Return to search

Community policing as a crime prevention strategy for the Cape Town City Police

Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of the study is to establish if community policing is being
implemented by the Cape Town City Police and if so, to what extent. The study
further aims to establish whether the full implementation of community policing
could be expected to have a positive impact on the reduction of crime in Cape
Town.
To this end, the reader is presented with a brief overview of local government in
South Africa, an in-depth discussion of the transformation process which resulted
in the current municipal structures, and an introduction to the non-traditional local
government function of crime prevention. Local government's increasing
involvement in crime prevention and the resulting establishment of municipal
police services are discussed and it is argued that crime prevention strategies of
municipal police services should build on existing local government efforts and
should therefore focus on removing the root causes of crime.
Further to the above, a detailed discussion of community policing is embarked
upon. This section provides a theoretical account of what community policing
entails, as well as a theoretical framework against which the researcher's
empirical study with regard to the implementation of community policing by the
Cape Town City Police, can be planned, executed and the results thereof be
evaluated. It deals with the relevant historical perspectives, presents a workable definition for community policing that will direct the further conduct of the
research and provides detailed discussions on each of the elements of
community policing. Implementation of this policing method with specific
reference to South Africa, the requirements of a community police officer, as well
as the relationship between fear, disorder and crime are also dealt with here.
The results of the researcher's empirical study are furthermore presented and it
is concluded that certain steps have indeed been taken by the Cape Town City
Police towards the institutionalisation of community policing and that the full
implementation of community policing by this service can be expected to have a
significant impact on the prevention of crime in Cape Town.
In closing, the reader is presented with practical recommendations which will
ensure the effective implementation of community policing by the Cape Town
City Police. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie is om vas te stel of gemeenskapspolisieëring tans deur
die Kaapstad Stadspolisie toegepas word, en indien wel, tot watter mate. Die
studie poog verder om vas te stel of dit verwag kan word dat die implementering
van gemeenskapspolisieëring 'n positiewe impak op die vermindering van
misdaad in Kaapstad sal hê.
Om hieraan te voldoen, word die leser voorsien van 'n oorsig van plaaslike
regering in Suid-Afrika, 'n in-diepte bespreking van die transformasieproses wat
gelei het tot die huidige munisipale strukture, asook 'n bekendstelling van die nie-tradisionele
plaaslike regeringsfunksie van misdaadvoorkoming. Plaaslike
regering se toenemende betrokkenheid by misdaadvoorkoming en die gevolglike
vestiging van munisipale polisiedienste word bespreek en dit word aangevoer dat
misdaadvoorkomingstrategieë van munisipale polisiedienste behoort te bou op
bestaande plaaslike regeringspogings en behoort derhalwe te fokus op die
verwydering van die onderliggende oorsake van misdaad.
In aansluiting met bogemelde word 'n breedvoerige bespreking van
gemeenskapspolisieëring aangebied. Hierdie afdeling voorsien 'n teoretiese
oorsig oor wat gemeenskapspolisieëring behels, asook 'n teoretiese raamwerk
waarteen die navorser se empiriese studie ten opsigte van die implementering
van gemeenskapspolisieëring deur die Kaapstad Stadspolisie, beplan, uitgevoer en die resultate daarvan ge-evalueer kan word. Dit bied 'n oorsig van die
relevante historiese perspektiewe, 'n werkbare definisie van gemeenskapspolisieëring
wat die verdere navorsing sal rig, asook 'n breedvoerige bespreking
van die elemente van gemeenskapspolisieëring. Implementering van hierdie
metode van polisieëring met spesifieke verwysing na Suid-Afrika, die vereistes
van 'n gemeenskapspolisieëringsbeampte, asook die verwantskap tussen vrees,
wanorde en misdaad word ook hier behandel.
Die resultate van die navorser se empiriese studie word verder aangebied en die
gevolgtrekking word gemaak dat sekere stappe wel geneem is deur die
Kaapstad Stadspolisie ten opsigte van die instelling van gemeenskapspolisieëring
en dat verwag kan word dat die volle implementering van
gemeenskapspolisieëring 'n daadwerklike impak op die voorkoming van misdaad
in Kaapstad sal hê.
Ten slotte word praktiese aanbevelings aangebied wat die effektiewe
implementering van gemeenskapspolisieëring deur die Kaapstad Stadspolisie sal
verseker.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53332
Date03 1900
CreatorsVisser, A. J. (Abraham Johannes)
ContributorsWeaver, B., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. School of Public Leadership.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format198 p. : ill., maps
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0015 seconds