• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Prosesanalise om die inligtingsvloei van 'n teaterpasiënt in 'n privaat hospitaal in Pretoria te optimaliseer : 'n gevallestudie / Hermien Wolff

Wolff, Hermien January 2014 (has links)
Kommunikasie- en inligtingsoordragfoute is algemeen in situasies waar verskeie persone betrokke is, waar die kommunikasiepatrone kompleks is en baie druk ervaar word. Werk in 'n teaterkompleks skep só 'n situasie. Foute in die mediese veld kan lei tot 'n pasiënt se dood of tot beserings. Die meeste medies-geregtelike insidente kan voorkom word. Deur dus inligtingsoordragfoute in 'n teaterkompleks te verminder, kan medies-geregtelike insidente voorkom word. Rekenaargebaseerde inligtingstelsels kan 'n oplossing wees vir die voorkoming van hierdie probleem. Die probleem is egter dat dit tans nie suksesvol geïmplementeer word nie. Die rede daarvoor is dat die gebruikers voel dat die stelsel nie aan hulle spesifieke behoeftes voldoen nie en dat die werking daarvan nie by hulle bestaande werksisteem inpas nie. Die verandering is te groot. Die oplossing vir 'n suksesvolle implementering van 'n rekenaargebaseerde inligtingstelsel is dus om 'n grondige behoeftebepaling te doen. Dit stem ooreen met die eerste fase van 'n sagteware-ontwikkelingsprojek. As deel van die behoefteanalise moet daar gekyk word hóé die inligting vloei. Dit sal 'n aanduiding wees van wat die beoogde stelsel moet kan doen en bydra daartoe dat bestaande sisteme nie omvergewerp word nie. Hierdie navorsingstudie dien dus om die inligtingsvloei binne 'n privaat hospitaal in Gauteng, Suid-Afrika, se teaterkompleks, vanuit 'n professionele verpleegkundige se perspektief, te ondersoek. Die afdelings wat direk gemoeid is met die teaterkompleks is ingesluit, maar nie so volledig ondersoek soos die teaterkompleks nie. Die studie is kwalitatief van aard. Dit is ondersoekend, beskrywend en kontekstueel. Binne die kwalitatiewe aard van die studie is 'n gevallestudiebenadering gevolg. Ondersoek is ingestel na die aard van inligtingsvloei binne die teaterkompleks en dit is beskryf en grafies voorgestel met behulp van 'n reeks diagramme. Hierdie diagramme sal aan 'n sagteware-ingenieur voorgelê word vir gebruik tydens die stelselontwerp. Die konteks van die studie is, soos gesê, 'n teaterkompleks binne 'n privaat hospitaal in Gauteng, Suid-Afrika. Die eenheid van analise van die gevallestudie is 'n pasiënt wat vir 'n noodlaparotomie teater toe gegaan het. Hierdie geval is gekies weens die kompleksiteit van die inligtingsoordrag wat daarby betrokke is. Die studie is in vyf opeenvolgende fases gedoen. Fase 1 is die seleksie en beskrywing van die geval. In Fase 2 is 'n pasiëntlêer deur middel van 'n ewekansige steekproef gekies en die dokumente is geanaliseer. Die produk van hierdie analise was 'n voorlopige stel diagramme wat die inligtingsvloei voorstel wat in Fase 3 gebruik is om deur rolspelers van die teaterkompleks geëvalueer te word. Die deelnemers van Fase 3 is nie-waarskynlik en doelgerig gekies. Data-insameling het vier vrae behels. Die data is geanaliseer deur van die ses stappe van tematiese analise gebruik te maak. Die produk van Fase 3 is gebruik om Fase 4 te voltooi. Fase 4 is die diagrammatiese voorstelling van die inligtingsvloei na afloop van die deelname deur lede van die multidissiplinêre span. Fase 5 is die integrasie van al die resultate en die gevallestudie. Hierdie integrasie is tematies hanteer. / MCur, North-West University, Potchefstroom Campus, 2014
2

Page generated in 0.0448 seconds