1 |
Ontwikkeling van 'n driedimensionele netwerkmodule vir optimale roetebepalingVan Lill, S. W. P. (Schalk Willem Petrus) 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: A shortest or most economical route can easily be determined by using a geographical
information system (GIS). Unfortunately, most systems compute distances in two
dimensional space. As computer-technology moves towards three dimensional
applications, it is essential that GIS keeps up with this trend.
In this research, the network module of Arc View (using Avenue) is customized, so
that topographical slope is considered in determining the shortest or most economical
route.
Two buttons were added to the normal Arc View interface. By doing it this way, the
user has the full functionality of Arc View, as well as the use of the new application.
One button initiates a dialogue for capturing the economic parameters (fuel efficiency,
oil usage, tyre usage, maintenance costs and capital costs) of a vehicle. The other
button selects a route network and uses a vehicle's economic parameters (as
determined by the user) to calculate a most economical route.
This thesis describes the procedure, logic and methodology followed in adding a most
economical route-selection function to Arc View. It also demonstrates the importance
of incorporating three dimensional space for determining a most economical route.
The new function currently calculates a most economical route, based on vehicle
running costs for Heavy Goods Vehicles (HGV's). The application performs
satisfactorily, but there is scope for further development and refinement, both of the
economical formulae for computing costs as well as of the graphic user interface
(GUl). The flexibility of the system can be enhanced by providing for additional
classes of vehicles. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Kortste of mees ekonomiese ritroete kan maklik met behulp van 'n GIS
(Geografiese Inligtingstelsel) vasgestel word, maar die meeste stelsels bereken
afstande in 'n plat vlak (in twee-dimensionele ruimte). Soos die rekenaartegnologie
ontwikkel, word meer drie-dimensionele ruimtelike toepassings geskep, dus moet
GIS-tegnologie ook toenemend die derde dimensie inkorporeer.
In hierdie navorsing is Arc View se netwerk module met Avenue aangepas dat dit
topografiese helling outomaties inreken by die bepaling van 'n kortste of mees
ekonomiese roete.
Twee knoppies is tot die normale Arc View koppelvlak bygevoeg. Deur dit so te doen,
het die gebruiker toegang tot die volle funksionaliteit van Arc View en dié van die
nuwe funksie. Een knoppie inisieer die koppelvlak waarmee die ekonomiese
parameters (brandstof verbruik, olie verbruik, band verbruik, kapitaal koste en
onderhoudskoste) van 'n voertuig opgestel word. Die ander knoppie selekteer 'n
padnetwerk en gebruik 'n voertuig se ekonomiese parameters (soos gedefinieer deur
die gebruiker) om 'n mees ekonomiese roete vas te stel.
Hierdie tesis beskryf die prosedures, logika en metodologie waarvolgens die nuwe
roeteseleksie funksie by Arc View geïnkorporeer is. Dit het ook gedemonstreer dat dit
noodsaaklik is om drie-dimensionele ruimte by die bepaling van 'n mees ekonomiese
roete in te sluit.
Die nuwe funksie bepaal tans 'n ekonomiese roete gebaseer op die voertuig-loopkoste
van swaarvoertuie. Dit funksioneer bevredigend, maar daar is steeds moontlikhede
vir verdere ontwikkeling en verfyning, beide van die ekonomiese kosteberekeningsformules
en die gebruikers-koppelvlak. Deur ook vir ander klasse voertuie
voorsiening te maak kan die plooibaarheid van die stelselook uitgebrei word.
|
Page generated in 0.1393 seconds