• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Hollandse skrywers uit Suid-Afrika; 'n kultuur-historiese studie ...

Conradie, Elizabeth Johanna Möller. January 1900 (has links)
Vol. 1 issued also as the author's thesis, Amsterdam.
2

Verwysing na musiek in die roman Agaat van Marlene van Niekerk (Afrikaans)

Van der Mescht, Heinrich Hermann 20 October 2009 (has links)
AFRIKAANS : Die doel van die navorsing was om vas te stel watter metodes Marlene van Niekerk in haar roman Agaat gebruik om die karakters en hulle omstandighede deur middel van verwysings na musiek te teken. Die verhandeling begin met ’n oorsig oor die interdissiplinêre studiegebied van verwysing na musiek in die letterkunde. Op hierdie terrein het onder andere Fuller, Losseff, Scher en Weliver belangrike rolle gespeel. Die wyse waarop uitsprake van onder andere Bakhtin, Barthes, Blanchot, Eco, Kristeva en Van Wyk Louw op die gebied van verwysing, en dus op Van Niekerk se Agaat, van toepassing gemaak kan word, is ondersoek. Deur ’n onderhoud met Van Niekerk is daar meer oor haar houding oor musiek en verwysings daarna in Agaat uitgevind. Sy voel sterk dat die gebeure en musiekverwysings in Agaat nie op haar as persoon van toepassing gemaak moet word nie. Tog is daar baie van die musiek waarna verwys word wat vir haar ook baie betekenisvol is. Sy luister baie na musiek en gebruik dit as ’n stimuleringsmiddel, maar ook om haar in toom te hou sodat sy nie te “maklik” skryf nie. Van Niekerk beskik oor ’n goeie kennis van musiek en van die repertorium en kan dus ’n wye verskeidenheid verwysings maak na musiekterminologie, musiekinstrumente, musiekmaak, Suid-Afrikaanse kultuur waarin musiek ’n deurslaggewende rol speel, FAK- en Afrikaanse volksliedere, psalms, gesange en hallelujaliedere, ander ligte liedere, en komposisies uit die repertorium van klassieke musiek. Daar word in Agaat ook verskuilde, vertaalde aanhalings van versreëls uit getoonsette gedigte uit die Duitse kunsliedrepertorium ingesluit. In laasgenoemde geval (gedigte getoonset deur Brahms, Mahler, Schubert en Schumann) word die woordteks op ’n komplekse manier geïntegreer. Van Niekerk sluit die woordteks van godsdienstige en volksliedere byna uitsluitlik in om ironiese kommentaar op gebeure te lewer. Dit is selde dat hierdie tekste in hulle gebruiklike omgewing aangewend word. Die intertekstuele integrasie van musiekverwysings in Agaat kan as ’n baie groot prestasie beskou word. ENGLISH : The aim of the research was to establish the methods used by Marlene van Niekerk in her novel Agaat (the Afrikaans version) to paint the characters and their circumstances by means of references to music. The dissertation starts with an overview of the interdisciplinary field of music references in literature. In this area Fuller, Losseff, Scher and Weliver (amongst others) have played a major role. The ways in which pronouncements by (amongst others) Bakhtin, Barthes, Blanchot, Eco, Kristeva and Van Wyk Louw can be applied to the field of references, and therefore to Van Niekerk’s Agaat, were investigated. In an interview with Van Niekerk, her views on music and references to music were clarified. She feels strongly that the events and references to music in Agaat should not be equated to her own life. Nevertheless, much of the music referred to is also significant to Van Niekerk. She listens to music much, using it as a stimulus, but also to keep her in check so that she does not fall into “easy” writing. Van Niekerk possesses a sound knowledge of music and of the repertoire. She can therefore make a variety of references to music terminology, music instruments, music making, South African culture in which music plays a decisive role, Afrikaans folk songs and songs from the FAK song album, psalms and hymns, popular songs, and compositions from the repertoire of classical music. Concealed, translated quotations of lines from German poems set to music as art songs are also included in Agaat. In these cases (poems set to music by Brahms, Mahler, Schubert and Schumann) the word text is incorporated in a complex manner. Van Niekerk includes the word texts of religious and folk songs nearly exclusively in order to comment on events in an ironic way. These texts are seldom presented in their proper circumstances. The intertextual integration of music references in Agaat can be regarded as a great achievement. Copyright / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2009. / Afrikaans / unrestricted
3

’n Ontleding van die die konsep ‘liminaliteit’ soos dit vergestalt word met betrekking tot hoofkarakters in: ’n Ander land deur Karel Schoeman ; Die son kom aan die seekant op deur Jeanette Ferreira ; Lang skaduwees in Afrika deur Connie Luyt en Paul Roux (ongepubliseerd) deur Renée Rautenbach (Afrikaans)

Conradie, Renee Elsie 13 July 2011 (has links)
Die doel van die navorsing is om vas te stel of liminale prosesse, drumpeloorgange en transformasie deur die verskuiwing van sosiogeografiese omgewing teweeggebring word. Vir die terreinverkenning van die term liminaliteit word gebruik gemaak van die teorië van antropoloë Arnold van Gennep en Victor Turner en word getoon dat die term liminaliteit al hoe meer vryelik in velde buite die antropologie gebruik word. Die toepasbaarheid van die drie fases (pre-liminaire, liminaire en post-liminaire) van die rites de passage en die heropname in die communitas word met betrekking tot die letterkunde toegelig. Die ondersoek van die konsep liminaliteit word ten opsigte van literêre karakters gedoen aan die hand van die oorsake en dryfvere wat tot liminale prosesse lei, asook die uitwerking van daardie prosesse op die geestelike instelling van die verskillende hoofkarakters in die romans ’n Ander land van Karel Schoeman, Die son kom aan die seekant op van Jeanette Ferreira, Lang skaduwees in Afrika van Connie Luyt en die ongepubliseerde roman Paul Roux van die kandidaat self. Die verskillende elemente (dryfvere, karakterisering, milieus, drumpeloorgange en transformasies) wat tot liminale situasies bydra, word behandel. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die verskillende elemente dui op die roete wat na die rites de passage toe kan lei. Navorsingsartikels en essays wat die tussenruimtes en oorskryding van grense in verskillende publikasies bespreek, word gebruik om die ondersoek toe te lig. Besprekings van Louise Viljoen (Woordwerk van Breyten Breytenbach), Adéle Nel (Lykdigte en Ruggespraak van Joan Hambidge), Heilna du Plooy (Niggie van Ingrid Winterbach), Dorothea van Zyl (Vaselinetjie van Anoeschka von Meck), Marlies Taljaard (Kleur kom nooit alleen nie van Antjie Krog) is hiervoor aangewend. Daar word ook na ekspat-literatuur soos dié van Laurens van der Post, Breyten Breytenbach en Gérard Rudolf verwys. Dit is ’n vrugbare tegniek om literêre karakters vanuit Van Gennep en Turner se teorieë te ontleed. Soos wat die konsep liminaliteit toenemend gebruik en toegepas word, sal dit ook meer in die literatuur aangewend word, veral in die werk van ekspatskrywers. Wat hierdie bevindings betref, kan ’n mens begin gis oor die Afrikaanse diaspora-letterkunde wat ’n nuwe communitas vir drumpelfigure geskep het. Die gemeenskaplike kreatiewe energie in hierdie liminale sone kan as bewusmaking dien en sodoende verandering teweegbring. ENGLISH : The purpose of the research is to determine whether liminal processes, threshold crossings or transformation can be brought about by the changing of socio-geographical environment. For the exploration of the term liminality the theories of anthropologists Arnold Van Gennep en Victor Turner are used and it is shown that the term is increasingly used in other fields. The applicability of the three phases (preliminaire, liminaire and post-liminaire) of the rites de passage and the reentering of the structural realm, the communitas, is enlightened with the help of literature. The analysis of the concept liminality regarding these literary characters is done by causes and motivations that lead to liminal processes, as well as the effect of those processes on the spiritual/mental inclination of the characters in the novels ’n Ander land by Karel Schoeman, Die son kom aan die seekant op by Jeanette Ferreira, Lang skaduwees in Afrika by Connie Luyt and the candidate’s unpublished novel Paul Roux. Different elements (motivation, characteristics, milieu, thresholds and transformation) that lead to liminal phases, are discussed. It was found that the different elements indicate the route leading to the rites de passage. Applicable essays and articles regarding the liminal phases and transgression of borders in different publications are explored to explain the analysis. Research articles and essays focusing on the phases leading to the rites de passage used for this analysis are those by Louise Viljoen (Woordwerk of Breyten Breytenbach), Adéle Nel (Lykdigte en Ruggespraak of Joan Hambidge), Heilna du Plooy (Niggie by Ingrid Winterbach), Dorothea van Zyl (Vaselinetjie by Anoeschka von Meck) and Marlies Taljaard (Kleur kom nooit alleen nie by Antjie Krog). Reference is also made to the ex-pat literature of Laurens van der Post, Breyten Breytenbach and Gérard Rudolf. Applying Van Gennep and Turner’s theories for the analysis of literary characters is fruitful. As the concept liminality is used and applied increasingly, it will become more relevant in literature, especially in the work of expat writers. Regarding the findings, one can speculate about the ‘diaspora’ literature in Afrikaans that created a new communitas for threshold figures. The communal creative energy in this liminal zone can be effective as to an awakening that can bring about change. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2010. / Afrikaans / unrestricted

Page generated in 0.0932 seconds