• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die meetbare effek van ’n elektroniese skryflaboratorium : ’n loodsprojek aan die Universiteit van Stellenbosch

Loftie-Eaton, Eloise 12 1900 (has links)
Thesis (MA (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2004. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die geografiese ligging van enige bepaalde skryflaboratorium maak dit dikwels moeilik vir verafgeleë afstandonderrigstudente om ’n konsultasie te ontvang. ’n Veeleisende klasrooster kan dit vir residensiële studente enersyds problematiseer om ’n nabygeleë skryflaboratorium fisies te besoek vir hulp rakende ’n spesifieke skryfopdrag. Hierdie twee studentegroepe benodig gewoonlik addisionele skryfhulp om die tekskwaliteit van hulle geskrewe tekste te verbeter. In hierdie werkstuk het die navorser gevolglik ondersoek ingestel of ’n elektroniese skryflaboratorium, gegrond op die bestaande World Wide Writing (WWW)-model, ’n statisties beduidende effek gelewer het om studente se skryfvaardighede te verbeter. Die teoretiese raamwerk vir hierdie loodsprojek is verskaf deur Bereiter en Scardamalia (1987) se tweeledige skryfprosesmodel. Laasgenoemde model het ’n belangrike komponent van die ondersoek gevorm om die ontwikkeling van die hersieningsfase (waarmee ook herskrywing bedoel word) in die skryfproses te illustreer, nadat die proefpersone blootgestel is aan ’n skryfadvies oor paragrafering. Altesaam 67 tweedejaarproefpersone van die Universiteit van Stellenbosch het die opdrag ontvang om verbeterings aan die paragraafstruktuur van hulle oorspronklike teks aan te bring, ná verwysing van die elektroniese skryflaboratorium wat skryfhulp aangebied het in die vorm van web-advies. Hierna het die proefpersone ook ’n vraelys voltooi om hulle houding ten opsigte van die web-advies bloot te lê. ’n Geselekteerde ekspertpaneel het gevolglik die paragraafstruktuur van die tekste geëvalueer en sodoende aangedui of die tekskwaliteit verbeter het of nie. Hierdie resultate is uiteindelik gebruik om die effek te meet wat ’n elektroniese skryflaboratorium uitgeoefen het om die hersieningsfase van die skryfproses te beheer.

Page generated in 0.085 seconds