• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Verkennende studie van maatskaplikewerk-praktykopleiding vanuit die persepsies van praktykopleiers / Nadia von Wielligh

Von Wielligh, Nadia January 2014 (has links)
Armoede, ongelykheid en werkloosheid word as die drie vernaamste maatskaplike probleme in Suid-Afrika beskou (Pennington, 2013). Wetgewing en beleidsdokumente gee dus voorkeur-aandag aan hierdie kwesbare groepe en maatskaplike kwessies (Nasionale Ontwikkelingsplan, 2011; Witskrif vir Maatskaplike Welsyn, 1997). Om aandag aan hierdie spesifieke uitdagings te skenk, is 'n ontwikkelingsgerigte paradigma in maatskaplike werk aanvaar (Lombard, 2008:162). Die uitdaging vir maatskaplike werkers is om die vaardighede te bekom sodat hulle volhoubare oplossings in hierdie konteks kan vind. Maatskaplike dienslewering in die Suid-Afrikaanse konteks moet talle praktiese uitdagings hanteer. Dit sluit in 'n tekort aan maatskaplike werkers en hoë gevalleladings. Hoewel daar van maatskaplike werkers verwag word om binne 'n bepaalde statutêre raamwerk te werk, word die doeltreffende implementering van wetgewing deur die ernstige tekort aan maatskaplike werkers bedreig. Om te verseker dat maatskaplike werkers toegerus is om die eise van 'n praktyk te kan hanteer, is 'n nuwe kurrikulum vir die opleiding van Suid-Afrikaanse maatskaplike werkers ontwikkel. Hierdie Baccalaureus in Maatskaplike Werk-kwalifikasie is spesifiek ontwerp om aan maatskaplike werkers ‟n begrip te gee van die impak wat die politieke en sosio-ekonomiese konteks op maatskaplike welsyn het en om vanuit 'n ontwikkelingsgerigte paradigma te werk. Die belangrikheid van praktykopleiding as 'n integrale deel van opleiding in maatskaplike werk deur die integrasie van teorie en praktyk kan nie geïgnoreer word nie (Gursansky & Le Sueur, 2012; Kadushin, 1992). Praktykopleiding word as 'n noodsaaklike komponent van die opleiding van maatskaplike werkers beskou. Die navorsingsdoel van hierdie studie was om 'n kwalitatiewe verkennende en beskrywende studie te onderneem van die persepsies van praktykopleiers ten opsigte van die huidige stand van maatskaplikewerk-praktykopleiding. Doelgerigte en nie-waarskynlikheidsteekproefseleksie is gebruik om die deelnemers te bepaal. Data is deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude ingesamel en hierdie onderhoude is getranskribeer om die data te kan ontleed. Drie temas met subtemas is uit die data geïdentifiseer en bespreek, en met literatuur oor die onderwerp vergelyk. Gevolgtrekkings en aanbevelings is op grond van die temas gedoen. Daar word verwag dat die bevindinge van hierdie studie moontlik kan bydra tot verdere debat, navorsing en die ontwikkeling van beleid sodat maatskaplikewerkstudente in Suid-Afrika beter voorberei kan word om die eise van die praktyk te kan hanteer. / MSW, North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Die impak van die finansiële beleid vir ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn (1999) op maatskaplike dienslewering in Atteridgeville (Afrikaans)

Venter, Maryke Elisabet 16 April 2004 (has links)
The White Paper for Social Services (1997) is the foundation upon which the transformation of social services is built. In order to assist organizations in the paradigm shift which has to be made from the remedial approach to a developmental approach in the rendering of social services, the Financing Policy for Developmental Social Welfare Services was implemented in 1999. The purpose of the study was to evaluate the impact of the Financing Policy (1999) on the social services of a particular community, Atteridgeville in the Gauteng Province. In order to research the impact of the Financing Policy (1999) on the social services in the above mentioned community this study used both social workers and members of the community as respondents. Eight social workers of Non- governmental Organisations (NGOs) as well as twenty four members of the community participated in the study. Data was collected both quantitatively and qualitatively. The findings of the research showed that, although social workers in Atteridgeville endorse the principles of the Financing Policy (1999) the principles are not clearly discernible in the services rendered in the community. Although social workers are very positive about implementation of the Financing Policy (1999), research showed quite clearly that social services rendered in the community focus primarily on statutory services and not on prevention or early intervention. The primary recommendation of this study is that the Department of Social Development take cognicance of the limitations in the implementation of the Financing Policy (1999) as indicated by this study. This knowledge can be implemented in processes being used to reformulate the Financing Policy (1999) as is currently being done. / Dissertation (MSD (Social Development and Policy))--University of Pretoria, 2005. / Social Work and Criminology / unrestricted

Page generated in 0.1008 seconds