• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die implementering van _ professionele ontwikkelingsprogram in stralingsveiligheid vir werknemers van kleindier veterinêre praktyke

Hanekom, Elizabeth Cornelia January 2019 (has links)
Tydens my loopbaan as diereverpleegster aan die Universiteit van Pretoria en in privaat veterinêre fasiliteite en as dosent aan die Fakulteit Veeartsenykunde, heg ek groot waarde aan voortgesette professionele ontwikkeling. In my huidige posisie as dosent in veterinêre radiografie het ek bewus geword van die behoefte in veterinêre fasiliteite om beter stralingsveiligheidspraktyke te beoefen. Hierdie behoefte het vir my die geleentheid geskep om _ wetenskaplik-gefundeerde nie-formele voortgesette professionele ontwikkelingsprogram te ontwerp en te ontwikkel ten opsigte van die bewusmaking en vestiging van _ stralingsveiligheidskultuur onder veterinêre werkers in kleindier veterinêre fasiliteite. Die projek het eerstens ten doel om _ bydrae te lewer tot my persoonlike professionele ontwikkeling as fasiliteerder van leer en om moontlike onderrigstrategieë te identifiseer wat _ positiewe bydrae gelewer het tot die skep van _ stralingsveiligheidskultuur in die deelnemende veterinêre fasiliteite. Tweedens, die professionele ontwikkeling van die deelnemende veterinêre werkers en die evaluasie van veranderde praktyke ten opsigte van die skep van _ stralingsveiligheidskultuur binne die werkplek. Die ontwerp en ontwikkeling van die uitkomsgebaseerde kurrikulum is begrond in die sosio-konstruktivistiese leerteorie. Ander onderwyskundige konstrukte wat gebruik is tot die wetenskaplike benadering van die kurrikulum sluit Knowles se aannames en beginsels ten opsigte van volwasse leerders (andragogie) in, die Herrmann heelbreinleermodel, opvoedkundige eienskappe (bydraes) van die 21ste eeu en formatiewe assessering met betekenisvolle terugvoer. Kleinskaalse deelnemende aksienavorsingsbenadering is gebruik om die proses van professionele ontwikkeling, die implementering en verbetering van die nie-formele professionele ontwikkelingsprogram, evaluasie van die implementering van stralingsveiligheidsbeginsels en die identifisering van fasiliteringstrategieë wat moontlike bygedra het tot die skep van _ stralingsveiligheidskultuur, in drie kleindier veterinêre fasiliteite in Pretoria te ondersoek. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2019. / Humanities Education / MEd / Unrestricted

Page generated in 0.1032 seconds