1 |
Eiendomsbestuur in die Wes-Kaapse Onderwysdepartement : 'n ondernemende benaderingLouw, Johanna Elizabeth 03 1900 (has links)
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The Western Cape Province experiences a shortage of funds, which results in provincial departments,
such as the Western Cape EducationDepartment (WCED), not being able to fulfil all its needs. Alternative
methods of funding have to be found to supplement the traditional tax-based funding by the State.
The Provincial Administration: Western Cape (PAWC) owns immovable properties which are not fully
utilised or managed cost-effectively. Properties, if managed entrepreneurially, offer the advantage of an
income to the PAWC, and the WCED in particular. This study investigates the possibility of entrepreneurial
property management in the public sector. Literature has been studied in order to establish what property
management is about, what public management and entrepreneurial public management entail, and the
characteristics that organisations should have to manage themselves innovatively.
The present property management system in the PAWC and the WCED was examined and problems
regarding the system highlighted. Guidelines for entrepreneurial property management were then drawn
from the literature. With a view to ensuring the optimal management and use of property and a
comprehensive service to clients, an organisational structure model was developed and illustrated
schematically. The existing public management system was evaluated and found to be unsatisfactory
measured against the guidelines and model for entrepreneurial public management. Recommendations
were made for changing and renewing the organisational structure and management style of the PAWC
and WCED. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Wes-Kaap Provinsie ondervind 'n tekort aan fondse, wat meebring dat provinsiale departemente, soos
die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD), nie in al hul behoeftes kan voorsien nie. Alternatiewe
befondsingsmetodes moet ondersoek word ten einde die staat se tradisionele belastinggebaseerde
inkomste aan te vul.
Die Provinsiale Administrasie:Wes-Kaap (PAWK) besit vaste eiendomme wat nie optimaal benut of koste effektief
bestuur word nie. Indien eiendomme ondernemend bestuur kan word, is dit moontik dat dit 'n bron
van inkomste kan word vir die PAWK en die WKOD in die besonder. Hierdie studie ondersoek die
moontlikheid van ondernemende eiendomsbestuur in die openbare sektor. Literatuur is bestudeer om vas
te stel wat onder eiendomsbestuur verstaan word, wat onder openbare bestuur en ondernemende
openbare bestuur verstaan word, en watter eienskappe openbare organisasies moet openbaar om
ondernemend bestuur te word.
Die eiendomsbestuurstelsel in die PAWK en die WKOD is beskryf en die probleme in die stelsel belig.
Riglyne vir ondernemende openbare eiendomsbestuur is uit die literatuur afgelei. 'n
Organisasiestruktuurmodel, gerig op die maksimale bestuur en benutting van eiendomme en 'n
omvattende diens aan kliênte, is ontwikkel en skematies voorgestel. Die bestaande
eiendomsbestuurstelselis geëvalueer en daar is bevind dat dit nie aan die vereistes van die voorgestelde
riglyne en model vir ondernemende openbare bestuur voldoen nie. Aanbevelings is gemaak vir vernuwing
in die PAWK en die WKOD se organisasiestruktuur en bestuursbenadering.
|
Page generated in 0.1444 seconds