1 |
Developing a capital project selection framework using a multi-criteria decision analysis technique in a group decision environmentClack, Gregory Lionel 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Everyone, generally. would like to make good decisions, or receive the greatest benefit from a
decision made. Companies are no different in this respect and the process of selecting an
investment project portfolio has become an important activity. This is, further, complicated by
the fact that companies have multiple, and often, conflicting objectives in a situation of capital
rationing.
This study project proposes a conceptual framework for project portfolio establishment, for
application in an industrial manufacturing type environment, by integrating project evaluation
and selection, a multi-criteria decision analysis technique and group decision-making. The
project issues, the selection of a multi-criteria decision analysis technique and group decisionmaking
are dealt with sequentially and then integrated to develop this conceptual framework.
The explorative part of this study project deals with project evaluation and selection issues, and
the concept of the triple bottom line is proposed to capture the multiple objectives of the
company's decision context. Further, decision analysis concepts are reviewed and three
categories of multi-criteria decision analysis methods identified. Selected methods in these
categories are described, examined and the advantages and drawbacks of the different categories
highlighted. The Analytic Hierarchy Process is proposed as the underlying multi-criteria decision
analysis technique to support this conceptual framework. Group decision-making is investigated,
and aggregation procedures and a method of consistency checking suggested.
Finally, the framework is applied to a hypothetical case and the results presented. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Oor die algemeen wil almal goeie besluite neem, of maksimum voordeel uit die besluite trek.
Maatskappye het dieselfde motivering en die aktiwiteit om 'n kapitaalinvesteringsportfolio saam
te stel word as van groot belang beskou. Hierdie aktiwiteit is ook deur die werklikheid van vele,
dikwels teenstrydige doelwitte sowel as beperkte fondse bemoeilik.
In hierdie werkstuk word 'n begripsraamwerk vir die daarstelling van 'n investeringsportfolio vir
kapitaalprojekte in 'n nywerheidsomgewing, wat projekevaluering en - keuring, veelvoudige
kriterium besluitnemingstegnieke en groepsbesluitneming insluit, voorgestel. Projekverwante
faktore, die keuse van 'n veelvoudige kriterium besluitnemingstegniek en derdens
groepsbesluitneming word apart bespreek en daarna in die bogenoemde raamwerk geintegreer.
Die navorsingsgedeelte van hierdie werkstuk verwys na die evaluering en keuse van projekte. Die
begrip van 'n drievoudige maatstaf ('triple bottom line') om die kompleksiteit van 'n maatskappy
se besluitnemingsdoelwitte te illustreer, word ondersteun. Daarna word besluitnemingsbegrippe
bespreek en drie kategoriee van tegnieke vir veelvoudige kriterium besluitnemings uitgelig.
Onder hierdie kategoriee is verkose metodes beskryf en ondersoek, en voor- en nadele van die
kategoriee uitgewys. Die Analitiese Hierargie proses word voorgestel as basis van die
begripsraamwerk. Groepsbesluitneming word ondersoek en versamelingsmetodes met kontrole
vir konsekwentheid word voorgestel.
Laastens word die besluitnemingsraamwerk op 'n denkbeeldige geval toegepas en word die
resultate bespreek.
|
Page generated in 0.1311 seconds