• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

The Ovambo sermon a study of the preaching of the Evangelical Lutheran Ovambo-Kavango Church in South West Africa /

Löytty, Seppo. January 1971 (has links)
Thesis--University of Helsinki, 1971. / Includes bibliographical references (p. 150-169).
2

Selfstandige naamwoord in Kwanyama

Zimmermann, Wolfgang January 1971 (has links)
In die verre noorde van Suidwes-Afrika is n aantal inboorlinggebiede gelee wat vanaf die weskus tot by die Caprivistrook in die ooste strek. In die weste, met die Kunenerivier as noordelike en die Atlantiese Oseaan as westelike grens, le 'n ruwe bergagtige gebied wat as die Kaokoveld, of deesdae Kaokoland bekend staan. Dit is die tuisland van die Hererosprekende Himba. In die ooste, afgesien van die nog verder oos gelee Caprivistrook, le die Kavango-tuisland. Hier woon die Kwangali, Shambyu, Gciriku en Mbukushu. Tussen hierdie twee gebiede le Owambo, tuiste van die Wambo. Dit is verreweg die digsbewoonde gebied in S.W.A. en het 'n bevolking van meer as 300,000. Ofskoon polities en etnies saamgesnoer, word die Wambo in agt stamme verdeel waarvan die KWANYAMA en Ndonga, hoofsaaklik vanwee hul getalsoorwig en as gevolg van sendingaktiwiteite, die vernaamstes is. Indien die.grens tussen Angola en S.W.A. buite rekening gelaat word, sou die KWANYAMA na skatting twee keer soveel as die Ndonga kon tel, ongeveer 140,000 teenoor 70,000. Die tale van die onderskeie groepe is dialekties aan mekaar verwant en is onderling verstaanbaar. Sowel KWANYAMA as Ndonga word in Owambo as amptelike tale erken. Die vernaamste verskille tussen die twee le in die eerste plek in die klankstelsel en fonologie en in die tweede plek in die woordeskat, terwyl die morfologie slegs enkele wesenlike verskille toon. In hierdie studie sal verwysings na Ndonga soms onvormydelik wees. 'n Aanhaling uit 'n uitgawe van "Bantu-Studies" (Doke, Maart 1933, p.26) mag die toestand van ons kennis van prof. Doke se suidwestelike Bantoetaalgroep paslik illustreer: "We confess, however, that in this field we are sadly lacking in information, as to the population involved and the relative importance to-day of these languages, and can make no definite suggestions of value until the necessary survey has been undertaken. Die behoefte aan meer ontsluitende kennis van genoemde taalgroep bestaan in 'n groot mate vandag nog. Ofskoon die selfstandige naamwoord in KWANYAMA maar een aspek is, en daar slegs aan geraak word, mag dit moontlik 'n bydrae tot ons kennis van die Suidwestale lewer. / African Languages / M.A. (Bantoetale)

Page generated in 0.0376 seconds