• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 5
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die invloed van onderrigstrategieë op die skolastiese prestasie van ʼn leerder wat gediagnoseer is met Asperger-sindroom

Kotzé, Bianca January 2015 (has links)
Die beleidsdokument oor inklusiewe onderwys (South Africa. Department of Education, 2001) is in 2001 onderteken en in Suid-Afrika geïmplementeer. Die dokument beveel aan dat alle leerders die mees geskikte onderrig ontvang, maar as gevolg van die gaping wat tussen die ontwikkeling en implementering van die inklusiewe beleid bestaan, word nie alle leerders suksesvol in skole ingesluit nie. Sommige ouers besluit op alternatiewe skoolplasings en onderrig hulle kinders tuis, juis as gevolg van die onsuksesvolle insluiting van sommige leerders. Die doel van die studie is om die invloed van sekere onderrigstrategieë op die skolastiese prestasie van ʼn leerder met Asperger-sindroom te bepaal. Hierdie studie is in die interpretatiewe paradigma ingebed, ʼn enkel gevallestudie is as navorsingsontwerp aangewend en die metodologie is kwalitatief van aard. Inhoudsanalise is gebruik om die data te analiseer. Die leerder in hierdie studie is gediagnoseer met Asperger-sindroom. Hierdie leerder is om verskeie redes nie suksesvol in skole ingesluit nie en daarom is die leerder tuis onderrig. Tydens die tuisonderrigproses het die navorser-opvoeder besef dat hierdie leerder op ʼn spesifieke manier leer en dink. Onderrigstrategieë is geïmplementeer en aangepas volgens die leerder se individuele onderrigbehoeftes. Die navorsingbevindinge dui aan dat die ontwikkeling en aanpassing van onderrigstrategieë wel ʼn positiewe invloed op die leerder in die studie se skolastiese prestasie gehad het. In hierdie studie is dit duidelik dat leerders met Asperger-sindroom wel ʼn spesifieke manier van dink en leer toon en dat opvoeders so ʼn leerder se spesifieke denkpatrone in ag moet neem tydens die aanpassing van onderrigstrategieë. Die onderrigstrategieë wat tydens hierdie studie ontwikkel is, kan moontlik vir ander leerders wat op die outistiese spektrum gediagnoseer is ook voordelig wees.
2

'n Ondersoek na die problematiek van inligtinggeletterdheid by die gehoorgestremde persoon in Suid-Afrika (Afrikaans)

Marx, Estelle Maria Magdalena 13 July 2006 (has links)
Please read the abstract in the section 00front of this document / Dissertation (MA (Library Science))--University of Pretoria, 2007. / Information Science / unrestricted
3

Die invloed van koöperatiewe leer as onderrigstrategie op die houding van Graad 8-wiskundeleerders teenoor probleemoplossing en op hul prestasie in wiskunde / Sarita van der Lith

Van der Lith, Sarita January 2014 (has links)
Die navorsing is onderneem om die invloed van koöperatiewe leer as „n onderrigstrategie op Graad 8 wiskundeleerders se houding teenoor probleemoplossing en hul prestasie in wiskunde te bepaal. Die doelstellings van die empiriese ondersoek was: - om die houding van Graad 8 leerders teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde te ondersoek; - om die invloed van koöperatiewe leer as onderrigstrategie op die houding van graad 8 wiskunde-leerders teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde te ondersoek; en - om die invloed van koöperatiewe leer as onderrigstrategie op die prestasie van Graad 8 leerders in wiskunde te ondersoek. Deur middel van „n literatuurstudie as onderrig-leerraamwerk, is die aard van skoolwiskunde; benaderings ten opsigte van die leer van skoolwiskunde, naamlik die behavioristiese-, die kognitiewe- en die konstruktiwistiese leerbenaderings; die rol van probleemoplossing in die onderrig en leer van skoolwiskunde; asook die houding van leerders teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde, bespreek. Na aanleiding van die gebruik van direkte- en indirekte onderrigstrategieë, is die volgende elemente van koöperatiewe leer (indirekte onderrigstrategie) beklemtoon: individuele verantwoordelikheid, interpersoonlike sosiale vaardighede, positiewe persoonlike interaksie, groepvordering en positiewe interafhanklikheid. Koöperatiewe leermetodes en die implementering van koöperatiewe leer in die wiskundeklaskamer is vervolgens bespreek, asook leerders se houding teenoor koöperatiewe leer. Vir die empiriese ondersoek is „n opeenvolgende verklarende gekombineerde navorsingsmetode-ontwerp gebruik, wat bestaan het uit die insameling en ontleding van kwantitatiewe- en kwalitatiewe data in opeenvolgende fases. „n Voor-eksperimentele evaluering (voortoets) is gedoen om die eksperimentele en kontrolegroepe te vergelyk ten opsigte van hul houding teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde deur die gebruik van „n aangepaste houdingsvraelys (ATMI), asook ten opsigte van leerders se wiskundeprestasie. Die intervensie (koöperatiewe leer as onderrigstrategie) is vervolgens vir „n tydperk van sestien weke op die eksperimentele groep toegepas. Die aangepaste houdingsvraelys (ATMI) is ook tydens „n na-eksperimentele evaluering (natoets) vir beide (kontrole- en eksperimentele) groepe gebruik, asook vir die vergelyking van genoemde groepe se wiskundeprestasie. Die kwalitatiewe ondersoek is uitgevoer deur individuele gestruktureerde taakgebaseerde onderhoude met geselekteerde deelnemers van die eksperimentele groep te voer. Inligting oor leerders se houding en ervaring ten opsigte van probleemoplossing in wiskunde, hul houding teenoor koöperatiewe leer, asook hul probleemoplossingsvaardighede, is met behulp van die onderhoude bekom. Uit die resultate van die empiriese navorsing is bevind dat koöperatiewe leer as onderrigstrategie geen beduidende invloed op Graad 8 leerders se houding teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde gehad het nie. Die gebruik van koöperatiewe leer as onderrigstrategie daarenteen, het „n beduidende toename in Graad 8 leerders se prestasie in wiskunde tot gevolg gehad. / MEd (Mathematics Education), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
4

5

Die impak van faktore wat leerfasilitering en die maksimalisering van menslike potensiaal onderdruk (Afrikaans)

Human, Nadia Emelia 04 February 2005 (has links)
The South African education system has experienced a paradigm shift from content-based education towards an outcomes-based education. The focus of outcomes-based education is a learner-centred approach. The criteria that learners should adhere to at the end of their school career are that they should be productive, successful lifelong learners. To achieve these criteria, learners should be able to maximise their own potential. The world of work requires learners to easily adapt and function effectively in groups and to have the ability to achieve the set criteria. This means that the world of work demands productive, critical, independent learners who are able to express themselves and communicate effectively within social situations. The question that arises is whether learners within the South African context have the ability to create opportunities to claim ownership and take responsibility for their own learning. The focus of this research is therefore on the role of maximising human potential as determined by the need of South African learners to be empowered and well prepared for the demands of the world of work. The literature pertaining to the nature, phenomenon and process of maximising of human potential is briefly examined and the fundamentals are identified. Maximising of human potential is contextualised as a component of the educational phenomenon. An observation study of two classgroups consisting of grade 8 and grade 10 learners respectively from the same school was undertaken in order to identify and determine whether learners within a realistic, diverse school setting are capable of maximising their own potential. Profiles were compiled to underline the socio-economic background of each learner and to serve as a mechanism to indicate and underline diversity in the classroom. Interviews with teachers and learners served as cross-validation of these results. The results revealed that learners from the school were demotivated with regard to maximising their potential. As a qualitative study, the final results indicated trends that may be generalised to similar classrooms. The phenomenon of maximising of human potential is based on the principle of outcomes-based education and should be the focus of learning in every classroom. Guidelines and models for a facilitator training programme in maximising human potential are suggested. The findings of the study indicate that by virtue of the fact that the teaching and learning process is to be approached from a new angle, teachers first need to have a changed perspective or execute a philosophical leap before they are able to maximise the potential of learners in the classroom. Recommendations for the future include, amongst others, that the teacher should be seen as a facilitator of opportunities for learner contributions; that because of the new and exciting demands made on the teacher by this approach, knowledge and expertise regarding maximising of human potential as didactic practice should be made available; that a longitudinal observation study of teachers who received such training, and their pupils, is undertaken as a follow-up study in order to evaluate the results of the training; and that further research is undertaken locally as well as in other countries where the maximising of human potential in language as learning phenomenon is already being practiced. / Dissertation (MEd (Curriculum Studies))--University of Pretoria, 2006. / Curriculum Studies / unrestricted

Page generated in 0.0637 seconds