Spelling suggestions: "subject:"inligting"" "subject:"lnligting""
1 |
Wetenskaplike en tegniese verslagliteratuur : die waarde , ontsluiting en bibliografiese beheer met verwysing na toestande in Suid-Afrikaanse spesiale bibliotekeLombard, Beatrix Adriana January 1980 (has links)
Die doelstelling van hierdie verhandeling is om te bepaal of die
verslag die draer van waardevolle wetenskaplike en tegniese
inligting is, of hanteervorms die gebruik van verslae beinvloed,
of die ontsluiting en bekendstelling doeltreffend is, en of die
verslagliteratuur as inligtingsbron onbekend is.
'n Literatuur- sowel as 'n empiriese ondersoek na die stand van
sake in Suid-Afrika is onderneem. Die literatuurondersoek asook
die hoe benuttingsintensiteit van verslagliteratuur deur SuidAfrikaanse
wetenskaplikes dui ondubbelsinnig die onmisbaarheid
van verslae as inligtingsbron ter bevordering van wetenskapsarbeid
aan. Dit blyk dat daar nog verwarring bestaan by bibliotekarisse
oor die hantering en ontsluiting van verslae. Deeglike
kennis van die aard en kenmerke van die verslag en die hantering
daarvan blyk noodsaaklik te wees vir doeltreffende inligtingsvoorsiening
aan die gebruiker.
Aanbevelings word gedoen vir die ontsluiting van klein-tot-medium
en groat verslagversamelings tot die effek dat so ver moontlik
van rekenaarmatige stelsels gebruik gemaak meet word. Indien dit
onprakties is, word die Termatrex of 'n soortgelyke stelsel
aanbeveel. / Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1980. / gm2014 / Information Science / unrestricted
|
2 |
Prosesanalise om die inligtingsvloei van 'n teaterpasiënt in 'n privaat hospitaal in Pretoria te optimaliseer : 'n gevallestudie / Hermien WolffWolff, Hermien January 2014 (has links)
Kommunikasie- en inligtingsoordragfoute is algemeen in situasies waar verskeie
persone betrokke is, waar die kommunikasiepatrone kompleks is en baie druk ervaar
word. Werk in 'n teaterkompleks skep só 'n situasie. Foute in die mediese veld kan lei
tot 'n pasiënt se dood of tot beserings. Die meeste medies-geregtelike insidente kan
voorkom word. Deur dus inligtingsoordragfoute in 'n teaterkompleks te verminder, kan
medies-geregtelike insidente voorkom word. Rekenaargebaseerde inligtingstelsels kan
'n oplossing wees vir die voorkoming van hierdie probleem. Die probleem is egter dat dit
tans nie suksesvol geïmplementeer word nie. Die rede daarvoor is dat die gebruikers
voel dat die stelsel nie aan hulle spesifieke behoeftes voldoen nie en dat die werking
daarvan nie by hulle bestaande werksisteem inpas nie. Die verandering is te groot. Die
oplossing vir 'n suksesvolle implementering van 'n rekenaargebaseerde inligtingstelsel
is dus om 'n grondige behoeftebepaling te doen. Dit stem ooreen met die eerste fase
van 'n sagteware-ontwikkelingsprojek. As deel van die behoefteanalise moet daar gekyk
word hóé die inligting vloei. Dit sal 'n aanduiding wees van wat die beoogde stelsel
moet kan doen en bydra daartoe dat bestaande sisteme nie omvergewerp word nie.
Hierdie navorsingstudie dien dus om die inligtingsvloei binne 'n privaat hospitaal in
Gauteng, Suid-Afrika, se teaterkompleks, vanuit 'n professionele verpleegkundige se
perspektief, te ondersoek. Die afdelings wat direk gemoeid is met die teaterkompleks is
ingesluit, maar nie so volledig ondersoek soos die teaterkompleks nie.
Die studie is kwalitatief van aard. Dit is ondersoekend, beskrywend en kontekstueel.
Binne die kwalitatiewe aard van die studie is 'n gevallestudiebenadering gevolg.
Ondersoek is ingestel na die aard van inligtingsvloei binne die teaterkompleks en dit is
beskryf en grafies voorgestel met behulp van 'n reeks diagramme. Hierdie diagramme
sal aan 'n sagteware-ingenieur voorgelê word vir gebruik tydens die stelselontwerp. Die
konteks van die studie is, soos gesê, 'n teaterkompleks binne 'n privaat hospitaal in
Gauteng, Suid-Afrika. Die eenheid van analise van die gevallestudie is 'n pasiënt wat vir
'n noodlaparotomie teater toe gegaan het. Hierdie geval is gekies weens die
kompleksiteit van die inligtingsoordrag wat daarby betrokke is.
Die studie is in vyf opeenvolgende fases gedoen. Fase 1 is die seleksie en beskrywing
van die geval. In Fase 2 is 'n pasiëntlêer deur middel van 'n ewekansige steekproef
gekies en die dokumente is geanaliseer. Die produk van hierdie analise was 'n
voorlopige stel diagramme wat die inligtingsvloei voorstel wat in Fase 3 gebruik is om
deur rolspelers van die teaterkompleks geëvalueer te word. Die deelnemers van Fase 3
is nie-waarskynlik en doelgerig gekies. Data-insameling het vier vrae behels. Die data is
geanaliseer deur van die ses stappe van tematiese analise gebruik te maak. Die produk
van Fase 3 is gebruik om Fase 4 te voltooi. Fase 4 is die diagrammatiese voorstelling
van die inligtingsvloei na afloop van die deelname deur lede van die multidissiplinêre
span. Fase 5 is die integrasie van al die resultate en die gevallestudie. Hierdie
integrasie is tematies hanteer. / MCur, North-West University, Potchefstroom Campus, 2014
|
3 |

4 |
Die beskerming van kinderslagoffers van seksuele misdrywe, met besondere verwysing na die reg op menswaardigheid en inligting / Alida Maria le RouxLe Roux, Alida Maria January 2014 (has links)
Section 234 of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, states that in order to deepen the culture of democracy established by the Constitution, Parliament may adopt Charters of Rights consistent with the provisions of the Constitution. In accordance with its obligations caused by ratifying various international instruments, the government adopted the Service Charter for Victims of Crime in South Africa in 2007. The Service Charter entrenches seven specific rights to a victim of a crime, which also includes the child as a victim. The purpose of this dissertation is to investigate the question whether the rights of child victims to be treated with fairness and with respect for dignity and privacy, to offer information and to receive information are satisfactorily protected within the South African legal framework in light of the requirements of the Constitution and the international legal framework. As point of departure, the background and legal nature of the Service Charter will be investigated briefly. The background of the relevant international and regional instruments are also discussed. This is followed by an analysis and an explanation of the theoretical foundations of the right to be treated with fairness and with respect for dignity and privacy, from an international, regional and a South African perspective. Attention is particularly drawn to the way the courts have interpreted the right to be treated with fairness and with respect for dignity and privacy. What the right entails within the Victim’s Charter is also investigated. This is followed by an analysis and an explanation of the theoretical foundations of the right to offer information and to receive information, from an international, regional and a South African perspective. What the right entails within the Victim’s Charter is also investigated. Finally, a conclusion is reached. / LLM (Comparative Child Law), North-West University, Potchefstroom Campus, 2014
|
5 |

6 |
Die grondwetlikheid van staats- en administratiefregtelike beperkings op mediavryheid in Suid-Afrika / Jean-Sherie SerfonteinSerfontein, Jean-Sherie January 2015 (has links)
'n Onafhanklike, ondersoekende en verantwoordelike media word beskou as een
van die belangrikste rolspelers waarvan die behoud van die demokrasie in Suid-
Afrika afhanklik is. Die regte en vryhede van die media geniet grondwetlike
erkenning en beskerming. As fundamentele regte en onontbeerlike komponente van
mediavryheid, waarborg die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 aan
elkeen die reg op vryheid van uitdrukking (artikel 16) en die reg op toegang tot
inligting (artikel 32). Die grondwetlike beskerming van mediavryheid bemagtig die
media om (i) openbare aangeleenthede in belang van die publiek aan te spreek, (ii)
die staat tot deursigtigheid, openheid en verantwoording op te roep en (iii) as
teenwig teen magsmisbruik en wanpraktyke aan regeringskant op te tree.
Die reg op mediavryheid is egter nie absoluut afdwingbaar nie en kan gevolglik in die
toepassing daarvan beperk word. Die staat beskik oor die gesag om dié reg aan
beperkings onderhewig te stel ten einde ander individuele fundamentele regte te
beskerm of belangrike openbare belange te dien. Sodanige staatsoptrede is egter
slegs moontlik indien dit, weens die oppergesag van die Grondwet (artikel 2), in
ooreenstemming met die grondwetlike bepalings geskied.
Desnieteenstaande word die media, ondanks die belangrike rol wat hulle ter behoud
van die demokrasie in Suid-Afrika vervul en die grondwetlike erkenning en
beskerming wat aan mediavryheid verleen word, voortdurend onder groot druk
geplaas. Die meeste druk kom van die staat se kant. Die aanname en beoogde
implementering van die Protection of State Information Bill, 2010 dien as mees
resente voorbeeld hiervan. Staats- en administratiefregtelike beperkings op
mediavryheid sal, indien die Wetsontwerp gepromulgeer word, aan die orde van die
dag wees. Aangesien die voorgenome beperkings op grond van hulle potensiële
ongrondwetlikheid wyd gekritiseer word, is dit die vernaamste doel van hierdie studie
om die grondwetlike grense waarbinne die staat mediavryheid mag beperk, te omlyn
en ondersoek in te stel na die trefwydte en grondwetlikheid van die staat se gesag
om beperkings op mediavryheid te plaas.
Deur die omvang van staatsgesag in die algemeen en in besonder rakende die
beperking van mediavryheid, aan die hand van die relevante grondwetlike voorskrifte
te ondersoek, is bevind dat alle staatsoptrede streng deur die Grondwet gereguleer
word. Alhoewel die reg op mediavryheid vatbaar is vir regulering en beperking, is tot
die slotsom gekom dat die Grondwet ingevolge artikels 33 en 36 duidelike grense vir
die beperking daarvan deur die staat stel.
Alle uitvoerende en administratiewe staatsorgane wat kragtens wetgewing en uit
hoofde van die diskresionêre bevoegdhede wat aan hulle verleen word, die reg op
mediavryheid beperk, moet aan die vereistes vir regverdige administratiewe optrede
voldoen. Bygevolg moet alle administratiewe besluite en handelinge wat die reg op
mediavryheid beperk, regmatig, redelik en prosedureel billik wees en met die
verskaffing van voldoende skriftelike redes gepaard gaan. Sowel staatsregtelike as
administratiefregtelike beperkings op mediavryheid moet voldoen aan die vereistes
wat die algemene beperkingsklousule vir die grondwetlike beperking van
fundamentele regte stel. Enige beperking van die reg op mediavryheid moet dus
kragtens 'n algemeen geldende regsvoorskrif geskied en moet, met in agneming van
die artikel 36-sleutelfaktore, as redelik en regverdigbaar binne 'n oop en
demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid
plaasvind. Enige staats- en administratiefregtelike beperkings op mediavryheid wat
nie aan hierdie grondwetlike vereistes voldoen nie, is gevolglik ongrondwetlik.
Nadat die bepalings ter beperking van mediavryheid deur die Protection of State
Information Bill, 2010 krities ontleed is, is bevind dat dit nie daarin sal slaag om die
grondwetlike toets te slaag nie. / LLM, North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
|
7 |

8 |
Strafregtelike beskerming van inligtingNienaber, Catharina Wilhelmina 11 1900 (has links)
In hierdie proefskrif is die belangrike rol wat inligting tans en toenemend in die samelewing speel ondersoek, om te beklemtoon hoe noodsaaklik dit tans is om `n misdryf wat die wederregtelike en opsetlike verkryging van inligting strafbaar sal reël, te verorden. Die rol wat industriële spioenasie in die verband speel word uitgelig. As gevolg van die bepaalde onliggaamlike aard van inligting kan inligting nie soos liggaamlike eiendom `n persoon ontneem word nie. Inligting word gewoonlik bloot gekopieer en die oorspronklike houer van die inligting behou die inligting hoewel die dader ook die inligting verkry. Die gemeenregtelike misdaad van diefstal maak dus nie voorsiening vir die diefstal van inligting waar die inligting bloot gekopieer of gedupliseer is nie.
Om te bepaal hoe hierdie bepaalde probleem in ander lande se regstelsels aangespreek word en om kennis op te doen oor hoe dit in die Suid-Afrikaanse reg aangespreek behoort te word, is die strafregtelike bepalings en selfs nie-strafregtelike bepalings in lande soos Engeland, Amerika, Kanada en Nederland ondersoek.
Ten einde vas te stel welke inligting deur die strafreg beskerm behoort te word, is selfs sekere nie-strafregtelike bepalings van vermelde lande en van die Suid-Afrikaanse reg nagegaan. Insigte is verkry oor welke elemente sodanige inligting aan moet voldoen en `n definisie van beskermwaardige inligting word aanbeveel. Vir hierdie doel is `n nuwe begrip van beskermwaardige inligting geskep.
Die redes waarom diefstal van inligting nie in Suid-Afrikaanse en die ander lande se regstelsels nie erken word nie, is bespreek. Die wyse waarop die gemeenregtelike misdaad van diefstal na die diefstal van onliggaamlike geld uitgebrei is, is ondersoek waarna `n aanbeveling gemaak word oor hoe die definisie van diefstal uitgebrei kan word om ook ander onliggaamlike objekte in te sluit. As gevolg van die bepaalde aard van inligting kan die gemeenregtelike definisie van diefstal nie uitgebrei word om inligting as `n objek in te sluit nie en word `n statutêre misdryf van diefstal van inligting voorgestel. / Jurisprudence / LL. D.
|
9 |

10 |
The relationship between process maturity models and the use and effectiveness of systems development methodologiesVan Rensburg, Christoffel Wilhelmus Janse January 2012 (has links)
The need for information systems has increased to a point where virtually all business environments require some sort of software to aid in its daily operations. This study will address the need for quality information systems by examining techniques which can potentially aid in producing consistent high-quality information systems. Two techniques in particular, namely Process Maturity Models (PMMs) and Systems Development Methodologies (SDMs) are examined.
Process Maturity Models such as the Capability Maturity Model Integration (CMMI) as well as the ISO-9000 standards aid in standardising and improving an organisation’s information systems development processes. These Process Maturity Models often require either the use of certain Systems Development Methodologies or at the very least techniques used within some Systems Development Methodologies. Systems Development Methodologies refer to a set of development processes, tools, techniques etc. which can be used during software development to standardise the entire development process by offering the use of modelling techniques, tools to analyse requirements, illustration of processes etc. These techniques differ from one Systems Development Methodology to the next.
This study aims to identify the relationship between Process Maturity Models and Systems Development Methodologies. During the research process a questionnaire was sent out to people within the information technology business environment. The questionnaire contained questions used to determine and measure the usage of Systems Development Methodologies and how projects were affected. The questionnaire was also used to do an informal assessment of each respondent’s Capability Maturity Model level. Furthermore the data retrieved was statistically analysed and the results were interpreted.
The results indicate that a relationship exists between the use of SDMs and the success of the respondent’s development processes and developed products. A total of 73% of respondents indicated that they do use SDMs to some extent, the most common being the Systems Development Lifecycle (SDLC). The majority of organizations implementing SDMs have been doing so for three years or more. Results also show that most of the respondents are not certified in some formal Process Maturity Model; however, they do implement some of the processes required by models such as the CMMI. An informal assessment performed indicated that 65% of respondents can be grouped into a perceived CMMI level 2 category. Project outcome was measured and the relationship between PMM implementation as well as SDM use was measured. Results show no statistical evidence which indicates that an organisation’s perceived CMMI level is influenced by SDM use, both vertically and horizontally. Results do, however, indicate that organizations which have been implementing SDMs for a longer period of time are more likely to apply CMMI level 4 activities. Results also indicate that the horizontal use (number of projects/people which implement SDM knowledge) of SDMs have a significant effect on the development process- and the developed product success. Lastly the results indicated that organizations which satisfy more of the CMMI’s level 4 activities experience a higher quality development process which leads to a more successful development process. / Thesis (MSc (Computer Science))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2013.
|
Page generated in 0.2719 seconds