• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die onderrig van Scratch met die oog op die aanleer van Delphi as objekgeoriënteerde programmeertaal / Susarah van Zyl

Van Zyl, Susarah January 2014 (has links)
Volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring moet Inligtingstegnologie-leerders in graad 10 aanvangsonderrig in Scratch as programmeertaal ontvang en in graad 11 na Delphi of Java as programmeertaal oorskakel. In Noordwesprovinsie word Delphi as programmeertaal in graad 11 bestudeer. Die aard van Scratch en dié van Delphi verskil egter van mekaar. Scratch is ʼn visuele programmeertaal met ʼn speelse aard, waar boublokke met ingeboude programmeringskode inmekaar gepas word om programme te skep, terwyl programmeringskode in Delphi, onderhewig aan sintaktiese reëls, ingetik word. Daar word verder van leerders verwag om by Delphi ʼn objekgeoriënteerde programmeringsbenadering te volg terwyl Scratch as ʼn objekgebaseerde programmeertaal beskou word. Die oorgang vanaf Scratch na Delphi is nog nie tevore in navorsing ondersoek nie. Die doel van hierdie navorsing was dus om te bepaal hoe Scratch aan graad 10-leerders onderrig behoort te word om die oorgang na Delphi as sintaksisgebaseerde, objekgeoriënteerde programmeertaal te ondersteun. ʼn Kwalitatiewe studie is gedoen waartydens onderhoude met agt Inligtingstegnologie-onderwysers in Noordwesprovinsie gevoer is. Aan die begin van 2013 is die eerste onderhoude gevoer om te bepaal hoe Scratch in graad 10 onderrig is. Ná verloop van ses maande is ʼn tweede onderhoud met elke deelnemende onderwyser gevoer om te bepaal hoe die oorgang na Delphi in graad 11 ervaar is. Die bevindings dui daarop dat deelnemende onderwysers onseker was hoe om Scratch te onderrig en dat programmeringsbeginsels en -begrippe nie pertinent onderrig is nie. Onderwysers het op leerders se intuïtiewe begrip van programmeringsbegrippe staatgemaak en geskikte onderrig–leerstrategieë is nie toegepas nie. Met die oorgang na Delphi in graad 11 het onderwysers aangedui dat hulle programmering feitlik weer van voor af moes onderrig en dat baie min programmeringsbegrippe na Delphi oorgedra is. Onderwysers was onder druk om programmeringsbegrippe wat in graad 10 reeds vasgelê moes gewees het, tesame met nuwe begrippe wat vir die onderrig van Delphi benodig was, te onderrig. Voorstelle van onderwysers om toekomstige druk te verlig, het betrekking gehad op ʼn inkorting in Scratch-onderrigtyd en was nie gerig op die onderrig van programmeringsbeginsels en -begrippe in Scratch met die oog op die oorgang na Delphi nie. Tydens die navorsing is bevind dat die meeste programmeringsbeginsels en -begrippe reeds met Scratch onderrig kan word. Scratch-onderrig, met die oog op die oorgang na Delphi, moet egter noodwendig anders geskied as Scratch-onderrig ten einde ʼn belangstelling vir programmering te kweek. Na aanleiding van hierdie navorsing word aanbevelings gemaak om Scratch te onderrig, sodat die kennis en vaardighede wat graad 10-leerders met Scratch opdoen, verband hou en toegepas kan word op Delphi. Om onderwysers te ondersteun en hulle onsekerheid van Scratch-onderrig die hoof te bied, word spesifieke aanbevelings met betrekking tot die onderrig van Scratch gemaak ten opsigte van probleemvoorstelling en algoritme-ontwerp, instandhouding, foutopsporing en fouthantering, veranderlikes en datatipes, herhaling- en besluitnemingstrukture, objekgeoriënteerde begrippe, bewerkingsoperators, karakterhantering en ʼn onderrig–leerstrategieë vir Scratch. / MEd (Computer Science Education), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Comparing the meaning of the learnability principle for children and adults

Chimbo, Bester 06 1900 (has links)
Abstract in English and Afrikaans / The learnability principle relates to improving usability of software, performance and productivity. It was formulated mainly for the adult user group. Children represent an important user group, but fewer guidelines exist for their educational and entertainment applications. This study compares these groups, addressing the question: “Does learnability of software interfaces have a different meaning for children and adults?”. A literature survey conducted on learnability and learning processes considered the meaning of learnability across generations. Users learning software systems were observed in a usability laboratory where eye tracking data could also be recorded. Insights emerged, from data analysis, showing different tactics when children and adults approached unfamiliar software and revealing aspects of interfaces they approached differently. The findings will help designers distinguish varying needs of users and improve learnability. An additional subprinciple of learnability, „engageability‟, is proposed. Factors that make products engaging for children are different from those engaging adults. / Die leerbaarheidsbeginsel hou verband met die verbetering van die bruikbaarheid van sagteware, werkverrigting en produktiwiteit. Dit was hoofsaaklik vir die volwasse gebruikersgroep geformuleer. Kinders verteenwoordig in belangrike gebruikersgroep, maar minder riglyne is vir hulle opvoedkundige en vermaaktoepassings beskikbaar. Hierdie studie vergelyk hierdie groepe en speek die volgende vraag aan: “Het leerbaarheid van sagtewarekoppelvlakke verskillende betekenisse vir kinders en volwassenes?” „n Literatuuroorsig oor leerbaarheid en leerprosesse is uitgevoer met in ag neming van die betekenis van leerbaarheid vir verskillende generasies. Gebruikers is waargeneem in „n bruikbaarheidslaboratorium terwyl hulle geleer het om sagetware te gebruik. Data in verband met oogbewegings op die skerm is ook opgeneem. Insigte wat uit die data-analise te voorskyn gekom het toon verskillende taktieke wanneer kinders en volwassenes met onbekende sagteware gekonfronteer word. Hulle benadering tot sekere aspekte van „n koppelvlak verskil. Die bevindinge sal ontwerpers help om te onderskei tussen wisselende gebruikersbehoeftes. „n Addisionele sub-beginsel van leerbaarheid, naamlik „engageability‟ word voorgestel. Faktore wat „n produk aantreklik maak vir kinders is verskillend van dit wat volwassenes aantrek. / Information Systems / M. Sc. (Information Systems)

Page generated in 0.1587 seconds