Spelling suggestions: "subject:"women's periodical -- cocial aspects"" "subject:"women's periodical -- bsocial aspects""
1 |
Die fragmentasie in die Suid-Afrikaanse vrouetydskrifmark : die invloed van "vrou-gerigte" nistydskrifte op die "tradisionele algemene belangstelling"-vrouetydskrif : gaan die "tradisionele algemene belangstelling" Suid-Afrikaanse vrouetydskrif die vloedgolf nuwe "vrou-gerigte" nistydskrif oorleef?Rossouw, Elna 04 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: The appearance and content of magazines in the South African consumer market has changed drastically during the past two decades. Where once only a handful of women’s magazines existed from which readers could choose, shelves in shops today are filled to capacity with glossy publications which address every possible need, interest and desire of feminine readers.
This diversification in the South African women’s magazine market happened almost overnight and there is no doubt that the advent of the niche market of women-focused magazines has changed the landscape of the South African magazine. The established traditional women’s magazine of broad general interest had to take cognizance meticulously of the worldwide trend and of various economical, political and socio-cultural factors influencing the successful publication of women’s magazines locally.
The aim of this study is to see how the advent and growth of niche-market magazines focused exclusively on matters of interest specifically to women such as home, décor, garden, food, health, lifestyle, handcrafts and parenting have affected the world of the “traditional” South African women’s magazine.
The researcher endeavours to answer the question as to whether the traditional women’s magazine of general interest can survive the flood of new “women-directed” magazines and has concluded that in order not only to survive, but to maintain necessary profit margins, the traditional general interest women’s magazine is going to have to adapt its contents urgently and continuously to the needs of its readers. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die voorkoms en samestelling van tydskrifte in die Suid-Afrikaanse verbruikersmark het radikaal verander gedurende die laaste twee dekades. Waar daar eers net ʼn tiental vrouetydskrifte was waaruit lesers kon kies, is winkelrakke nou tot boordensvol met glanspublikasies wat elke moontlike behoefte of begeerte van vroulike lesers aanspreek.
Hierdie fragmentasie in die Suid-Afrikaanse vrouetydskrifmark het byna oornag gebeur en daar is geen twyfel dat die koms van “vrou-gerigte” nistydskrifte die landskap van Suid-Afrikaanse vrouetydskrifte heeltemal verander het nie. Die gevestigde “tradisionele” vrouetydskrif moes noukeurig kennis neem van hierdie wêreldwye tendens en moes verder ook verskeie ekonomiese, politieke en sosio-kulturele faktore wat die suksesvolle publikasie van vrouetydskrifte beïnvloed, in gedagte hou.
Die doel van hierdie studie is om te kyk hoe die ontstaan en ontwikkeling van nistydskrifte wat op bepaalde “vrou-gerigte” onderwerpe soos huis, dekor, tuin, kos, gesondheid, leefstyl, handwerk en ouerskap fokus, die wêreld van die “tradisionele” Suid-Afrikaanse vrouetydskrifte geraak het.
Die navorser poog om die vraag of die “tradisionele algemene belangstelling”- vrouetydskrif die vloedgolf nuwe “vrou-gerigte” nistydskrifte gaan oorleef, te beantwoord. Die gevolgtrekking is dat die “tradisionele” vrouetydskrif haar inhoud indringend en op ʼn voortdurende basis sal moet aanpas by die behoeftes van haar lesers, nie alleen ter wille van oorlewing nie, maar ten einde noodsaaklike winsmarges te kan handhaaf.
|
2 |
Flesh for fantasy : exposing the sexualised and manipulated female persona in contemporary women's mediaHunter, Catherine Wood 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis focuses on the representation of women in media aimed at women. A critical
examination of visual communication (magazines, advertising and visual story-telling1) will
demonstrate that the media may be regarded as highly influential in the way women perceive
their bodies, reproduction and sexuality.
I begin by examining the presentation of the ‘ideal’ woman as an instance of the Pygmalion
complex. This reading of the media’s formulation of the female ideal aims to demonstrate
the psychological effects of the Pygmalion complex on women, and illustrates how the
resultant striving for perfection drives production and consumption. I shall demonstrate how
the image of the ‘ideal’ woman is increasingly more sophisticated and convincingly
portrayed through the use of digital manipulation, plastic surgery, excessive dieting and
exercise regimes. I propose that the average woman is left feeling inadequate and is
undermined by the voice of her own cultural representation.
This thesis also investigates the persistence of the virgin / whore binary in the media’s
depiction of female sexuality. I propose that this is an essentialist and dualistic presentation
of female sexuality as either ‘good’ (surrendered, submissive and conforming – i.e. the
virgin); or ‘bad’ (transgressive, explicit, dangerous and destructive – i.e. the whore). I further
suggest that this polarised appropriation of women’s sexuality deprives women of ownership
of their own sexuality. I also propose that the media’s treatment of female sexuality presents
women as being in competition within one another for male attention and approval and that
this representation damages female solidarity.
Finally I demonstrate that pornography has infiltrated all aspects of popular culture, from
magazines to music videos. My hypothesis is that this use of pornographic conventions
depicts the rape and abuse of women as normative, commonplace and even entertaining, and
that this has a detrimental effect on both women’s and men’s sexual and social wellbeing. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis is gerig op hoe vroue in die media wat op vroue gerig is, verbeeld word. 'n
Kritiese ondersoek van visuele kommunikasie (in tydskrifte, reklame en visuele verhaling2)
sal toon hoe die media as uiters invloedryk beskou kan word ten opsigte van hoe vroue hul
eie liggame, voortplanting en seksualiteit beskou.
Ek begin deur die voorstelling van die 'ideale' vrou as 'n voorbeeld van die Pygmalionkompleks
te ondersoek. Hierdie beskouing van die media se formulering van die ideaal van
vrouwees is daarop gerig om die sielkundige effek van die Pygmalion-kompleks op vroue te
demonstreer en illustreer hoe produksie en verbruik deur die strewe na perfeksie wat as
gevolg van hierdie formulering ontstaan, aangedryf word. Ek sal toon hoe die beeld van die
'ideale' vrou, as meer en meer gesofistikeerd, oortuigend weergegee word deur middel van
digitale manipulasie, plastiese snykunde, oormatige volg van diëte en oefenprogramme. Ek
voer aan dat die gemiddelde vrou hierdeur met die gevoel gelaat word dat sy tekortskiet en
ondermyn word deur die boodskap van die publikasies wat haar eie kulturele beeld
verwoord.
Hierdie tesis ondersoek ook die volhardendheid van die tweeledige voorstelling van vroulike
seksualiteit in die beelding van maagd en hoer wat in die media aangebied word. Ek voer aan
dat dit 'n wesenlike en dualistiese voorstelling van vroulike seksualiteit as óf 'goed'
(uitgelewer, gedwee en konformerend – d.w.s. die maagd), óf 'sleg' (oortredend/sondig,
eksplisiet, gevaarlik en vernietigend – d.w.s. die hoer) is. Ek stel verder voor dat hierdie
gepolariseerde toe-eiening van die vrou se seksualiteit vrouens van eienaarskap van hul eie
seksualiteit ontneem. Ek stel ook voor dat die voorstelling van die vrou se seksualiteit soos
dit in die media aangebied word, suggereer dat vrouens ter wille van die aandag van 'n man
en om goedkeuring te wen met mekaar kompeteer en dat hierdie voorstelling skade doen aan
die gevoel van solidariteit tussen vroue.
Ten slotte demonstreer ek hoe pornografie reeds alle aspekte van die populêre kultuur vanaf
tydskrifte tot musiekvideos binnegedring het. My hipotese is dat hierdie gebruik van
pornografiese konvensies die verkragting en mishandeling van vroue as normatief, alledaags
en selfs vermaaklik uitbeeld en dat dit 'n nadelige effek het op die seksuele en die sosiale
welsyn van mans sowel as vroue.
|
Page generated in 0.0933 seconds