• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Strafregtelike beskerming van inligting

Nienaber, Catharina Wilhelmina 11 1900 (has links)
In hierdie proefskrif is die belangrike rol wat inligting tans en toenemend in die samelewing speel ondersoek, om te beklemtoon hoe noodsaaklik dit tans is om `n misdryf wat die wederregtelike en opsetlike verkryging van inligting strafbaar sal reël, te verorden. Die rol wat industriële spioenasie in die verband speel word uitgelig. As gevolg van die bepaalde onliggaamlike aard van inligting kan inligting nie soos liggaamlike eiendom `n persoon ontneem word nie. Inligting word gewoonlik bloot gekopieer en die oorspronklike houer van die inligting behou die inligting hoewel die dader ook die inligting verkry. Die gemeenregtelike misdaad van diefstal maak dus nie voorsiening vir die diefstal van inligting waar die inligting bloot gekopieer of gedupliseer is nie. Om te bepaal hoe hierdie bepaalde probleem in ander lande se regstelsels aangespreek word en om kennis op te doen oor hoe dit in die Suid-Afrikaanse reg aangespreek behoort te word, is die strafregtelike bepalings en selfs nie-strafregtelike bepalings in lande soos Engeland, Amerika, Kanada en Nederland ondersoek. Ten einde vas te stel welke inligting deur die strafreg beskerm behoort te word, is selfs sekere nie-strafregtelike bepalings van vermelde lande en van die Suid-Afrikaanse reg nagegaan. Insigte is verkry oor welke elemente sodanige inligting aan moet voldoen en `n definisie van beskermwaardige inligting word aanbeveel. Vir hierdie doel is `n nuwe begrip van beskermwaardige inligting geskep. Die redes waarom diefstal van inligting nie in Suid-Afrikaanse en die ander lande se regstelsels nie erken word nie, is bespreek. Die wyse waarop die gemeenregtelike misdaad van diefstal na die diefstal van onliggaamlike geld uitgebrei is, is ondersoek waarna `n aanbeveling gemaak word oor hoe die definisie van diefstal uitgebrei kan word om ook ander onliggaamlike objekte in te sluit. As gevolg van die bepaalde aard van inligting kan die gemeenregtelike definisie van diefstal nie uitgebrei word om inligting as `n objek in te sluit nie en word `n statutêre misdryf van diefstal van inligting voorgestel. / Jurisprudence / LL. D.
2

Page generated in 0.0496 seconds