1 |
Ekologiese studie van 'n natuurlewebestuursplan vir die Honnet-Natuurreservaat, noordelike provinsieVisser, Nelmarie January 1995 (has links)
Vir die wetenskaplike bestuur van natuurreservate is die toepassing
van ekologiese kennis nodig om die vooraf bepaalde
doelstellings te bereik. Dit is dus noodsaaklik dat die bestuurder
die fundamentele ekologiese beginsels verstaan en kan
toepas. Die klimaat, geologie en grande van die Honnet-natuurreservaat
word aan die hand van beskikbare literatuur bespreek. Die
klimaat van die gebied kan as semi-aried beskou word. Die
belangrikste geologiese formasies is basalt, Clarenssandsteen,
doleriet, alluvium en ijoliet. Vyf grondvorme naamlik Hutton,
Glenrosa, Oakleaf, Dundee en Mispah kom op die reservaat voor.
Die plantegroei is met behulp van die Braun-Blanquet-benadering
geklassifiseer en die strukturele beskrywing deur van die Varieerbare-kwadrantperseelmetode gebruik te maak. Twaalf plantgemeenskappe
met vier variasies is onderskei en gekarteer. Ses
bestuurseenhede is op grand van kenmerkende plantgemeenskappe
1
grondvorm en topografie onderskei.
Die veldtoestand is met behulp van drie verskillende metodes
bepaall waarvan die ekologiese indeksmetode die aanvaarbaarste
resul taat gel ewer het. Die veldtoestand is swak met 1 n telling
van 360 vir die totale studiegebied. Die weikapasiteit vir die
studiegebied is 29 GVE. Die droemassa-produksie van die graslaag
is in elke bestuurseenheid bepaal en 1 n gemiddeld van
345.4 kgjha is vir die totale studiegebied verkry.
Die beskikbare blaarmateriaal vir elke bestuurseenheid en die
totale studiegebied is bepaal. Op dies 1.5 m1 >1.5-2.0 m en
>2.0-5.0 m hoogteklasse was 4 090.0 kgjha 1 2 605.2 kgjha en 8
990.6 kgjha blaarmateriaal onderskeidelik beskikbaar.
'n Regressievergelyking tussen die produksie van die graslaag
en boomdigtheid (ETBE) word met ander soortgelyke studies
vergelyk. Die positiewe korrelasie in die studiegebied teenoor
die negatiewe korrelasie deur ander navorsers gevind kan moontlik aan die oormatige oorbeweiding en vertrapping van die
reservaat toegeskryf word. Die bevolkingstruktuur, habitat- en voedselvoorkeure van die
verskillende grater soogdiersoorte is ondersoek. Die dierebevolkings
is gesond. Die gemsbok en rooihartbees kom nie natuurlik
in die gebied voor nie en 'n werklik geskikte habitat
vir die waterbok 1 bestaan nie op die reservaat nie. Dit word
aanbeveel dat die diersoorte van die reservaat verwyder word.
Vraelyste is aan besoekers uitgedeel om vas te stel aan watter
tipe aktiwiteite hulle sal deelneem 1 waarvolgens 1 n voorkeur
vir staproetes 1 wildkykritte en swem bestaan. Voorstelle vir
omgewingsopvoeding en verskillende aspekte van toerisme word
gemaak. 'n Oornagvoetslaanroete word aanbeveel en is reeds ui tgemerk. Die wei- en blaarvreetkapasiteit vir die reservaat is onderskeidelik
28.2 GVE en 180 BVE waarvolgens wildladings aanbeveel
is. Aanbevelings word· vir algemene wild- en veldbestuur,
onder andere gereelde wildtellings, monitering van
veldtoestand en oop- en toemaak van waterpunte gemaak.
Passiewe aanpassingsbestuur word aanbeveel waardeur wildgetalle
aangepas word volgens die reenval en veldtoestand. 'n Beslui tnemingsmodel
word aangebied wat as riglyn en hulpmiddel in die
neem van bestuursbesluite kan dien. / Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1995. / gm2013 / Animal and Wildlife Sciences / unrestricted
|
2 |
Die ekologie en plantegroeibestuur van die Olifantriviersisteem (Afrikaans)Myburgh, Willem Johannes 29 May 2006 (has links)
Please read the abstract in the section 00front of this document / Thesis (PhD (Botany))--University of Pretoria, 2006. / Plant Science / unrestricted
|
3 |
'n Voorgestelde paradigma vir navorsing op histories-argeologiese erfenishulpbronterreine in Suid-Afrika aan die hand van gevallestudies in Noordelike Gauteng (Deel 2)Van Vollenhoven, Anton Carl 09 May 2011 (has links)
To determine the situation concerning the scientific paradigms in archaeology, a study of literature was undertaken. This was appropriate to establish the most suitable paradigm for historical-archaeological research, as the paradigms were mainly applied to prehistorical archaeology in the past and could not be simply applied to historical archaeology. Other aspects that were studied were the dimensions of science, heritage resources management, the definition and state of historical archaeology, historiography and methodology. These were studied to define historical archaeology and to place it within the framework of the dimensions of science and historical research. In this way research and heritage resources management requirements were established. From the investigation it appeared that five paradigms could be applied to historical archaeology, namely the Cultural historical, Cultural process, Structuralist, Contextual and Neo-Marxist. The last three is sometimes jointly called the Post-process paradigm. The Contextual paradigm proved to be the most suitable and was applied to five case studies of historical-archaeological research to test its suitability. The other paradigms were judged with regard to the result of this application. The case studies, from northern Gauteng, reflect aspects of the lifestyle of whites between approximately 1840 and 1940. These are the Lucas Bronkhorst ruin, Church Street water furrow, Melrose House's footpaths, Willem Prinsloo Agricultural Museum's 1913 house and Pioneer Museum's Edwardian house. It became clear from the application that the majority of the paradigms could be utilized to an extent. One of the paradigms had a larger applicability, namely the Contextual paradigm. It was however clear that this paradigm had to be extended to address the requirements of heritage resources management. This extended paradigm, known as the Heritage Resources Management paradigm, is explained. Consequently the conclusion of the study is that the Contextual paradigm is the most suitable paradigm for use in historical-archaeological research. The application thereof in historical archaeology should provide a fundamental theoretical substructure to give historical archaeology its rightful place in the science of archaeology. By extending it (the Heritage Resources Management paradigm) it is possible to address the requirements and aims of heritage resources management, historical archaeology and research requirements. AFRIKAANS : 'n Literatuurstudie met betrekking tot wetenskapsdimensies, erfenishulpbronbestuur, die definiering van historiese argeologiese, die stand van historiese argeologie, wetenskaplike paradigmas in die argeologie, historiografie en metodeleer is onderneem, ten einde die stand daarvan te bepaal en om vas te stel watter paradigma toepaslik vir histories-argeologiese navorsing is. Sodanige ondersoek is van belang geag, daar die paradigmas hoofsaaklik op prehistoriese argeologie gefokus is en nie sonder meer op histories-argeologiese navorsing toegepas kon word nie. Die bykomende aspekte wat nagevors is, is bestudeer sodat historiese argeologie gedefinieer en binne die raamwerk van wetenskapsdimensies en historiese navorsing geplaas kon word. Navorsings- en erfenishulpbronbestuursbehoeftes is ook op hierdie wyse vasgestel. Uit die ondersoek het dit geblyk dat daar vyf paradigmas is wat moontlik in die historiese argeologie aangewend kan word, naamlik die Kultuurhistoriese, Kultuurproses-, Strukturalistiese, Kontekstuele en Neo-Marxistiese. Laasgenoemde drie word soms ook gesamentlik die Post-proses-paradigma genoem. Hiervan het die Kontekstuele paradigma die mees toepaslike geblyk te wees. Hierdie paradigma is op vyf gevallestudies van histories-argeologiese navorsing aangewend ten einde die toepaslikheid daarvan te toets. Die ander paradigmas is aan die hand hiervan gemeet. Die vyf gevallestudies kom almal uit noordelike Gauteng en weerspieel verskillende aspekte van die lewenswyse van blankes tussen ongeveer 1840 en 1940 in die gebied. Die gevallestudies is die Lucas Bronkhorstruine, Kerkstraat-watervoor, Melrosehuis se voetpaadjies, Willem Prinsloo Landboumuseum se 1913-huis en die Pionier Museum se Edwardiaanse huis en eendedam. Uit die toepassing was dit duidelik dat die meerderheid van die paradigmas slegs in 'n geringe mate benut kon word. Slegs een paradigma het 'n groter toepassingswaarde gehad, naamlik die Kontekstuele paradigma. Dit was egter duidelik dat hierdie paradigma uitgebrei moes word ten einde ook die behoeftes van erfenishulpbronbestuur aan te spreek. Hierdie uitbreiding, bekend as die Erfenishulpbronbestuursparadigma, is ten slotte verduidelik. Gevolglik is die slotsom waartoe geraak word: die Kontekstuele paradigma, word beskou as die mees geskikste paradigma waarbinne navorsing in die historiese argeologie aangepak behoort te word. Die toepassing hiervan in die historiese argeologie sal daaraan 'n fundamentele teoretiese onderbou voorsien en sodoende die historiese argeologie sy regmatige plek in die vakwetenskap argeologie laat inneem. Deur dit uit te bou (die Erfenishulpbronbestuurparadigma), is dit moontlik om die behoeftes van erfenishulpbronbestuur, bo en behalwe die doelwitte van historiese argeologie en die navorsingsbehoeftes aan te spreek. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2000. / Anthropology and Archaeology / unrestricted
|
Page generated in 0.0312 seconds