark en die ontstaan van nuwe Afrikaanse titels. Die fokus is dus terselfdertyd onvermydelik ook op Afrikaans se posisie in die samelewing. Laastens is die fokus op die ekonomie van die Afrikaanse tydskrifbedryf. Dit is steeds ’n sake-onderneming, en moet dus winsgewend wees. Die studie wil dus vasstel watter faktore ’n rol speel in die lewenskragtigheid van die Afrikaanse uitgewersbedryf. Die sentrale navorsingsvraag is: Is dit steeds ekonomies lewensvatbaar om in Afrikaans te publiseer, en wat is die Afrikaanse uitgewersmark se vooruitsigte vir die volgende vyf tot tien jaar? Die studie kom tot die gevolgtrekking dat dit tans baie voordelig is om in Afrikaans te publiseer. ’n Publikasie se oorlewing sal egter afhang van of dit ’n behoefte onder lesers bevredig, van ’n goeie sakemodel en veral die bereidwilligheid van adverteerders om die tydskrif as advertensiemedium te gebruik. Die onus rus op die tydskrifbedryf om óf die adverteerders te oortuig om Afrikaanse kopie te skep óf bereid te wees om ter wille van die ekonomiese oorlewing van die produk Engelse advertensies te aanvaar. Die studie bevind ook dat die minder welvarende Afrikaanssprekende bevolking as ’n toekomstige mark beskou kan word en tydskrifte kan daar moontlik na die sukses van koerante kyk.

Page generated in 0.1184 seconds