• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Lewe en werk van Walter Battiss met besondere verwysing na sy grafiese kuns

Schoonraad, Murray George January 1974 (has links)
Walter Whall Battiss is in 1906 in Somerset-Oos gebore en het in die Oranje Vrystaat groot geword waar hy in sy kinderjare met prehistoriese rotsgravures kennis gemaak het. Hieruit het sy groot bewondering vir die rotskuns gespruit, wat in later jare so 'n groot invloed op sy kuns sou hê. Battiss se kunsloopbaan het in erns op Rustenburg, Transvaal, waar hy in die landdroskantoor werksaam was, 'n aanvang geneem. Hier het hy bevriend geraak met Erich Mayer en ook sy eerste kunsuitstalling gehou van 26 tot 27 Augustus 1927. Battiss het weinig formele kunsopleiding ontvang en wel slegs in Suid-Afrika aan die Johannesburgse Kunsskool vir kort periodes gedurende 1929 tot 1933. Van 1930 tot 1933 was hy voltydse student aan die Johannesburg Teachers' Training College en het daarna vir die volgende dertig jaar onderwys gegee, eers aan die Park School Turffontein en toe aan die Pretoria Boys' High School. In 1938 het hy saam met enkele ander kunstenaars die Nuwe Groep gestig. Daarna het hy deurgaans 'n leidende rol in die kunsverenigingslewe in Suid-Afrika gespeel. In 1938 het hy ook sy eerste reis na Europa onderneem waar hy met die werke van Van Gogh en die destydse modernes soos Picasso, Matisse en Modigliani in aanraking kom. Deur die jare sou Battiss talle reise na Europa en verskillende dele van Afrika onderneem en telkens die indrukke wat hy so verkry het in sy kuns verwerk. Vanaf 1953-1958 was hy hoof van die Provinsiale Kunssentrum in Pretoria en in 1959 het hy vir ses maande as professor in Skone Kuns aan die Universiteit van Rhodes, Grahamstad, diens gedoen. Vanaf 1959 tot 1964 het hy onderwys gegee en in 1965 is hy as professor in Beeldende Kunste aan die Universiteit van Suid-Afrika aangestel. Sedert sy aftrede in 1971 is hy in Pretoria woonagtig. Battiss het verskeie toekennings ontvang: 'n diploma en brons medalje op die 14e Internasionale Olimpiese uitstalling (1948); Erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (1964) en 'n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Suid-Afrika (1973). Battiss is die outeur van twaalf boeke en het reeds 241 uitstallings gehou, waarvan 64 eenmanuitstallings was. Deur middel van sy gebruik van kleur en die invloed van die inheemse kuns in sy werk, het hy Suid-Afrika bewus gemaak daarvan dat 'n Europese benadering nie summier op die Suid-Afrikaanse toneel oorgedra kan word nie. In sy grafiese kuns het Battiss feitlik alle moontlike tegnieke beoefen en veral in die houtsneë, houtgraverings, linosneë, syskermdrukke en litografie puik werk gelewer. Hy was waarskynlik die eerste om die syskermdruk as suiwer kunsvorm in Suid-Afrika te gebruik; hy is een van die weinige Suid-Afrikaanse kunstenaars om houtgraverings te doen en om Suid-Afrikaanse houtsoorte vir sy grafiese tegnieke te gebruik. Dit is nie moontlik om die kuns van Walter Battiss in tydperke of periodes in te deel nie. In die oorheersende styl wat hy in sy grafiese werk gebruik, skakel hy die derde dimensie uit en die meeste werke skep die indruk van plat vlakke. Walter Battiss het in sy grafiese werk die grootste bevestiging van sy aanvaarding as doyen van die Suid-Afrikaanse kunstenaars gelewer. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1974. / gm2013 / Visual Arts / unrestricted
2

Totemistiese aspekte in die primitivistiese kuns van Battiss en Bedia / Casper Francois Pretorius

Pretorius, Casper Francois January 2014 (has links)
Hierdie verhandeling bied ʼn vergelykende ondersoek na ʼn aantal sogenaamde totemistiese aspekte in geselekteerde kunswerke van twee kunstenaars, Walter Battiss (1906-1982) en José Bedia (geb. 1959). Hierdie kunstenaars maak albei gebruik van ʼn benadering wat as primitivisties getipeer kan word. Die klem berus op hul soeke na unieke visuele tale deur die inkorporering van visuele en inhoudelike invloede uit primitiewe kunstradisies. Die ondersoek geskied aan die hand van ʼn metodologiese ontleding en interpretasie van Battiss se Symbols of life (1967) en José Bedia se Aquel lugar del fin del mundo (1999). Die ontledingsmetode is saamgestel vanuit ‘n besinning oor primitivisme en totemisme as teoretiese begronding en is op so ‘n wyse gerig om die hibridiese figure, oftewel teriantrope, in die onderskeie werke as totems te interpretasie met die doel om meer insig te bekom met betrekking tot die aard van hierdie figure asook die funksies waarvoor hierdie figure deur die kunstenaars gebruik is. Die gevolgtrekkings wat deur die ontleding en interpretasie van die geselekteerde kunswerke in hierdie studie gemaak word, behels dat die “lees” van die hibridiese figure in die onderskeie kunswerke as totems daarop dui dat alhoewel die aard en funksies van hierdie figure van mekaar verskil, daar wel noemenswaardige ooreenkomste is. Wat die aard van die hibridiese figure in Symbols of life (1967) betref, is hierdie figure geïdentifiseer as ‘n spesie van onbekende saamgestelde karakters waarvan die voorstellings gesamentlik ‘n bepaalde groep mense impliseer, naamlik die Boesmans, en dat die uitbeelding van hierdie figure mitiese en spirituele aspekte oproep van die Boesmans se wêreldbeskouings. Daarenteen is die hibridiese figuur in Bedia se Aquel lugar del fin del mundo (1999) geïdentifiseer as ‘n Cimarron wat as ‘n apikale totem op twee ontologiese vlakke figureer. Dit behels dat die uitbeelding van die Cimarron ‘n spesifieke wese voorstel wat beide ‘n groep mense oproep, naamlik lede van Sentraal-Amerikaanse Kreoolse kulture, en dat dit ook ‘n spesifieke individu oproep, naamlik Bedia self. Met betrekking tot die funksies wat die hibridiese figure in die geselekteerde kunswerke vervul, plaas Battiss doelbewus die aanskouer in kontak met ‘n onbekende mitiese andersheid wat as katalisator die aanskouer konfronteer met aspekte rakende die menslike kondisie. In teenstelling hiermee, betrek Bedia met die uitbeelding van die Cimarron ‘n spesifieke en hoogs gelade konteks wat bepaalde emosionele reaksies by die aanskouer kan ontlok. Die interpretasie van die hibridiese figure in die geselekteerde kunswerke as totems dui in beide gevalle daarop dat die kunstenaars deur hul onderskeie kunswerke van die die aanskouer vereis om epistemologiese en ontologiese besinnings te maak oor wat dit beteken om mens te wees, veral in ‘n eietydse omgewing, en noop verder van die aanskouer om te reflekteer oor waarheen die menslike kondisie ontwikkel met inagname ook van wat in die proses verlore mag gaan. Hierdie verhandeling behels ʼn interdissiplinêre studie waarin die klem op die kunsgeskiedenis berus, en waarin ter wille van die interpretasie van totems, ook gefokus word op die antropologiese studies rakende totemisme. / MA (History of Art), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
3

Page generated in 0.0615 seconds