• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Verkennende studie van maatskaplikewerk-praktykopleiding vanuit die persepsies van praktykopleiers / Nadia von Wielligh

Von Wielligh, Nadia January 2014 (has links)
Armoede, ongelykheid en werkloosheid word as die drie vernaamste maatskaplike probleme in Suid-Afrika beskou (Pennington, 2013). Wetgewing en beleidsdokumente gee dus voorkeur-aandag aan hierdie kwesbare groepe en maatskaplike kwessies (Nasionale Ontwikkelingsplan, 2011; Witskrif vir Maatskaplike Welsyn, 1997). Om aandag aan hierdie spesifieke uitdagings te skenk, is 'n ontwikkelingsgerigte paradigma in maatskaplike werk aanvaar (Lombard, 2008:162). Die uitdaging vir maatskaplike werkers is om die vaardighede te bekom sodat hulle volhoubare oplossings in hierdie konteks kan vind. Maatskaplike dienslewering in die Suid-Afrikaanse konteks moet talle praktiese uitdagings hanteer. Dit sluit in 'n tekort aan maatskaplike werkers en hoë gevalleladings. Hoewel daar van maatskaplike werkers verwag word om binne 'n bepaalde statutêre raamwerk te werk, word die doeltreffende implementering van wetgewing deur die ernstige tekort aan maatskaplike werkers bedreig. Om te verseker dat maatskaplike werkers toegerus is om die eise van 'n praktyk te kan hanteer, is 'n nuwe kurrikulum vir die opleiding van Suid-Afrikaanse maatskaplike werkers ontwikkel. Hierdie Baccalaureus in Maatskaplike Werk-kwalifikasie is spesifiek ontwerp om aan maatskaplike werkers ‟n begrip te gee van die impak wat die politieke en sosio-ekonomiese konteks op maatskaplike welsyn het en om vanuit 'n ontwikkelingsgerigte paradigma te werk. Die belangrikheid van praktykopleiding as 'n integrale deel van opleiding in maatskaplike werk deur die integrasie van teorie en praktyk kan nie geïgnoreer word nie (Gursansky & Le Sueur, 2012; Kadushin, 1992). Praktykopleiding word as 'n noodsaaklike komponent van die opleiding van maatskaplike werkers beskou. Die navorsingsdoel van hierdie studie was om 'n kwalitatiewe verkennende en beskrywende studie te onderneem van die persepsies van praktykopleiers ten opsigte van die huidige stand van maatskaplikewerk-praktykopleiding. Doelgerigte en nie-waarskynlikheidsteekproefseleksie is gebruik om die deelnemers te bepaal. Data is deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude ingesamel en hierdie onderhoude is getranskribeer om die data te kan ontleed. Drie temas met subtemas is uit die data geïdentifiseer en bespreek, en met literatuur oor die onderwerp vergelyk. Gevolgtrekkings en aanbevelings is op grond van die temas gedoen. Daar word verwag dat die bevindinge van hierdie studie moontlik kan bydra tot verdere debat, navorsing en die ontwikkeling van beleid sodat maatskaplikewerkstudente in Suid-Afrika beter voorberei kan word om die eise van die praktyk te kan hanteer. / MSW, North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Benutting van onderrigtegnieke in maatskaplikewerksupervisie aan voorgraadse studente

Fell, Granda Desiré Jacqueline 31 March 2006 (has links)
Text in Afrikaans / OPSOMMING `n Verkennende en beskrywende studie is onderneem om wetenskaplike gefundeerde riglyne ten opsigte van die benutting van onderrigtegnieke vir praktykopleiers beskikbaar te stel vir maatskaplikewerksupervisie aan voorgraadse studente. Om supervisie effektief te kan aanwend, moet praktykopleiers van onderrigtegnieke kennis dra en dit kan aanwend. Die literatuurstudie fokus op die onderrigfunksie van supervisie en `n klassifikasie en beskrywing van onderrigtegnieke wat binne die supervisieproses aangewend kan word. Al twee-en-twintig supervisors/praktykopleiers wat betrokke is by gesinsorgorganisa- sies in die Metropool- en Bolandstreek, Wes-Kaap is betrek. `n Gestruktureerde vraelys is as data-insamelingsmetode benut. Die bevindinge en resultate toon aan dat voortgesette opleiding deur middel van informele opleidingstrategieë van praktykopleiers noodsaaklik is, om hul kennis ten opsigte van die onderrigfunksie van supervisie uit te brei asook die benutting van onderrigtegnieke aan te moedig. Verdere navorsing kan fokus op die benutting van onderrigtegnieke uit die Gestalt- of ander benaderings tydens supervisie. SUMMARY An exploratory and descriptive study was undertaken to provide scientifically based guidelines regarding educational techniques used by practical trainers when providing social work supervision to undergraduate students. To apply supervision effectively, practical trainers must have knowledge of educational techniques and be able to apply these. The literature study focuses on the educational function of supervision and provides a classification and description of educational techniques that can be applied within the supervision process. The sample included twenty-two supervisors/practical trainers at family welfare organisations in the Metropolitan and Boland regions, Western Cape. A structured questionnaire was used to gather data. The findings and results show that continuing education through informal training strategies by practical trainers is essential to expand their knowledge of the educational function of supervision and to encourage the use of educational techniques. Further research should focus on educational techniques from the Gestalt approach or other approaches. / Social work / M.Diac.
4

Page generated in 0.0418 seconds