• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die Latere steentydperk van die Boesmanrotsskuiling in Oos-Transvaal

Plug, Ina January 1978 (has links)
Hierdie studie oor die Latere Steentydperk van die OosTransvaal is gebaseer op opgrawings deur die departement Argeologie van die Universiteit van Pretoria te Boesmanrotsskuiling (distrik Ohrigstad). Die boonste 18 lae van die afsetting is bestudeer. Lae 19 en ouer kan sonder twyfel as Middelsteentydperk beskou word. Laag 1 tot die boonste vlak van laag 18 dek 'n tydperk van ongeveer 3 000 jaar (± 9 500 jaar tot ± 12 900 jaar voor hede). Die inhoud van laag 18 was ondateerbaar, maar net onder die laag is daterings van meer as 45 000 jaar voor hede verkry. Fauna-oorblyfsels en alle kulturele materiaal is volledig ontleed en daar is onder andere gebruik gemaak van 'n metingstegniek vir klipartefakte wat deur J.C. Vogel ontwikkel is. Daar is veral aandag geskenk aan omgewingsbenutting, die aard en samestelling van die artefakversameling, die kontak tussen Middel- en Latere Steentydperk en die moontlikheid van klimaatsveranderinge gedurende die laat Pleistoseen/vroeg Holoseen. Twee duidelik anderskeibare kulturele fases kon uit die artefakversarneling herken word, nl. 'n ontwikkelde Mid-delsteentydperk (lae 18 tot 15) en 'n middel Latere Steentydperk {lae 14 tot 1), sender enige getuienis van 'n geleidelike oorgang. Eersgenoemde fase bevat o.a. sorgvuldig afgewerkte punte, skrapers en holskrapers, sowel as gefasetteerde slaanvlakke. Die meeste artefakte is van haringfels vervaardig. In vergelyking met ander Middelsteentydperk-versamelings is die BRS fase besonder laat (± 12 470 tot± 12 950 jaar voor hede). Die Latere Steentydperk-artefakversameling (lae 14 tot 1) is hoofsaaklik van kwarts vervaardig, slaanvlakke is oorwegend enkeld en daar is 'n mikrolitiese element, maar geen punte is aanwesig nie. Hierdie versameling val in twee subfases uiteen (lae 14 tot 6 en lae 5 tot 1), maar hierdie verdeling verteenwaardig 'n redelik geleidelike tegnologiese/tipologiese ontwikkeling. Lae 14 tot 6 bevat 'n beperkte verskeidenheid klipartefaktipes in vergelyking met lae 5 tot 1, maar die aanwesigheid van beenartefakte vergoed vir hierdie tekort. Benewens gepoleerde beenpunte en else is daar ook 'n verskeidenheid ander beenimplemente vervaardig volgens 'n skilfertegniek, waardeur die voltooide produk sterk ooreenkaros met sekere klipartefakte toon. Lae 5 tot 1 bevat 'n groter verskeidenheid klipartefakte, maar na verhouding minder beenartefakte as lae 14 tot 6. Die klipartefakte sluit in ronde skrapers, halskrapers en stukke met rugafwerking wat nie in lae 14 tot 6 aangetref is nie. Ru-materiale en die meeste voedsel is uit die onmiddellike omgewing van die skuiling bekom. Daar was sterk voorkeure ten opsigte van die beskikbare ru-materiale, veral met betrekking tot kwarts en horingfels. 'n Verandering van jagpatroon het plaasgevind tydens die Latere Steentydperk. Gedurende die Middelsteentydperkbewoning (lae 18 tot 15) en die oudste lae van die Latere Steentydperk (lae 14 tot 13) is daar hoofsaaklik jag gemaak op die groter, grasvretende kuddediere. Daarna (lae 12 tot 1) is daar bykomstig jag-gemaak op klein, alleenlopende blaarvreters. Die jag van hierdie diere het nuwe tegnieke vereis en daar is waarskynlik gebruik gemaak van strikke en/of valle. Die faunamateriaal en die sade het geen tasbare getuienis opgelewer van enige ekologiese- of klimaatsveranderinge gedurende die periode waarin lae 1 tot 17 neergelê is nie, maar gedurende die depenering van laag 18 kon daar maantlik klimaatsveranderinge plaasgevind het. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1978. / gm2014 / Anthropology and Archaeology / Unrestricted
2

A comparative morphological and morphometric study of the cranial and post-cranial osteology of South African hares - Cape hare (Lepus capensis) and Scrub hare (Lepus saxatilis) and its application in archaeozoology

Scott, Karin 01 1900 (has links)
Text in English and abstract in English, Afrikaans and isiZulu / This archaeozoological study was undertaken to distinguish between the two hare species of South Africa, Lepus capensis (Cape hare) and Lepus saxatilis (scrub hare), from fragmentary archaeological faunal remains. It was previously not possible to taxonomically differentiate between these species. The research focused on Lagomorpha remains previously identified in Later Stone Age assemblages from two rock shelters, Blydefontein and Meerkat, in the Karoo. Analyses of modern skeletal material housed in museum collections demonstrated that there are indeed morphological and morphometric differences between Lepus capensis and Lepus saxatilis. The Lagomorpha material from the two archaeological assemblages were then re-examined utilising the newly established protocols. The reanalyses proved that it is now possible to distinguish between the two hare species even when in fragmentary form. It is also possible to identify Pronolagus. The dietary and likely cultural roles of the Lagomorpha and other small mammals in archaeological contexts are also explored. / Hierdie argeosoölogiese studie is onderneem om te onderskei tussen die twee haasspesies in Suid-Afrika, Lepus capensis (vlakhaas) en Lepus saxatilis (kolhaas), aan die hand van gefragmenteerde argeologiese fauna-oorblyfsels. Dit was nie voorheen moontlik om hierdie spesies taksonomies van mekaar te onderskei nie. Die navorsing fokus op Lagomorpha-oorblyfsels wat voorheen geïdentifiseer is in rotsskuiling-versamelings wat uit die Laat Steentydperk dateer. Die genoemde rotsskuilings is gevind by Blydefontein en Meerkat in die Karoo. Ontledings van moderne skeletmateriaal in museumversamelings het getoon dat daar wel morfologiese en morfometriese verskille tussen Lepus capensis en Lepus saxatilis is. Lagomorpha-materiaal afkomstig van die twee argeologiese versamelings is toe herondersoek aan die hand van nuut gevestigde protokolle. Die herontledings het bewys dat dit nou moontlik is om te onderskei tussen die twee haasspesies, selfs indien hulle gefragmenteerd is. Dit is ook moontlik om Pronolagus te identifiseer. Die rolle wat die Lagomorpha en ander klein soogdiere in argeologiese kontekste in dieet en kultuur vervul het, is ook ondersoek. / Ucwaningo maqondana nezitho zomzimba ezisalayo uma isilwane sesifile lwenziwelwa ukuba kukwazeke ukuhlukanisa phakathi kwalezi zinhlobo ezimbili zonogwaja eNingizimu Afrika, okuyiLepus capensis kanye neLepus saxatilis ngokubheka izingcucu zezinsalela zazo. Kwakungelula kudala ukuhlukanisa lezi zinhlobo zesilwane ngokwamaqoqo okwakheka noma okwenza kwazo. Ucwaningo lugxile kwizinsalela zohlobo lweLagomorpha olwaluvame ukubonakala ngenkathi yakudala okwakusetshenziswa kuyo amatshe ukwakha izinto (iStone Age) emiphemeni emibili eyayakhiwe ngamadwala eyayihlangene eyayaziwa ngokuthi yiBlydefontein neMeerkat esigodini esisagwadule esiseNingizimu Afrika, iKaroo. Ukuhlaziywa kwezingebhezi zemizimba yezinto ezigcinwe kwizigcinamagugu lwaveza ukuthi impela ukhona umehluko ekwakhekeni kanye nasezilinganisweni zogebhezi lwekhanda ngokomumo kumbe ugebhezi lwesiqu somzimba phakathi konogwaja abawuhlobo lweLepus capensis neLepus sexatilis. Uhlobo lweLagomorpha lwasesakhiweni semipheme ehlangene lwabe seluhlolwa kabusha kusetshenziswa izinhlobo ezintsha eziseqophelweni. Ukuhlaziywa kabusha kwaveza ubufakazi bokuthi sekuyinto engenzeka kalula ukuhlukanisa phakathi kwalezi zinhlobo ezimbili zonogwaja ngisho ngabe sezitholakala sezingcezungcezu. Kuyinto engenzeka kalula futhi ukubona uhlobo lwePronolagus. Indlela yokudla kanye nemisebenzi ehambisana nosikompilo kohlobo lweLagomorpha kanye nezinye izilwane ezincelisayo nakho kuyabhekwa. / Anthropology and Archaeology / M.A. (Archaeology)

Page generated in 0.0813 seconds