• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die Praktiese ondersteuning van ’n leerder met disleksie deur middel van ’n Instruksiebeplanningsproses

van der List, Wanda January 2014 (has links)
Tesis voorgelê volgens die vereistes van die M.Ed.: Onderwys Vir die Fakulteit van Onderwys en Sosiale Wetenskappe te Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie 2014 / Reading is the interaction between author and reader. To be able to read, the reader has to decode the message in order to read with comprehension/understanding. Reading consists of two components, namely word recognition and reading comprehension. Word recognition is the ability to recognise words as quickly as possible. Reading comprehension is the ability to store the meaning of the message in words in the brain. To be able to read the learner must be able to recognise the message and to understand what he/she reads. The ability to read is very important, because a good reading ability is the key to success in a learner’s studies at school. Reading problems occur due to the lack of phonological processing of written material. Reading problems are caused by various factors such as emotional factors, sensory factors and limited cognitive ability – to mention but a few. The purpose of this research was to determine whether a multi-sensory reading method such as the Silverman approach to reading could have a positive influence on the reading and studying abilities of a learner with dyslexia combined with an instructional design. A literature review was done on reading and reading problems, a multi-sensory approach, and well-known multi-sensory approaches such as the Davis method, Orton Gillingham method and the Silverman method. A Grade 8 learner who had been diagnosed with dyslexia was evaluated according to the ESSI reading and spelling tests to determine his reading and spelling levels. His parents and he had to complete questionnaires to determine his scholastic and social progress. After that, the learner was helped by using the Silverman spelling method to enhance his spelling and reading abilities. The duration of the course was thirteen weeks and the learner attended hourly sessions two times per week. The instructional design was used to adjust the sessions according to the learner’s needs. The quantitative research method, namely the ESSI reading and spelling tests, was used as well as the qualitative method. The researcher also used journal inscriptions to observe the sessions in order to change the programme should it be deemed necessary. After completion of the course, the learner was evaluated according to the ESSI test once more and his parents and he had to complete the questionnaire again to ensure reliability and validity. The results of the qualitative tests and the quantitative information pointed out that the learner successfully progressed in his reading and spelling abilities. Die praktiese ondersteuning van ’n leerder met disleksie deur middel van ’n instruksie-beplanningsproses vi It is thus possible to deduct that a multi-sensory reading and spelling method such as the Silverman method had a positive influence on the learner’s reading and spelling abilities. A shortcoming in the research was that the researcher was restricted to only four months to complete the research project. Should the research have begun from the beginning of the year, the results might have differed completely. The researcher has also made recommendations about the training of teachers, as well as recommendations to the Department of Education.
2

Die invloed van twee onderrigbenaderings op Graad 6 leerders se studieoriëntasie in Wiskunde

Dombai, Annetjie January 2013 (has links)
Hierdie studie handel oor die invloed van twee onderrigbenaderings naamlik tradisioneel en sosiaal-konstruktivisties, op Graad 6-leerders se studieoriëntasie in Wiskunde. Om die omvang hiervan beter in perspektief te plaas is daar gekyk na wat die moontlike verskille is tussen die tradisionele sowel as die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenaderings ten opsigte van Graad 6-leerders se studieoriëntasie in Wiskundeprestasie. Literatuur dui aan dat leerders swak presteer en noem faktore wat moontlik bydra. Verder dui die literatuur aan dat daar nie genoeg navorsing is ten opsigte van ontoereikende wiskundeprestasie nie. Dit is kommerwekkend dat daar tot dusver redelik min navorsing gedoen is wat Graad 6-leerders se ontoereikende prestasie in Wiskunde aanbetref (Rademeyer, 2009) aangesien dit so ’n belangrike rol speel tot die beroepswêreld (Salman et al, 2010). Maree, Pretorius en Eiselen (2003) meen dat verbetering in Wiskundeprestasie moontlik gefasiliteer kan word deur op die leerders se ontoereikende studieoriëntasie te fokus en dít dan so te probeer verbeter. Die konseptuele raamwerk van hierdie studie rus op Vygotsky se sone van proksimale ontwikkeling (Maimane, 2006) sowel as Bronfenbrenner se ekologiese teorie en die konseptuele raamwerk (Santrock, 2001; Bronfenbrenner,2012) Die navorsingsvrae lui dan as volg: Primêre navorsingsvraag: Wat is die verskil tussen die tradisionele sowel as die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenadering ten opsigte van Graad 6-leerders se studieoriëntasie in Wiskundeprestasie? Eerste sekondêre vraag: Hoe verskil die tradisionele onderrigbenadering ten opsigte van die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenadering? Tweede sekondêre vraag en hipotese: Wat is die verskil in Wiskundeprestasie voor en na die intervensie ten opsigte van die twee onderrigbenaderings? Derde sekondêre vraag en hipotese: Wat is die verskil in studieoriëntasie voor en na die intervensie ten opsigte van die twee onderrigbenaderings? Hierdie studie word beskou deur pragmatisme as ’n wêreldbeskouing en filosofiese fondasie aangesien pragmatisme die heel beste pas by die gemengde navorsingsmetode. Die konvergente navorsingsontwerp is die ideale navorsings-ontwerp vir hierdie studie aangesien dit die bekendste benadering tot die gemengde navorsingsmetode is. Vir die kwalitatiewe data-insameling is ek gebruik gemaak van fokusgroeponderhoude wat drie maal gehou is met beide die groepe, altesaam ses sessies. Daar was sewe leerders wat elk van die groepe verteenwoordig het, veertien leerders altesaam. Daar is gebruik gemaak van ’n individuele onderhoud met die Wiskundeonderwyseres aan die einde van die intervensie tydperk. Die data was geanaliseer deur inhoudsanalise. Die kwantitatiewe data is ingesamel deur die Studieoriëntasievraelys in Wiskunde (Primêr) (SOW(P)) en ook ’n formele wiskunde toets aan die begin en aan die einde van die intervensie tydperk. Daar was twintig leerders wat deelgeneem het aan die tradisionele groep en twintig leerders wat deelgeneem het aan die sosiaal-konstruktivistiese groep. Daar was altesaam veertig leerders betrokke by die studie. Die kwalitatiewe data-analise het uitgedraai op vier verskillende temas: faktore wat Wiskunde makliker maak vir leerders, faktore van Wiskunde wat vir leerders onaangenaam is, faktore van introspeksie en ook ander interessante faktore. Ek het ook observasies en addisionele data vanaf die Wiskundeonderwyseres verkry deur die individuele onderhoud. Vir die doeleindes van die kwantitatiewe data is gebruik gemaak van beskrywende sowel as inferensiële statistieke om die data te analiseer. Daar is gebruik gemaak van die paar-steekproef studente t-toets. Alles is dan na aanleiding van die data-analise bespreek en na aanleiding van my bevindinge en resultate is daar gevind dat daar wel ’n verskil is tussen die tradisionele onderrigmetode en die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenadering. Dit was ook duidelik dat daar ’n waarskynlike verskil tussen die voor-toets en die na-toets van die tradisionele sowel as die sosiaal-konstruktivistiese groep se Wiskundeprestasie is en dus is beide as statisties beduidend aanvaar. Wat die studieoriëntasie aanbetref het die uitkoms getoon dat daar geen verskil was tussen die voor-toets en die na-toets van die tradisionele groep nie, dus toon dit om nie statisties beduidend te wees nie . Daar was wel ’n waarskynlike verandering tussen die voor-toets en die na-toets van die sosiaal-konstruktivistiese groep se studie-oriëntasie en aanvaar ek dit dus as statisties beduidend. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Educational Psychology / unrestricted

Page generated in 0.0423 seconds